Werkers kom op Vrystaat-boer se liggaam af

Barry Baars. Foto: Facebook.

Barry Baars, die boer wat Dinsdagoggend op ʼn plaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat vermoor is, is met ʼn skietwond aan sy ken in sy huis aangetref.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Baars (55) se werknemers het omstreeks 09:00 op sy liggaam afgekom waar dit in komberse toegedraai was. Volgens haar is die presiese tyd van die moord nie bekend nie, maar dit sal vasgestel word tydens die nadoodse ondersoek.

“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat daar met ʼn klein kluis in die kombuis gepeuter is, maar niks is daaruit gesteel nie. ʼn Groot kluis in die slaapkamer is oop aangetref met die sleutel steeds in die deur. Daar was vuurwapens en weermagsklere in dié kluis,” het Mbambo gesê.

Volgens haar word ʼn pistool en kringtelevisietoerusting glo vermis.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Mbambo het bygevoeg die verdagte/s het moontlik toegang tot die huis deur die oop kombuisdeur verkry.

Maroela Media het vroeër berig Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê daar is ʼn Lesotho-nommerplaat in ʼn pad op die plaas gevind, maar dit is nie duidelik of dit met die aanval verband hou nie.

Volgens Cameron woon daar soms ʼn vriendin by Baars op die plaas, maar dit is nie duidelik of daar ten tyde van die aanval iemand by hom was of nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Vra buitelandse hulp ·

Ons moet huilp vra van buitelanders om ons regering aan te spreek, hulle voer nou n veldtog wat die buiteland van moet weet.

MERAAI ·

DIE AANVAL GAAN OOK SEKER AANGESIEN WORD AS ROOF – DIT IS GLAD NIE PLAAS MOORD NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Juffie ·

Wat my verstand te bowe gaan is hoekom mense nog met oop deure en vensters leef……behalwe as hierdie moordenaar iemand is wat ‘n sleutel het…..maak dit nie sin nie.

Realis ·

Ek vind dit vreemd dat daar nie n stortvloed van kommentaar deur ons (altyd so korrekte) mede lesers is nie. Is julle moeg?

Eish ·

Née, ek dink ons begin nou aanvaar dat anargie ongebreideld heers in die helhool.

Marlene ·

Is dit nie asof daar skielik meer moorde is na Maandag nie???

Dean ·

Buitelandse hulp – druk op die Regering:

Ek wil graag hoor, indien enige buiteland sou gehoor gee aan die Saak – en wel die Regering kry om te luister na die Boere se versoeke – wat glo ons sou die Regering se hulp / rol kon wees om die veiligheid van ons boere en / of soortgelyke mense wat ook so geisoleerd is op kleinhoewes ens. te verbeter of ten minste bystand te lewer?

Is daar voorstelle wat gemaak word / gemaak was aan die Regering om die Plase te beveilig?

Groete

Callie ·

Die jag op wittes is oop. Wees paraat en wakker. Mense ek glo regtig alles word gedruk sodat een onverantwoordelike optrede kan lei tot die ontplooing van die weermag. Wees paraat

Ge-waried! ·

Meeste van die die moorde wat ons van hoor, het die moordenaars vrye toegang tot die huis gehad. Ek dink almal is te gemaklik deesdae. Dit kan mos nie met ons gebeur nie net met ander. Mense wees paraat en waaksaam. Moenie onkant gevang word nie.

marianne ·

Waarom word boere vermoor??? Besef die moordenaars nie, dat dit geen doel dien om iemand te vermoor nie??? Bind hulle teikens vas Dan verminkhulle die mense deur gruwel dade.
Bittermin oortreeders word suksesvol veroordeel… Hulls weet dus dat MOORD PRET IS. Die eerste maal was Maklik, die tweede or derde bloot rotiene….
Iemand moet drasties ingryp en finaal hierdie monsters wys, die BOERE -ONGEAG RAS, GELOOF, KULTUUR, DIE BOERE SLAAN NOU MET MENING TERUG.
Kry die UN of wie ookal vir bewapening staan saam BOERE VAN SUID AFRIKA EN VEG VIR JUL REG.

Denise ·

Ek is geskok dit raak net erger en nog steeds geen oplossing ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.