Werker sterf toe sloot ineenstort

Die sloot wat op 29 Maart 2016 in 7de Laan in Knysna in die Wes-Kaap ineengestort het (Foto: ER24)

Die sloot wat op 29 Maart 2016 in 7de Laan in Knysna in die Wes-Kaap ineengestort het (Foto: ER24)

ʼn Man is Dinsdagmiddag in Knysna in die Wes-Kaap dood en ʼn tweede beseer toe ʼn sloot, waarin hulle gewerk het, op hulle ineengestort het.

“Paramedici, brandbestryders en beamptes van die metropolisie was op die toneel waar ʼn grondverskuiwingsmasjien langs die sloot, wat ingeval het, gestaan het,” het Russel Meiring, woordvoerder van die ER24, gesê.

Volgens Meiring was die mans besig om in die 3 meter diep sloot in 7de Laan te werk toe dit ineengestort het. Een man was heeltemal onder die grond vasgekeer en die tweede man se arm en been was onder die grond vasgekeer.

“Werkers het reeds die man uitgegrawe toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring verduidelik. “Hy het slegs geringe beserings opgedoen.” Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Reddingsbeamptes van die brand- en reddingsdiens het gespesialiseerde reddingstoerusting gebruik om die tweede man uit die sloot te grawe. “Hy het reeds aan sy beserings beswyk,” het Meiring gesê. “Hy is op die toneel dood verklaar.”

Plaaslike owerhede stel ondersoek in oor die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Die grond op die foto is duidelik onstabiel en die ongeluk was te voorspel.
Om veilig te werk het gewoonlik ‘n hele paar probleme, nl. waaronder: Dit kos geld; dit is tydrowend en vertraag werksaamhede; gewoonlik kom jy weg met wat jy doen aan die begin en raak stelselmatig mak soms sonder dat jy daarvan bewus is; natuurlik is die gebrek aan opleiding om veilig te werk ook ‘n sondebok, bewusmaking en die nodige stappe om veilig te werk is van die uiterste belang.
Hier het beslis dinge baie skeefgeloop en die ineenstorting van die sloot is nie die eerste maar ongelukkig ook nie die laaste. Hopelik tog sal daar geleer word uit hierdie tragiese gebeurtenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.