Werker val na sy dood by winkelsentrum

Heidelberg Mall. Foto: Heidelberg Mall/Facebook

Heidelberg Mall. Foto: Heidelberg Mall/Facebook

ʼn Konstruksiewerker het Maandag na sy dood geval by Heidelberg Mall, het die polisie in Gauteng gesê.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê twee werkers het glo op die winkelsentrum, wat Donderdag sy deure vir die publiek geopen het, se dak gewerk toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Tshilate wou die twee mans na ʼn ander gedeelte van die dak beweeg. Hulle moes glo oor ʼn oop gedeelte spring waarna een van die mans na sy dood geval het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.