Werker moet luister hoe boer aangerand word

Riaan Scheepers by sy drie kinders, Bianca, Simone en Christo. Foto: Verskaf

ʼn Werker wat Saterdagoggend saam met Riaan Scheepers (62) op ʼn plaas in die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap deur twee aanvallers aangehou is, is baie getraumatiseerd nadat hy geblinddoek moes luister hoe Scheepers erg deur die aanvallers aangerand word.

Bianca Scheepers, Riaan se dogter, het Sondagmiddag aan Maroela Media gesê haar pa is steeds in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth. “Hy word nie onder verdowing gehou nie, maar hy slaap nog die hele tyd. Ek dink dit is maar weens sy erge kopbeserings en die skok dat hy net nou slaap,” het sy gesê.

Volgens Bianca boer haar pa al byna sy lewe lank en is hy al 27 jaar op dié plaas waar hy met vleisbeeste boer. Sy vertel Scheepers en die werker was Saterdagoggend die enigstes op die plaas toe die aanval gebeur het. Bianca het om 08:10 ʼn selfoonboodskap van haar pa af gekry en vermoed dus dat die aanval tussen 08:10 en 09:00 moes gebeur het.

“Hulle het net teruggekom by die huis en my pa het in die huis ingestap toe die werker hom hoor skree. Nog voordat hy iets kon doen, het een van die aanvallers hom oorval en hom in die huis in gedwing. Daar is hy en my pa albei in die sitkamer vasgebind en die aanvallers het iets oor die werker se oë gesit dat hy nie kon sien wat gebeur nie.”

Die werker het gehoor hoe die aanvallers vir Scheepers aanrand voordat hulle uiteindelik met ʼn selfoon, ʼn rewolwer en ʼn bakkie op die vlug geslaan het. Die bakkie is later die dag teruggevind.

Die werker kon daarin slaag om homself los te wikkel en het na die bure gehardloop om hulp te ontbied. Scheepers is na ʼn hospitaal in Port Alfred gehaas voordat hy na die hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas is. Die werker was ongedeerd, maar erg getraumatiseerd deur die gebeure.

Riaan Scheepers. Foto: Verskaf

“My pa het al sy beserings aan sy kop opgedoen. Sy gesig is baie erg gekneus en geswel. Hy het een kneusplek op sy arm ook, dalk waar hulle hom vasgehou het,” het Bianca gesê. “Hy het vier skedelkrake opgedoen en hy het ook baie steekwonde. Ons weet nie waarmee hulle hom gesteek het nie, maar dit is duidelik dat dit ʼn skerp voorwerp was.”

Sy sê dokters wag nou eers dat die swelling sak voordat die skade behoorlik bepaal kan word en daar op verdere behandeling besluit kan word. Hulle verwag wel dat Scheepers ʼn operasie sal moet ondergaan om die wonde aan sy kop te heg.

Volgens Bianca is haar pa iemand wat nie kan stilsit nie en is hy baie betrokke by plaaslike gemeenskapsgroepe in die omgewing. “Mens hoor altyd van die misdaad en hierdie verskriklike aanvalle en dan voel jy so jammer vir die slagoffers, maar hierdie is nou so close to home. Nou het dit met óns pa gebeur. En dit is natuurlik erg as dit met enigiemand gebeur, maar ek kan nie help nie om te vra, hoekom hy? En hulle het niks eens gevat nie – die bakkie is klaar teruggevind. Hoekom hom so aanrand vir niks?”

Sy sê sy, haar broer en suster is almal op die oomblik in Port Elizabeth om by hul pa te wees en hom te ondersteun. “Ons kan nou net bid en glo dat hy sal herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mariette Hammann ·

Werkers is by meeste van die aanvalle betrokke. Ek neem dit maar met ‘n knippie sout.

