Werker kritiek beseer toe hy in masjien beland

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 27-jarige man is Saterdag ernstig beseer toe hy in ʼn nywerheidsmasjien in Industrial Park, Pietermaritzburg, beland het.

“Paramedici het net voor 06:00 by die toneel opgedaag waar die man steeds in die masjien vasgekeer was,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy been is heeltemal in dele van die masjien ingetrek en paramedici het bevind dat hy ʼn traumatiese amputasie opgedoen het.”

Instandhoudingswerkers op die toneel het gepoog om dele van die masjien te verwyder sodat paramedici toegang kon hê toe die man. “Die man was in ʼn kritieke toestand en paramedici het gevorderde lewensondersteuning begin toepas. Hulle kon die erge bloeding beheer en die man is uit die masjien gehaal,” het Vermaak bygevoeg.

Die man is na Mediclinic Pietermaritzburg gehaas vir ʼn noodoperasie.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. “Die man was minstens ʼn uur lank in die masjien vasgekeer voor hy bevry kon word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leonard ·

Ek stem glo dit was ‘n erge traumatiese ervaring gehad. Ek hoop maar vir die maatskappy se onthalwe dat die werknemer die nodige opleiding wat veiligheid, risiko assesering en bevoegdheids assering ondergaan en geslaag het. Daarna is dit noodsaaklik dat taak observasie op ‘n gereelde grondslag gedoen is. Indien die maatskappy vir wie hy werk gefaal het om aan die minimum vereistes te voldoen voorsien ek ongelukkig ‘n opdraande pad met departement van Arbeid. Indien al die vereistes voldoen is deur werkgewer en werker nalatig deur nie prosedure te volg nie is die werknemer daarvoor te blameer. Daar is risikos in die lewe, dis belangrik dat risikos reg bestuur word.

Kamera ·

Dis hier waar daar weereens bevestig word dat kameras die enigste is om twyfel uit die weg te ruim. Spandeer dus maar daardie paar rand asook versekering vir werkers.

Penellope Jones ·

Genugtig, die arme man!!
Ek kan nie eers begin om te dink aan die skok en pyn wat hy moes deurgaan nie!

Vra net. ·

Is daar al nuus omtrent die man se toestand. Kan MM ons asb ook inlig oor die saak en ook van die vrou wat weggeraak het met die apies rivier vloed. Ek glo almal sal graag op hoogte gehou wil word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.