Werkers geskiet op plaas neffens Lesotho-grens

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Drie plaaswerkers is in die hospitaal ná vermeende aanvallers hulle Donderdag op ʼn plaas naby die Lesotho-grens geskiet het.

Die plaaswerkers is werksaam op die plaas Balmacara wat by Van Stadensrus in die Vrystaat geleë is. Die plaas is slegs drie kilometer van die Lesotho-grens.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het vyf verdagtes omstreeks 19:15 die werkers se onderskeie huise binnegestorm en op hulle geskiet. Die werkers was besig om kos te maak.

Volgens Makhele het die polisie op Van Stadensrus ʼn anonieme oproep oor die voorval ontvang en hulle is uit na die toneel.

Met hul aankoms op die toneel het hulle buite een van die werkers se huise patroondoppies op die grond en bloedspatsels teen die huis se deur opgemerk. Die volgende oomblik het iemand van binne die huis saggies om hulp geroep.

“Die polisie het die huis se deur oopforseer en ʼn 29-jarige plaaswerker op die vloer van een van die kamers aangetref. Hy het ʼn skietwond aan sy hand opgedoen,” bevestig Makhele.

“Twee ander plaaswerkers is ook met skietwonde by ander huise  aangetref.”

Die polisie het ʼn ambulans na die toneel ontbied.

“ʼn Saak van poging tot moord is aanhangig gemaak.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die Van Stadensrus-polisie by 051 584 1102 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harley Davidson ·

Wat se inligting kan enigeen gee met so ‘n swak beskrywing van die aanvallers ons weet nie eers of dit mans of vrouens was nie ,het die slagoffers hulle nie gesien nie of mag die media nie meer inligting gee nie?

Antoinette ·

En as die grens behoorlik bewaak was soos dit jare gelede was, sou die boere en hulle werkers nie al die sonde en ergenis en misdaad en aanvalle ervaar het nie.

Kokerboom ·

Ag man lyf net die ou vervlakste britse kolonietjie in by Vrystaat en kry klaar. Hul kan nie op hul eie bestaan en is net ‘n oorlas!

Sarel ·

1. Is hulle afkomstig van Lesotho of is dit slegs indruk wat geskep word. Plaasaanvalle tipies szn SA.
2. Tragies dat Plaaswerkers nou ook geteiken word..
Mens sou dink dat die ANC Regering ten minste ns hulle sal.omsien.
3. Snasks die Polisie het nie die Boer gearresteer nie..mos
Al wat hulle kan doen

James ·

In ‘n normale wereld sou Lesotho lankal sy agterstewe gesien het – wanneer ‘n handvol Vrystaatse Grensboere moeg raak vir hul invalle, moord en diefstal. Dit was in die ou dae, toe Afrikanermans nog Afrikanermans was.

Frank John ·

Dit klink of iemand probeer om ‘n oorlog te begin om die blaam te laat val waar dit nie is nie. Soos grens oorlog in Namibia.

Charl ·

?? Wat gaan hier aan ? Plaaswerkers sonder enige oenskynlike rede geteiken ??

Waarnemer ·

Broer sal tee broer baklei…los hulle,hulle moor hulle self uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.