Werkers in hospitaal ná steierwerk ineenstort

Argieffoto (Foto: radiokerry.ie)

Argieffoto (Foto: radiokerry.ie)

Vyf werkers is Donderdagoggend in Pretoria beseer toe die steierwerk waarop hulle was ineengestort het. Hulle het tussen 10 en 15 meter ver geval.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op ʼn perseel langs Steve Bikoweg (voorheen Beatrix / Mears / Voortrekkerweg) plaasgevind.

“Drie van die werkers is kritiek beseer en twee werkers het matige beserings opgedoen,” het Bodasing gesê. “Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ineenstorting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

was die regte prosedure/vereistes gevolg met die oprigting en wie was in beheer?

Peet Schabort ·

Simbolies van die regering in SA.
Ook hulle dink dat dit goed genoeg is om ‘n steierwerk te bou deur net ‘n klomp pype inmekaar te druk.

Charlotte ·

Ai hoekom is julle klomp so swartgallig kan ook niks positief se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.