Werker kry halfmiljoen na vingerfout; weier om dit terug te gee

cashʼn Werknemer van die Vrystaat weier glo om die meer as R500 000 wat verkeerdelik in sy bankrekening inbetaal is, terug te gee, het Beeld Dinsdag berig.

Michael Mochudi, besturende direkteur van Motsi Civils and Plant Hire in Welkom, voer in hofstukke aan dat hy R5 687,61 in Phemelo Mothupi se Capitec-bankrekening wou inbetaal, maar per ongeluk die komma uitgelaat en gevolglik R568 761 oorbetaal het.

Volgens die berig het Mochudi onmiddellik vir Mothupi gebel nadat hy sy fout agtergekom het, maar het Mothupi glo gesê hy gaan dit nie terugbetaal nie.

Mochudi se bank, FNB, het hom versoek om vorms in te vul en gesê dit  kan  tot  vyf  dae  vat om die  oorbetaling  om  te  keer.

Mothupi het intussen R400 000 na sy vrou, Phemelo, se Capitec-bankrekening oorgeplaas. Sy het R260 000 daarvan in ʼn beleggingsrekening oorgeplaas.
ʼn Dringende aansoek is gebring om die rekeninge te vries. Die hof sal op 5 Maart beslis of die geld moet terugbetaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish! ·

Wel, ek sou beslis terugoorbetaal het, maar die werkgewer sou kostes moet dra en as ek die werkgewer was sou ek kostes gedra het en die werker ‘n spesiale bonus gegee het omdat hy gewillig was en verstaan het. Ek se net dankie tog dit is swart teen swart! Geen rassitiese motiewe nie! Haleluja

Elfie ·

Haha Eish – dis nes jy sê! Dankie tog geen raskwessie waarvan ons weer vir maande sou hoor. Hoe kan die bank nou so lank neem om dit te vries/om te keer/watookal. As hulle moet geld aftrek van jou is dit blitsig…Suggggg

scalla ·

Vingerfout, nuwe naam vir aanjaag, hoekom fondse oorbetaal na sy vrou, seker gedink dit is sy kersfeesbonus, die bewyse is mos daar, betaal dit terug en trek bankkoste af indien ter sprake.

Griet ·

Dan was daar geen nuusberig nie. Die geld sou terugbetaal wees, geen haan sou kraai….

Andries Erwee ·

Waarom maak jul lesers n rasse saak van dit? Lesers sal seker self moet antwoord.

Narike ·

Omdat alles deesdae oor ras gaan. Of jy nou swart is en staan en toekyk of nie, dis mos die wittes wat verkeerd doen…

Retha ·

Hulle gaan nog apartheid die skuld gee vir hierdie tammeletjie ook, kyk maar………

Elfie ·

Andries Erwee – ons doen dit tong-in-die-kies ou maat! Omdat alles altyd aan ras gekoppel word is dit eintlik ‘n grap en skone verligitng dit is nie in die geval nie – net ironies bedoel!

Dave ·

Dom vraag – apartheid word selfs geblameer vir Eskom se bankrotskap.

Rieks ·

Ai, so ‘n vinger fout het my ook al oorgekom! Gelukkig vir my was dit ‘n instansie wat my sonder skroom gehelp het en die fondse was binne 7 dae terug in my rekening. Vir ‘n klein eenman onderneming kan so iets die einde van jou besigheid beteken. Ek sal tog so skaamteloos iemand anders se hard verdiende geld gaan spandeer! Dank die Vader daar is nog eerlike en hulpvaardige mense daar buite anders sou ek ook seker maande moes gewag het om te hoor wat ‘n hof se beslissing is!

Elizabeth ·

Ek moet sê ek is heel verbaas dis nie dadelik op duur tv’s en goete geblaas nie, maar dat die man se vrou nogals van dit belê het! Meeste mense sal so” meevallertjie” dalk dadelik op allerhande luukshede blaas!

Anoniem ·

Daai persoon wat die geld inbetaal het werk seker by die government se finansiële afdeling lol “oooo noooo eish i forgot that thingy between the other thingies” whahaha

Izak Nel ·

Oom Jan se… PAY BACK THE MONEY… PAY BACK THE MONEY… PAY BACK THE MONEY…

Ai tog ·

Die man het Lotto gewen sonder om te speel, toe ons klein was het ons altyd gese optelgoed is hou goed. Die man kon sy geluk nie glo vir die groot syfers nie toe betaal hy sommer oor na vroulief se rekening. Bad vir die werkgewer want daar moes seker ander goed ook betaal gewees het met daai blapsie wat hy gemaak het en nou kan hy dit nie terug kry nie.

Anette ·

As hy eerlik was kon hy na sy werkgewer gegaan het en gese het da is ‘n fout. Hy moes gesien het waarvandaan die geld kom. Regtig, en nou het hy vir homself baie moeilikheid gemaak deur van dit oor te betaal in ‘n ander rekening. Skelm bly maar skelm ne

Ai ·

As jy EFT en jy maak die fout moet die rekeninghouer waarin die geld betaal is toestemming gee om die transaksie om te keer. Indien hy nie toestemming gee nie is dit jou verlies. Fine Print

Amanda ·

Vingerfout kan enigeen oorkom maar maatreels om die tipe foute met salarisse te verhoed is tog standaard praktyk!
Wat die werknemer aanbetref – so tipies van die ‘nuwe’ SA se manier van dinge doen… die feit dat hy en sy vrou die geldjies so vinnig buite bereik kry se mos vir jou hulle WEET hulle is besig om te steel!! Hulle sien dit dan elke dag by president Zuma…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.