Werkers beseer toe stroombreker ontplof

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mans is Donderdag in Maropeng, wes van Pretoria en Johannesburg, beseer nadat ʼn stroombreker waaraan hulle gewerk het, ontplof het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn lodge naby die R563-pad plaasgevind.

“Al drie mans het erge brandwonde regoor hul lywe opgedoen weens die ontploffing,” het Meiring gesê. “Twee van die mans moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word. Die ander man is met ʼn ambulans vervoer.”

Die oorsaak van voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martin ·

Nou hoe werk hulle aan ‘n lewendige stroombreker. Daar is duidelike regulasies rondom die tipe van werk. Ek ruik ‘n Rot.

EMK ·

Ja as hul vir Eishkom gewerk het was hul dom, maar as dit diewe is dan is dit jammer hul is net beseer. Jammer om te sê. Ons het hier rond gisteraand kragonderbrekings gehad met reën en wonder ek nou of hul toe nie gedink het hul kan goed steel want krag is af en hul misreken het nie! Bietjie meer inligting sal goed wees.

Bruno Stef ·

Die wet se as jy aan so n stroombreker wil werk moet die apparaat Afgeskakel/geisoleer /getoets en n aarde aan die inset en uitgaande kant van so n stroombreker aangebring word.Miskien het wetgewing in die nuwe SA so verander dat dit nie meer nodig is om die onderhoudswerk volgens die geskrewe regulasies te doen nie.

Morne ·

Dit kan wees dat hulle klaar gewerk het …..en dit met aansit slag ontplof het . Agv een of ander fout…..

Jackie ·

Nee dit was nie diewe nie dit was werkers van Bright Spark (nie sarkasties nie dis die firma se naam) . Ons sal sodra hulle uit ICU kom en die ondersoek gedoen is eers kan sê wat het gebeur.

EMK ·

Jackie, hopelik was hul nie agterlosig nie. So-iets kan die firma duisende kos…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.