ACCA ·

As dit nie rassisties gemotiveerd is nie dan weet ek ook nie. Die KVC en Spur geval was minder traumaties en was mos natuurlik wit op swart en het wyd media dekking gekry maar die wrede aanval is mos deur beskermde mense gedoen wat nie kan rassisties wees nie en word nog sagkuns deur alle media en politiek hanteer. Hulle is net so slaggat soos die mense wat dit doen

Rupert Ashford ·

Hulle is “enablers” net soos daai spul in Hollywood wat vir so baie jare stilgebly het oor Weinstein en kie.

Oplossing? ·

Kom mense, kom met ‘n oplossing! Eerstens sal daar daadwerklik moet gekyk word of daar ‘n algemene patroon van foute is wat gemaak word asook ‘n algemene metode wat deur die tweepotiges gevolg word. Om vir jou ‘n hond aan te skaf wat jou slaafs volg is seker ook deel van die oplossing. ‘n Aaphok soos vroeër jare gebruik met ‘n wag sal ook help. Daar is natuurlik nog maatreëls maar die oplossing is nie maklik, beide uitvoerbaarheid en kostes sal ‘n enorme invloed hê.

Johaz ·

As die ondersoek beamptes nie tyd verspeel nie kan daar redelik vinnig bepaal word wat die motief van die aanval was, soos om die werker, wat ‘n hoorgetuie was, te vra of daar enige gesprek gevoer is tussen die aanvallers en die slagoffer. Het hulle hom beskuldig van iets? Wou hulle iets van hom hê? Het hy hulle geken of voorheen gesien? ens. Wat het die slagoffer gesê of geantwoord? So kan daar gou bepaal word of dit moontlik is dat hulle nog in die omgewing is en of hulle vanvêr kom, anders word dit maar net nog ‘n statistiek.

Muffin ·

Ja elke dag moet ons die teleurstellende berigte kry. Niks word daaromtrent gedoen nie. Daar sal ook niks gedoen word nie. Bianca baie sterkte vir jou en die hele familie. Ek is net baie dankbaar dat Riaan dit oorleef het. Dalk sal hy die rowers erken of kan uitwys of die werker.

JOHANN HOLTZHAUSEN ·

Dis korrek om te aanvaar dat die regering maar weereens niks gaan doen nie, want die rassiste voel niks vir die boere nie! Net die boere self sal moet koppe bymekaarsit, saamstaan en met strategiese planne vorendag kom.

Johanné Steyn ·

Ai, ‘n vleisbeesboer!? Julle wat die boere so aanval, julle sal moet rotte saam met julle pap vreet, want julle maak julle bronne van inkomste dood! En julle maak dat duisende van julle eie mense sal doodgaan van die honger, want as jy ‘n boer doodmaak, sit ‘n hele klomp families sonder ‘n inkomste. En ek kan jou verseker, vleis groei nie op Shoprite se rakke nie.

Yolande ·

Bygese as daar nog n boer is wat mielies kan vervaardig om daai pap mee te maak. Dan is dit net die rotte. En soos ek op groepe al beleef het sal dit nogsteeds die boer se skuld ook dan wees. Die mense leef met n jannie jammergat houdings, dit sal altyd die ander se skuld wees

HPV ·

Daardie tipe misdadiger leef in elk geval saam met rotte en kakkerlakke in donker gate.

Pieter ·

Ek dink weer hy lewe ‘n glanslewe veral nadat hy sy betaling gaan haal het by sy opdraggewers en ek sal nie een sekonde verbaas wees as die beloning uit die belastingbetaler se sakke kom nie.

Gert ·

Ek stel voor dat die staat die persoon wat aangeval en beseer is se onkostes moet dra. Hul wil dan niks doen van hul kant af nie.

Gert ·

Ek dink die staat moet aan gerande persoon se hospitaal kostes en indien verdere onkostes begin betaal. Wil mos niks doen ivm plaas aanvalle nie.

