Werker sterf in ongeluk by Orkney-myn

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Werker is by AngloGold Ashanti se Moab Khotsong-myn naby Orkney in Noordwes dood.

Volgens die maatskappy is die werker Donderdag noodlottig beseer tydens ʼn grondstorting. Die departement van minerale hulpbronne is in kennis gestel en het Vrydag ʼn in loco inspeksie gedoen.

“Die myn se bestuur het intussen besluit om ʼn veiligheidsstilstand in werking te stel vir alle afbouingsaktiwiteite by die myn om veilige werktoestande te verseker,” het die maatskappy gesê.

“AngloGold Ashanti wil graag sy innige meegevoel betuig met die familie, vriende en kollegas van die oorledene. Die bestuur werk saam met die oorlede se familie om hulle in die moeilike tyd by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.