Alwin Kaiser, ʼn 65-jarige boer van KwaZulu-Natal, is in die hospitaal opgeneem nadat hy die afgelope naweek glo deur ʼn werker op sy plaas met ʼn knopkierie aangeval is.
Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdag omstreeks 13:30 in die Mdasha-omgewing in Umzinto plaasgevind.
“Die man en die werker was glo in ʼn werkverwante geskil betrokke toe die werker hom aangeval het. Die slagoffer het oop wonde aan sy kop opgedoen. Die slagoffer het hulp van die veiligheidsbestuurder op ʼn naburige plaas ontbied,” het Gwala gesê.
Die man is na ʼn plaaslike dokter geneem, vanwaar hy met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Durban geneem is vir mediese behandeling en waarneming.
Volgens ʼn gemeenskapsgroep het die werker Kaiser met ʼn knopkierie aangerand toe hy omgedraai het om in sy kantoor in te gaan. Hy is ook op sy rug geslaan en het kneusplekke aan sy rug opgedoen. Die werker is glo een van sy veiligheidswagte.
Die Umzinto-polisie het ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak. ʼn 50-jarige verdagte is Sondag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die polisie het tydens sy inhegtenisneming beslag gelê op die knopkierie wat glo tydens die aanval gebruik is.
Die rede vir die geskil is nog nie bekend nie. “Die polisie kon weens die aard van die man se beserings nog nie sy verklaring afneem nie.”
Die verdagte moet binnekort op aanklag van poging tot moord in die Umzinto-landdroshof verskyn.
Word betaal om dit te doen
Die is een van ons plaasboere. Wys maar net dat niemand veilig is nie.
En soos gewoonlik sal die een wat die arme boer aangerand het niks oorkom nie. Dis mos die Nuwe SA
En natuurlik val die lafhartige skuim die ongewapende boer met ‘n wapen van agteraf aan!
Wanneer is dit poging tot moord en wanneer is dit aanranding met die doel om ernstig te beseer? Wat bepaal die klag? Wonder maar net hieroor
Lees die berig die antwoord is daar.
Die werker het hom eers met die knopkierie bewapen en toe die boer aangeval wys jou net
‘n mens is nêrens meer veilig nie . Geweld is blybaar vir party mense die enigste oplossing om ‘n geskil mee te besleg.
Dit is omdat mense wolf skaapwagter maak. Daar is tog seker baie werkloses van ons eie wat so ‘n werk sal aangryp.
Niks minder as 15jaar tronkstraf
In die laaste halwe eeu wat ek al koerant lees het sulke goed skaars voorgekom, ja daar was aanvalle, maar deur vreemdelinge. Ek sien nie dat boere hul werkers slegter behandel nie, inteendeel die teenoorgestelde geld eerder. Dus is daar ‘n ander faktor betrokke en dit is grootskaalse politieke aanhitsing: Grondgrype sonder vergoeding en die ANC se oorheersende beleidsdokument, die “Freedom Charter” wat stel dat die grond sal behoort aan diegene wat daarop werk. En so word boere nou deur hul werkers aangeval sodra die boer sy rug op die werker draai.
Hoop van harte die man wat so aangeval is, sal als doen (en sy familie ook) om die vieslike aanvaller te laat sien dit baat nie om jou geskil met geweld te probeer oplos nie.
Op geen manier kan die aanvaller skotvry kom nie. Als wys hy het dit gedoen. Doelbewus. Die persoon wat so ly onder hierdie wreedheid, moet ook die skuldige aankla vir pyn en lyding – laat hom die res van sy lewe betaal vir sy wandaad.