Werker vas ná rooftog by Pta-restaurant

Een van die verdagtes word aangekeer kort ná die rooftog. Foto: Verskaf

ʼn Vierde verdagte is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die rooftog by More-restaurant in Centurion verlede week.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 26-jarige verdagte is glo die broer van van die ander vier verdagtes wat Dinsdag op die restaurant in Clubview toegeslaan het.

“Die verdagte werk by die restaurant. Hy het glo met sy broers gereël om sy werkgewers te beroof. Hy is deur sy selfoon aan die misdryf verbind,” het Selepe gesê.

Arthur Crewe, woordvoerder van die sekuriteitsmaatskappy High Risk Unit, het destyds aan Maroela Media gesê Henk Roodts, een van hul sekuriteitswagte, was op pad na ʼn kliënt in Centurion en het verby die More-restaurant in Golflaan gery. Daar was ʼn gewapende roof aan die gang en een van die sekuriteitswagte het aan Roodts uitgewys dat die verdagtes in ʼn voertuig daar wegjaag.

“Roodts het hulle agternagesit en ʼn skietgeveg het tussen hom en die vier verdagtes ontstaan. Hul motor kon nie verder ry weens die skade wat die koeëls aangerig het nie. Roodts het uitgeklim en hulle gewaarsku om nie verder te skiet nie. Hulle het egter aangehou,” het Crewe gesê.

Roodts het een verdagte doodgeskiet, een gewond en die ander twee in hegtenis geneem. Roodts is ongedeerd ná die voorval.

Die skietery het op die hoek van die ou Johannesburgweg en Hennopsweg plaasgevind.

Daar is beslag gelê op ‘n donkerblou BMW en ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die vier verdagtes sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Scalla ·

Weereens n bewys 99% inside information. Die informant veskaf al die detail en hy deel in die buit, gelukkig het slim sy baas gevang.

foxi ·

Goeie nuus………nou moet hulle net uitvind wie is die eienaar van die BMW……….!

Jordaan ·

Respek, Henk Roodts! Hoop nie jy het te veel drama met die ondersoek nie.

cor ·

Dit is sulke tipe mense wat maak dat jy as werkgewer nie meer mense in diens wil neem nie. Jy gee hom ‘n kans en gee hom ‘n werk en dit is wat hy doen, maak nie saak of hy wit of swart is nie, hulle waardeer nie n werk nie terwyl daar soveel ander is wat eerlik en opreg is wat graag wil werk maar nie werk kry nie.

jaco ·

hierdie mense kry klaar werk SUIWER omdat hulle die regte velkleur het, kwalifikasies en ondervinding tel glad nie. En dan mors hulle steeds hulle werk op.

Sêmaarnet ·

Tyd dat restaurant-eienaars ‘n deeglike ondersoek doen na die agtergrond van personeel. Dalk kry ons sommer op die koop toe beter diens en restaurante sal weer vol wees.

Joe ·

Van huiswerkers, tuindienste, enige werknemer met ‘n selfoon moet as ‘n spioen gesien word. hulle fotografeer alles, van jou hekslot , alarms, toerusting en alle ander inligting wat skelms kan gebruik om jou te beroof en besteel en verkoop dit aan die sulkes. Goeie kommunikasie en by name selfone met kameras is groot vyande.

Piet Pompies ·

Gierigheid, werker kry werk en verdien salaris eerlik, maar dit is nie genoeg, kom ons reel ‘n rooftog dan kry ons baie geld. Die besigheid maak toe omdat die verlies te groot is. Werkers verloor hulle werk, niks meer geld want die wat ons geroof het is opgedrink.

Chilli ·

Ja nee wat ons noem hulle sommer net breinloos!!! Dit is waarom ek weier om hulle werk aan te bied my hande is darem nog nie rond nie! Uitstekende optrede Henk jy verdien meer as medaljes!! En ek stem saam daai goed hoort nie op jou perseel nie veral met n selfoon

amvi ·

Raak ontslae van die “werkers”. Baie studente en ander mense wat werk nodig het. En doen werk by die huis self.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.