Werkers eindelik betaal ná ‘begrotingsprobleme’ by departement

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-02-deur-stevepb-op-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het uiteindelik die diensverskaffers betaal wat nie vandeesmaand hul werkers betyds kon betaal weens beweerde “begrotingsprobleme” by dié departement nie.

Moeti Mmusi, woordvoerder van dié departement, het Donderdagmiddag in ʼn verklaring gesê die departement verwag van die maatskappye om nou hul veiligheidsbeamptes se salarisse so gou moontlik te betaal sodat hulle spoedig kan terugkeer werk toe.

Dít volg nadat die veiligheidsbeamptes by verskeie klinieke en ander gesondheidsinstellings in Mpumalanga vandeesweek begin staak het omdat hulle nog nie vandeesmaand hul salarisse ontvang het nie.

Dít omdat die departement glo nie van die maatskappye wat gekontrakteer is om dié dienste te lewer, betyds betaal het nie.

Maroela Media het vroeër berig die vertraging met betalings het beteken dat sommige maatskappye nie hul werkers betyds kon betaal nie, maar dat die departement steeds van hulle verwag om hul werkers se salarisse tydig te betaal.

“Die departement wil graag daarop wys dat hierdie diensverskaffers maandeliks betaal word by die indiening van fakture aan die departement. Die lopende betalings was vir dienste gelewer vir die maand Desember 2019 en die fakture is in Januarie 2020 by die departement ingedien,” verduidelik Mmusi.

Die departement voer aan dat die betalings dus nooit agterstallig was nie. “Die departement was nog binne die voorgeskrewe betalingstydperk en wil dit daarom duidelik stel dat daar geen betalings aan hierdie diensverskaffers verskuldig was nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NetM ·

Dit ontstel my. As jy tender by ‘n staats instansie moet jy kan bewys dat jy finansieel sterk genoeg is om jou werkers se salarisse moet kan betaal ongeag of jy betaal word! En dit is hoe dit hoort. Wie gee vir hierdie besighede tenders? Is net ALMAL korrup in die land?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.