Werkers nou meer as ʼn week in Lily-myn vasgekeer

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Na nog ʼn dag se reddingspogings is geen beduidende vordering gemaak om by die vasgekeerde mynwerkers in die Lily-myn in Barberton, Mpumalanga, uit te kom nie.

Teen Vrydagoggend was dit presies ʼn week wat Yvonne Mnisi, Pretty Mabuza en Solomon Nyarenda ondergronds vasgekeer is, nadat ʼn kroonpilaar van die myn ingegee en ʼn gedeelte naby die ingang ineengestort het. Die drie werkers was ten tyde van die ineenstorting in ʼn skeepskouer bo die grond, wat onder die grond en puin ingeval het toe die pilaar meegegee het.

Die reddingspan het heelweek probeer om ʼn reuse rots te breek wat glo reddingspanne se pad na die myners versper, maar teen Vrydagmiddag is nog geen beduidende vordering gemaak nie.

Mike Begg, die direkteur van mynbedrywighede, het Vrydag aan die media gesê die reddingspoging vorder stadig aangesien verskeie uitdagings oorkom moet word. ʼn Reuse rots, wat ʼn hele paar ton weeg, blokkeer die pad na die vasgekeerde werkers en die vrees bestaan dat die rots op een van die lede van die reddingspan kan val indien hulle naby dit soek.

Die mynbestuur het gesê hulle hoop om voor die einde van die dag die rots genoeg te verwyder om reddingstoerusting na onder te neem.

ʼn Helikopter is Vrydag gesien waar dit oor die myn vlieg, maar Begg het die slagoffers se familie en verslaggewers ingelig dat die helikopter plofstowwe aflaai en nie enigiemand vervoer nie.

Lees alle vorige berigte oor die Lily-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

emma ·

Dit maak my bitterlik hartseer maar ek dink nie hierdie mense lewe meer nie.Ek dink niemand sal ooit hulself kan indink deur watter ongelooflike lyding hul moes gaan nie. Ek kan my ook nie indink dat hulle nie kritieke beserings met daardie val moes opdoen nie.Hierdie mense het dit nie verdien nie

Elbie ·

Stem saam met jou Emma. Dis hartverskeurend, niemand verdien so iets nie, mens kan maar net hoop vir die beste. X

DPJ ·

Ons hier bogronds het baie empatie met dit naasbestandes.
Glo, Hoop, liede word julle toegewens.
Alles is by God moontlik.

John ·

Ek hoop die mynbestuur word vasgevat. Dit lyk na ‘n verskriklike onprofessionele spulletjie. Geen wonder dat daar na die ongeluk nog rotsstortings was nie. Die hele berg is gestroop van plante; totaal verniel. Hoe op aarde is dit toegelaat Ons gaan verder van hierdie gebeure hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.