Werker sterf op bouterrein

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Konstruksiewerker is Saterdag op ʼn bouterrein in Sandton, Johannesburg, dood nadat ʼn vragmotor oor hom gery het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 11:20 na die bouterrein ontbied waar hulle gevind het dat die werker ongelukkig reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Sy het gesê volgens ooggetuies het ʼn vragmotor oor die man gery, maar dit is nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

Die voorval sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lynette ·

Zuma sal altyd in die. Moeilikheid bly . Hy het dit oor homself gebring .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.