Werker steel duisende by kerk

Argieffoto

’n Vrou is vandeesweek tronkstraf opgelê nadat sy in die loop van ses jaar sowat R400 000 by ’n kerk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap gesteel het.

Elizabeth June van de Venter (47) is Maandag in die plaaslike handelshof tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat sy verlede jaar op aanklagte van diefstal en bedrog skuldig bevind is.

Luidens ’n verklaring het Van de Venter van 2012 tot 2018 geld by die kerk gesteel waar sy as skriba gewerk het. Sy het dus toegang tot die kerk se finansies gehad en in dié tyd R440 011,90 van die kerk se geld in haar eie sak gesteek.

Van de Venter is in Julie deur die Valke in hegtenis geneem en in September skuldig bevind.

In ʼn ander geval word ʼn man gesoek nadat hy glo geld by die Oos-Kaapse departement van onderwys gesteel het.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die polisie is op die spoor van Owen Bruce James.

James (41) word daarvan verdink dat hy die departement uit honderde duisende rande geswendel het. Dit volg nadat die departement in April 2010 opgemerk dat hulle in 14 afsonderlike banktransaksies geld aan vier skole oorbetaal het.

Volgens Ngcakani het die rekeninge waarin dié geld betaal is nooit aan begunstigdes van die departement behoort het nie, maar aan James.

Daar word vermoed dat James sowat R600 000 wat in dié rekeninge betaal is, in sy persoonlike rekening inbetaal het. Dié geld is op 1 April 2010 onttrek.

Daar is in 2016 ’n lasbrief vir James se inhegtenisneming uitgereik. Hy woon na bewering tans in Johannesburg.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om lt.kol. Zane Johnson by 082 941 8588 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

En toe trek hy n April fool op homself!!! Dom vang sy eie baas – net kwessie van tyd

Sêmanet ·

Die skriba kon darem die R11-90 gelos het. Sy is omtrent gierig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.