ʼn 25-jarige werker van Pick n Pay in die Victorian-winkelsentrum in Heidelberg, Gauteng, is in hegtenis geneem ná ʼn onlangse rooftog by dié sentrum.
Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die man is in hegtenis geneem weens ʼn rooftog wat op 7 Maart om 03:00 by sentrum plaasgevind het.
“Die verdagte en vyf medepligtiges het glo die palissade-heining by die sentrum afgesny om toegang te bekom,” het Tshilate gesê. “Die groep het daarna veiligheidswagte aangerand en met boeie vasgemaak.”
Die verdagtes het by ʼn juwelierswinkel ingebreek en horlosies en juwele gesteel.
Die groep het daarna by Pick n Pay ingebreek en sigarette en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel.
Puik speurwerk deur ao. Johannes Lukas Wolmarans en sers. Jeffrey Vusumuzi Zoned het tot die verdagte se inhegtenisname gelei. Hy verskyn binnekort in die hof.
Die polisie soek nog na die res van die verdagtes.
99,9% Inside information, dis hoekom daar so hoe werkloosheidsyfer is, kan hulle nie vertrou nie.