Boerseun ·

Malema en Zuma se kinders wat rassistiese haataanvalle teen blankes loods. Hulle loop politieke skool in die ANC-wyke in lokasies, iets waarvan blankes geen kennis dra nie. Hier word hulle haatpropaganda gevoer, oor en oor en oor. Punt.

Callie ·

So maklik. Hy geblindoek en moes luister. Maan is van kaas gemaak. Die wit ou is amper doodgeslaan en niks is aan hom gedoen. Was dit die boer se vrou was sy ook aangerand. As ek verder praat word dit weer nie geplaas nie

Joe ·

Moet se ek sukkel om hierdie aanvalle te verstaan, ‘toe hy die huis instap, word hy aangeval’ geen honde, geen alarms, geen elektriese omheinings of waarskuwing stelsel?? Dit is al hierdie maklike teikens wat aangeval word, jy kan nie meer op ‘n plaas bly as jy nie ‘n behoorlike sekuriteit sisteem in plek het nie. Ja, hulle het geen reg om jou aan te val, maar ongelukkig is dit nou die werlikheid.

johan II ·

Boere is baie bloodgestel. My Pa boer ook en het al daai goed waarvan jy praat…maar op n stadium moet jy uit jou fort gaan en buite werk. Oorloë is al begin oor baie minder teistering, pasop. Ek dink nie die ANC gemors en hul liberale maters kan stop wat hul begin het nie, en oorlog is die nag.

bgj van der westhuizen ·

dit is nou tyd dat daar verder gedoen wod kla help nie betoog help nie dit beteken die regering moet see gemaak word waar dit tel en al wat tel by hulle is geld maak wat hulle gemaak het

Flintstone ·

Bianca,baie jammer om te hoor van nog ‘n uittartende,sinnelose aanval op ‘n boer,kosgewer.In hierdie geval jou pa.Ons gebede is vir volkome fisiese en geestelike herstel.Jou vrae aan die einde van jou verklaring kan in enkele woorde opgesom word:jaloesie en haat teenoor die blanke.Daar is geen ander rasionele verklaring vir die verskynsel waarin ons onsself nou bevind nie.Die feit dat jou pa met ‘n groot hart die gemeenskap om hom bedien het en steeds hierdie foltering moes deurgaan,is net nog ‘n bewys dat daar geen dankbaarheid in enige vorm bestaan nie.

Denise ·

Die boere sal moet leer om n wapen ten alle tye op hulle te dra selfs n skokstok wat n hoe voltage het sal help of n knipmes maar n wapen is n MOET !!!! Sterkte aan die boer en sy gesin.

Ruby ·

Dit maak nie saak hoe betrokke ‘n persoon in die “gemeenskap” is nie, jy word nog steeds gejag soos ‘n dier.

Ek weet van ‘n geval waar hulle kinders deur die skool gesit is met koshuis gelde betaal, sakgeld en klere, maar nog steeds toe draai die pa teen die boer wat nie ‘n gesuipery gedurende werksure toegelaat het nie!!

Hoekom is die werker ongedeerd?…..Dit gaan oor die boer wit is en dis dit!

oorbluf ·

Nou is dit alin oos kaap as ek reg is sy vrou al jare terug op kook huis vermoor

Weerbares ·

Oorbluf en Ruby stem saam!!!!
Baie baie jammer STERKTE mag jul deur geliefdes OMARM word en gedra word in die uiters hartseer
? mag ons HEMELVADER ons trane en hartseer VERHOOR met SY TORN oor die duiwelsdade teenoor SY KONINGSKINDERS. Amen?

Gerhard Swanepoel ·

Sterkte vir julle. Hoe gouer al die blanke boere weg is uit SA, hoe gouer kan Suid Afrika se swart nasie ook vrek van die honger. Alle plaas moorde en aanvalle is op rassisme gebasseer en word aangevuur deur die regering. Ek belowe dat as net een van my kinders of kleinkinders vermoor word gaan daar baie bloed vloei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.