Werkers by parlement staak steeds

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Die staking deur werknemers van die parlement duur voort terwyl die vakbond Nehawu wag op ʼn uitslag van die onderhandelinge tussen sy nasionale leierskap en bestuur van die parlement.

“Die president van Nehawu en die bestuur van die parlement vergader vandag. Ons het vir die werkers gesê hulle moet eerder huis toe gaan, want dit is te warm. Ons wag nou vir die uitslag van die vergadering,” het Sthembiso Tembe, takvoorsitter van National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu) gesê.

Die vakbond het op 6 November begin staak en eis dat prestasiebonusse gebaseer moet word op die jaarlikse salaris van werkers.

Die parlement bied die werkers 2.1% van hul jaarlikse salarispakket aan as ʼn prestasiebonus.

“Die minste wat ons sal aanvaar is 3.5% vir diegene wat ʼn punt van 3 tot 3.5 [uit 5] op hul assesserings behaal, en 7.5% vir diegene wat tussen 3.6 en 4 behaal,” het Tembe gesê.

Lees alle vorige berigte oor die staking by die parlement op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.