Werkers in hof wat glo voorraad steel, skelm verkoop

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Vier werknemers van ʼn groothandelaar in Bloemfontein het vandeesweek in die hof verskyn ná hulle vasgetrek is toe dit aan die lig gekom het dat hulle glo gereeld kruideniersware by hul werknemer steel.

Hulle het na bewering gereeld kruideniersware uit die winkel gesmokkel en onwettig aan ander winkeleienaars verkoop.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die werknemers is Woensdag omstreeks 15:00 by die winkel in Rudolph Greylingstraat in Bloemfontein vasgetrek. Hulle het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Volgens Kareli is die polisie na die winkel ontbied toe die werknemer wat verantwoordelik was om die kringtelevisie te monitor verdagte gedrag opgemerk het.

“Die polisie is na die winkel ontbied en daar is ontdek dat kruideniersware wat in groot maat verkoop word uit die winkel gesmokkel word sonder om daarvoor te betaal.”

Die werknemers, twee werkers van die stoorkamer, een veiligheidswag en een vragmotorassistent, het die kruideniersware glo aan ander winkels in die Parkweg-omgewing verkoop.

“Nadere ondersoek het aan die lig gebring dat die kruideniersware aan twee winkeleienaars in die Parkweg-omgewing afgelewer is. Drie buitelandse winkeleienaars is ook in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.”

Al sewe verdagtes, tussen 25 en 48 jaar oud, staan tereg op aanklagte van diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mornay ·

Ek het al baie gewonder hoe kan van die “Spaza shops” party ietems vir baie goedkoper verkoop as self keting winkels nou weet ons

en wat gaan gebeur Niks

Ella ·

Hierdie is nie ‘n nuwe verskynsel nie – baie jare terug toe ek pas begin werk het, het ek vir ‘n groothandelaar ‘till geslaan’ – daardie tyd al moes ons sekuriteitsmense valkoog wees om seker te maak dat alles wat by die deure uitbeweeg opgelui is. Van net elke tweede item oplui, tot duur items in die bokse vir goedkoop items versteek en dan die goedkoop boks oplui, tot voorraad in weggooigoed in vullisdromme uit die winkel smokkel – hierdie dinge word al dekades lank gedoen. Mens sou dink die vordering in sekuriteitsmaatreëls ontmoedig, maar daar is altyd een wat te slim is vir sy eie gesondheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.