Werker vertel van laaste dae op Modise se plaas

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, se laaste plaaswerker sê hy en sy gesin is gedwing om die plaas te verlaat aangesien hulle hongersnood in die gesig gestaar het, berig die Sunday Times.

Modise het Saterdag in ‘n verklaring gesê bewerings dat haar werkers die plaas verlaat het weens slegte behandeling is “ongegrond en kwaadwillig”.

Volgens die Sunday Times se berig het Tebogo Moekaedi 47 dae op die plaas spandeer en is hy deur sy voorganger aangesê om die varke elke tweede dag te voer ten einde die kos wat oor was langer te laat hou. Moekaedi se voorganger het hom glo ook gewaarsku dat hy net R800 gekry het vir drie maande se werk.

Polisiebeamptes en lede van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het verlede Saterdag Modise se plaas besoek. Varke op die plaas het die gevrekte varke begin vreet en het glo hul eie urine gedrink. Skape, ganse, bokke en eende het ook op die plaas gevrek.

Die diere was glo vir sowat twee weke sonder water en kos. Daar was geen plaasarbeiders of elektrisiteit op die plaas nie en die waterpompe was gebreek.

Volgens die Sunday Times se berig het Moekaedi se vrou en hul eenjarige kind by hom op die plaas aangesluit. ‘n Werkgewer van die Noordwes provinsiale regering wat Moekaedi gewerf het om op die plaas te werk, het vir hulle ‘n 10kg sak mieliemeel gegee. Die voorsiening van mieliemeel en voer vir die diere het egter later afgeneem.

Die regeringswerkgewer het glo nadat die diere begin vrek het, vir Moekaedi gesê om die karkasse in ‘n diep put te gooi. “Ons het die gat tot bo gevul met beeste en varke. Ek het selfs gedink ons gaan hier doodgaan.”

Moekaedi het glo ‘n werknemer op ‘n buurplaas genader wat vir hulle mieliemeel, tee en R5 se lugtyd gegee het. Moekaedi het sy ma gebel en sy het vir hulle geld gestuur sodat hulle die plaas kon verlaat.

Modise se woordvoerder, Neo Moepi, kon nie Saterdagaand vir kommentaar bereik word nie. Moepi het egter Saterdag in ‘n verklaring die werkers se besluit om die plaas te verlaat as “bisar” en “onverklaarbaar” beskryf.

Moepi het intussen gesê dit is Modise se “teenstanders” se skuld dat die werkers die plaas verlaat het en dat dié “inligting” aan Modise se prokureurs oorhandig is.

“Dié ontwikkeling bevestig die vermoede dat die werkers se onverklaarbare optrede wat tot die tragiese gebeure op Modise se plaas gelei het, die gevolg is van haar teenstanders wat haar beeld wou skade aandoen.”

Moepi sê Modise het intussen ‘n span aangestel om ondersoek in stel na hoekom werkers die plaas verlaat het, die oorsaak van ‘n veldbrand in die area sowel as hoekom daar nie krag en water was nie. – Sapa

Lees ook:
ANC sê oor Modise se plaas
Video: ‘Ergste geval van dieremishandeling in 20 jaar’
‘Modise moet van dieremishandeling aangekla word’
Varke verhonger, vreet glo mekaar op Modise se plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Demokraat ·

Hoe verantwoord Thandi Modise al hierdie gebeure op haar plaas waarvoor daar eintlik geen verskoning is nie as maar net blatante nalatigheid en ‘n gebrek aan menslikheid ?

Mens is verstom dat die owerhede – dis nou die sentrale regering – haar nog nie werklik in die openbaar, en nadat onweerlegbare bewyse gevind is, aangespreek of berispe het nie ? Of is hulle houding maar soos gewoon dat die gereg sy gang moet gaan.

AmY ·

Marietjie, sy gaan nog arpartheid die skuld gee. Wag net en sien.

Ek sidder as ek daaraan dink hierdie mense die plase en grond gaan oorneem.

Hoop hierdie is ‘n ‘wake-up-call’ vir die regering.

Fred ·

Om te boer, is nie kinderspeletjies nie. Sien ons nou weer in die praktyk.

Eben ·

Daar gaan niks met haar gebeur ….. kyk na haar ek dink sy het die diere se kos geeet. Sy lyk hoeka so lekker stewig!

Sal graag Chauke haar liegende woordvoerder wil hoor …..

marietjie ·

amy, ek hoop net ek sien dit die dag as sy apartheid die skuld gee, maar het ek nie iewers gelees, sy is tog maar eintlik in n *mate onskuldig nie*. Soos eben se niks gaan met haar gebeur, en dit kan ek ook amper 100% waarborg, niks gaan gebeur. En sy voel nie eers jammer nie

Belinda ·

Geweet daar is n storie agter die storie…………………en daar kom die volle waarheid nou uit ne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.