Werker sterf in fratsongeluk by fabriek

Foto: Netcare 911

ʼn Fabriekwerker is Woensdag laatmiddag dood nadat hy in Nuffield, Springs, aan die Oos-Rand deur ʼn industriële masjien doodgedruk is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die man, vermoedelik 30 jaar oud, is op die een of ander manier in die masjien vasgevang wat hom van die middellyf boontoe doodgedruk het. Paramedici is omstreeks 17:33 na die toneel ontbied, maar daar was niks wat hulle vir die man kon doen nie aangesien hy by hul aankoms reeds dood was.

Herbst het nie meer besonderhede bekendgemaak oor hoe dit gebeur het dat die man in die masjien beland het nie. Die toneel is deur die owerhede afgesper wat die voorval sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hendrik UAE ·

Op n manier sal dit die eienaars of bestuurder se skuld wees.Hetsy agv te min of geen opleiding,swak veiligheidsmaatreels,die voorman of onveilige werksomgewing,of enige iets wat die unie kan uitkrap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.