Werkers geskors ná Medupi-ontploffing

Medupi (Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook)

Eskom het die werknemers wat aan eenheid 4 by die Medupi-kragstasie by Lephalale (Ellisras) in Limpopo gewerk het voor daar ʼn ontploffing ontstaan het, as voorsorgmaatreël geskors.

Die ontploffing het Sondag omstreeks 22:50 by die kragopwekker vir eenheid 4 plaasgevind. Dit het tot groot skade aan die kragopwekker gelei.

Volgens die kragvoorsiener se voorlopige ondersoek na die voorval het die ontploffing plaasgevind tydens die proses om waterstof met onderskeidelik koolstofdioksied en lug te verplaas ten einde ʼn eksterne lekkasie te vind.

“Dit blyk dat lug tydens die uitvoering van dié aktiwiteit in die kragopwekker ingebring is in ʼn stadium waar daar nog genoeg waterstof in die opwekker was om ʼn plofbare mengsel te vorm wat aan die brand geraak en tot die ontploffing gelei het.”

Eskom het gesê dit blyk dat die werknemers afgewyk het van die prosedure vir die voltooiing van die proses. Daar is besluit om die werknemers wat daarvoor verantwoordelik was om dié werk te bestuur en uit te voer, voorlopig tydens die afhandeling van die ondersoek te skors.

Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie, maar nooddiensbeamptes het talle werknemers vir skok behandel.

Eenheid 4 was volgens Eskom sedert 6 Augustus op ʼn korttermynonderbreking en weens die ontploffing is eenheid 5 nou ook uitgeskakel.

Eskom se ondersoek na die voorval duur voort en die kragvoorsiener sal lede van die publiek op die hoogte hou rakende verwikkelinge, asook tot watter mate die ongelukkige voorval die kragnetwerk sal beïnvloed.

Die ontploffing volg net ʼn week nadat Eskom aangekondig het dat die laaste van ses eenhede by Medupi aanlyn gebring is. Alle bouwerk aan die 4 764 MW-projek is afgehandel nadat dit in Mei 2007 begin is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jack ·

Soms wens ek dat die mense net eendag sal verstaan hoekom bevoegde mense hierdie tipe werk moet doen.Dit gaan nie oor ras nie maar bevoegdheid en kennis en ervaring.

Tiptol ·

Hulle sal nooit verstaan of begryp nie want hul wil nie en worry ook nie.

Henri ·

Hoe lank gaan dit duur voor bevoegdheid ‘n kriterium is vir ‘n beroep?

Jurgens ·

Totdat Suid Afrikane se oe oopgaan en Suid Afrikaaners kan saamstaan.

MakersMark ·

Spul narre. Gewoonlik is daar vir die tipe werk streng proses veiligheids maatreëls in plek wat die gevare van so tipe situasie in ag neem en indien korrek uitgevoer, verhoed. Maar soos die artikel sê – lyk of daar kortpad gevat is.

Hennie J ·

Dis nou soos om daardie splinternuwe motor uit die vertoonkamer te ry en om die eerste draai brand die enjin vas want die assistent se assistent se handlanger se toesighouer het versuim om te verseker dat daar olie in die enjin is.Lagwekkend!!!!!

4ntj13 ·

Ek wag vir die “bevinding”… “Dit was laat en hle wou gaan slaap.” Om die onbevoegte werkers heeeeltemal te vrywaar van enige vervolging.

marius ·

Nee , hulle gaan oefen fietse met dynamo’s koop by hul oosterse pelle vir miljarde .

Elinette ·

Die hemele en hel behoed ons …………………………

Hennie ·

Hopelik sonder betaling en voordele! Anders is dit nie n skorsing nie, maar n vakansie…

Pieter ·

Hoe kan jy n land best of bestuurder wees as jy net graad een het. Dit kan en sal nooit werk nie gaan orals in afrika so dit is hoekom als uit mekaar val.

Darkwing Duck ·

En suurstof onder druk is nie vlambaar nie. Raai maar net dit was ‘n Kubaanse ingenieur?

marius ·

Sien so . Seker te koud vir ‘n kort broek of ‘n skildery teen die dak .

Kokerboom ·

Dit bly ‘n kwessie van die gebrek aan aanvaarding van verantwoordelikheid en aanspreeklikheid…’n diep siekte in hedendaagse SA!!!

Jr ·

Ons het al weer n boud en moer in die tank gekry. Sabotasie. LMAO

Anoniem ·

Waarom word die name van die werknemers wat afgewyk het van die prosedure vir die voltooiing van die proses nie bekend gemaak nie? Die besluit om die werknemers wat daarvoor verantwoordelik was om dié werk te bestuur en uit te voer, voorlopig tydens die afhandeling van die ondersoek te skors, is bloot net om hul te beskerm omrede hul nie bevoegde mense aangestel het nie. Hierdie land se B-BBEE
is lagwekkend

marius ·

Word die wiel geskop omrede die enjin uitmekaar gefoeter het ? Hoe tiperend !

Michal ·

geskors met pay, 12 tot 24 maande se ondersoek, lekker man lekker

JohanR ·

ANC kader – wat is hierdie rooi knoppie? Laat ek hom maar druk. Oe my gooiste wat was daai groot slag!

Elinette ·

Mooi man!!!! Dis wat gebeur as mens kandidate met ‘n 30% slaagsyfer of “ingenieurs” uit Kuba aanstel om ‘n projek van dié aard te hanteer. Die kragopwekker is finaal in produksie geplaas begin Augustus 2021, meer as 14 JAAR sedert daarmee begin is … en binne die 1ste week veroorsaak “incompetent” lede van ‘our people’ ‘n ontploffing wat twee opwekkingseenhede “to hell and smithereens” toe blaas ……… WELCOME TO SOUF ÊFRIKA, WELCOME TO THE BANANA REPUBLIC.

Gert ·

Die sirkus se mense is nie opgelei vir ring nie, maar eintlik is dit ons eie skuld, want ons het dit begin. Ons het gekyk hoe ‘n dame op Camden die waterboks laat oorloop. omdat sy op die foon sit en chat het, 13 miljoen se skade – sy is bevorder. Daai skorsing is seker om hulle nou op te lei.

Frank John ·

Eendag sal ons mense weet wat reg is en dit doen en by die reëls bly van veiligheid en so geld spaar en ons uit hierdie val en opstaan mogetroffe manier van werk metode uit kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.