Werker op plaas buite Marble Hall vermoor

Die verlate voertuig. (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo is op soek na drie verdagtes wat Saterdag ’n werker op ’n sitrusplaas buite Marble Hall doodgeskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Jeremias Solomone Macheque (39) het omstreeks 13:00 in ’n voertuig op die plaas gesit om plaaswerkers se lone namens sy werkgewer te betaal, toe drie onbekende verdagtes hom oorval het.

Volgens Mojapelo het die aanvallers ’n vuurwapen op Macheque gerig en op die kontant aangedring. Hulle het hom geskiet, die kontant gegryp en die man uit die voertuig gepluk. Daarna het hulle in dié voertuig op die vlug geslaan.

Nooddienste het Macheque op die toneel dood verklaar.

Die voertuig is later sowat 1 km van die toneel verlate aangetref. Daar was geen teken van die verdagtes nie.

Die polisie doen nou ’n beroep op mense om enige inligting rakende die voorval by lt.kol. Patrick Makgopa by 082 565 8446 of die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Scalla

Hul maak dood vir geld, geen respek, indien gevang, gaan hul vir jare onthaal word op belasting geld, hierdie is mos n tipiese doodstraf geval.

Andre

Mnr Ramaphosa; ek hoop dat u tenminste die naasbestaandes sal besoek of laat besoek want sien, u vermy mos moeilike besluite en dan noem “ ons sal die oortreders agter tralies sit en dan moet julle help betaal aan hulle akkomodasie” U weet baie goed dat ons weerlose mense skree “doodstraf vir hulle want die drek het geen reg op lewe nie” maar u regering weier om daaroor te debateer. Veilig slaap mnr die president en rus in vrede my vriend wat net sy eerlike werk wou doen

koos10

Geen kommentaar van BLM of enige politieke party nie? Hoekom nie?

Boortor

Ons wag op jou kommentaar cyril.

Andre

Ook niks van Gun Free South Africa?