Werker op plaas vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn plaaswerker is Maandag in sy plakkershuis op ʼn plaas naby Tzaneen, Limpopo, aangetref.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê Maswazi Philemon Chaveni is vermoedelik deur ʼn vreemdeling vermoor, en in sy plakkershuis toegesluit.

Volgens Ngoepe was Chaveni vir dae lank nie gesien nie, en hy het ook nie reageer op oproepe van familielede nie. “Hy het alleen in die plakkershut op die plaas gebly,” het Ngoepe gesê. “Sy familie het Maandag besluit om hom te gaan besoek en het op sy liggaam afgekom.”

Sy hande was agter sy rug met ʼn tou vasgebind. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Asjas ·

Ja nou gaan die regering inspring en belonings aanbied en die hele polisiemag ontplooi. Plaasaanvalle raak nou ernstig …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.