Werker vermoor glo Pta-vrou in huis

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Vrou, in haar 60’s, is dood en haar seun, in sy 40’s, is beseer nadat hulle Maandagoggend in hul huis in Wonderboom aangeval is, vermoedelik deur iemand wat bekend is aan hulle.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het aan Maroela Media gesê daar word vermoed dat die verdagte ʼn werknemer van die man is. Die man en sy ma het saam in die huis in Apiesdoringlaan gebly.

“In dié stadium word ʼn 25-jarige man in verband met die voorval gesoek. Die verdagte is glo ʼn werker van die man by ʼn sakeonderneming in die Kolonnade-winkelsentrum,” het Von Benecke gesê.

Volgens Von Benecke het die verdagte tussen 05:30 en 06:00 toegang tot sy werkgewer se huis bekom. “Die vrou het op die verdagte afgekom, waarna hy haar met ʼn mes aangeval het. Sy is op die toneel dood. Haar seun is ook aangeval en beseer. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Sy toestand is nie in dié stadium bekend nie.”

Die verdagte het glo ʼn selfoon by sy werkgewer se huis gebuit voor hy gevlug het.

Von Benecke het gesê daar word vermoed dat dieselfde verdagte voor of ná die aanval by sy werkgewer se onderneming ingebreek het, waar hy ʼn onbekende hoeveelheid kontant uit die kluis gesteel het.

Die Sinoville-polisie ondersoek ʼn saak van moord, huisroof en sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AmY ·

Slagoffer klink altyd na so ñ “wrede woord”. Dit klink of mens geslag en ge-offer word. Ek hoop die slagter word gou gevang.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Dis tyd om mense aan te stel volgens Afrikaanse Ekonomiese Groei, die wat jy meer kan vertrou, en dieselfde tyd terug gee aan n volk wat daagliks met als benadeel word. En ja, die is maar soos die geliefde BEE, net teenoorgesteld vir n slag!

PIXIE ·

Ek hoop hulle het die ‘wit’ man teen hierdie tyd aangekeer en toegesluit. Seker ‘n dwelm verslaafde ? Gooi die sleutel weg asseblief tog. Ek wonder of dit sy eerste oortreding is en of hy een van die vele is wat uit was op borg? Oorledene in haar 60’s. Dit is vreeslik om so dood te gaan. Sterkte vir haar seun en spoedige herstel van sy beserings en van die nagmerrie.

Annie ·

Ai tog. So jammer oor wat gebeur het met die mense. Jy gee vir hulle werk sodat hulle kos op die tafel kan sit en dan roof en moor hulle jou. Ek verstaan nie hoe hulle dink nie…. Wie gaan werk gee as almal dood gemaak word????

BB ·

Magda hoe weet jy dits n witman ? Ek lees niks van n witman in die artikel nie

Retha ·

Sy het duidelik meer inligting of is dalk bekend met die mense wat geslag en aangeval is.

Lilllie ·

dit is ‘n witman op facebook se Record het hulle ‘n foto van hom

Magda ·

My niggie bly n paar huise van die mense . dit is wat daar gesê word.

Sonia ·

Ek lees ook nie dat dit ‘n swartman is nie en tog is julle almal te vinnig om aan te neem dat dit is. Bou ‘n nasie met sulke mentaliteit. En dit is ‘n blanke jong man daar is ‘n uitkyk vir hom op een van die sekuriteits groepe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.