Werker se oë en mond toegebind tydens aanval

Foto: Verskaf.

Minstens ses verdagtes het Dinsdagoggend ʼn werker en ʼn vrou op ʼn kleinhoewe in Redcliffe in Verulam in KwaZulu-Natal aangeval.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het in ʼn verklaring op hul Facebook-blad gesê ʼn 33-jarige Mosambiekse man wat buite die huis gewerk het, is omstreeks 10:43 deur sewe gewapende verdagtes voorgekeer.

“Sy werkgewer, ʼn vrou (63), wat pas by die huis opgedaag het, is met ʼn vuurwapen aangehou en in ʼn stoor ingedwing. Hulle het haar gedwing om die motorsleutels te oorhandig en vir haar gesê sy gaan doodgemaak word,” lui die verklaring.

Lede van Rusa het die werker byna een kilometer ver van die toneel aangetref, met sy mond en oë wat toegebind was met maskeerbank en foelie.

“Paramedici het die maskeerband verwyder en die man, wat onbeheersd gehuil het, behandel. Hy het later die beamptes ingelig dat sewe verdagtes hom aangehou het en gedreig het om hom dood te maak.”

Die verdagtes het hom glo aan die agterkant van die huis gelos. Verskeie waardevolle items is tydens die aanval gesteel en die verdagtes het van die toneel gevlug toe hulle sien die manlike slagoffer het ontsnap en hulp begin soek.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van poging tot huisroof is aanhangig gemaak. Volgens Mbhele was die verdagtes met vuurwapens en messe gewapen en het hulle te voet van die toneel gevlug.

Volgens Mbhele is die werker op die toneel vir skok behandel.

Geen skote is tydens die misdaad afgevuur nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Rusa is daar voorheen gepoog  om die huis aan die brand te steek terwyl die vrou steeds binne was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ad ·

Sisulu gaan die ook as leuns beskryf. Daar is mos niks wat sy verkeerd sien nie.

Cornelia ·

Ek dink nie die vrou moet trek nie. Sy kort bystand en helpende hande van bure, vriende? Waarheen trek sy? Sy hét ‘n woonplek. Alles omtrent die wenende swart hulp is vreemd. Sy hande was nie vasgebind nie. Sy voete was vry. Waarom het hy nie self sy “blinddoek” verwyder nie. Vreemd? Niks word van die vrou vermeld nie behalwe dat sy in ‘n stoor gedruk is. Vreemd. Nie dat die Nuwe S.A. vreemd is nie. Dit is so oud soos die geskiedenis van ons land. Niks nuuts omtrent die inbors, karakter en styl van ‘n “ou bekende” nie. Die verhaal klink soos 6 April 1652.

GM ·

Cornelia, my gedagtes presies. Hy moet ook as ‘n verdagte gesien word. Sy stories maak nie sin nie, en ons almal ken ‘n paar wat baie goed ‘aan die huil’ kan gaan as hul gevang word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.