Werkers in hospitaal ná diesellekkasie

Argieffoto

Argieffoto

Twaalf mense is Donderdag in hospitale in Kaapstad opgeneem weens asemhalingsprobleme nadat diesel glo by ʼn fabriek in die Epping-nywerheidsgebied gelek het.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het diesel glo uit ʼn drukketel gelek en is 12 werkers deur die dampe oorweldig.

“Die werkers is buite die fabriek aangetref toe paramedici en ander nooddienste op die toneel opgedaag het,” het Bodasing gesê. “Hulle is behandel waarna hulle na verskeie hospitale geneem is.”

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.