Werkers, klante by vulstasie aangehou

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn groep gewapende verdagtes werkers en klante by ʼn Shell-vulstasie in Bosbokrand in Mpumulanga aangehou en die vulstasie beroof het.

Brig. Shelvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die voorval het Woensdag omstreeks 03:30 plaasgevind.

“Die groep mans was met gewere en pistole gewapen,” het Mohlala gesê. “Hulle het in die winkel by die vulstasie ingegaan en personeel en klante met gewere aangehou, terwyl hul medepligtiges buite wag gehou het.”

Die verdagtes het die mense in ʼn kantoor in gedwing en daar aangehou terwyl van die verdagtes die winkel se kluis oopgeblaas het.

“Die verdagtes het in twee motors, ʼn wit VW Golf 7 en Chevrolet Lumina SS, met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pop ·

Ons moet weet dit gaan al erger word in die ” free for all criminals” land van ons. Hulle raak ook al wreedaardiger en openlik arrogant. Gister wou ek nie vrugte van n smous koop nie, Toe se hy vir my dis hoekom hulle roof en moor want ons wil nie koop nie. Waar gaan dit eindig??

Shirley van der Westhuizen ·

Ja weet nie meer nie. Ry nogal twee van die duurste en vinnigste motors ook. Dis of ook gesteel of hulle het al so baie mense beroof hul kan sulke karre bekostig.

Se maar net ·

Nee hulle het die motors geleen!!
Die geld net geneem!!
Want hier in ons land maak hulle soos hul wil!!!

Dave ·

‘verdagtes’ het met die karre en geld gevlug. Maak geen sin nie Sunè – dit is rowers wat dit doen en nie verdagtes. Julle is steeds beskerm want julle noem geen name en julle sê buitendien tog dat hulle geroof het. Die woord ‘verdagte’ is somtyds verstaanbaar maar in berigte soos hierdie word dit oordryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.