Werkers nou vergoed vir newe-effekte van inenting

(Foto: Justin Tallis/AFP)

Diegene wat deur hul werkgewers gedwing word om teen Covid-19 ingeënt te word en newe-effekte as gevolg daarvan ontwikkel, kan nou vergoeding van die Vergoedingskommissaris eis.

Die Vergoedingskommissaris sal die onkoste van enige beserings, siektes of dood wat verband hou met dié inenting dek. Dít is mits dit van die betrokke werknemer deur sy werkgewer, as ʼn vereiste van indiensneming, vereis word om die inenting te ontvang.

Die Vergoedingsfonds se jongste aankondiging is onlangs in die Staatskoerant gepubliseer. Luidens die kennisgewing sal eise slegs verwerk word as dit aan ʼn reeks kriteria voldoen.

Die eerste vereiste is dat die geaffekteerde werknemer met ʼn Sahpra-goedgekeurde Covid-19-entstof ingeënt is. Bewyse moet ook verskaf word dat die betrokke werkgewer se risikobeoordelingstrategie vereis dat sy werknemers teen Covid-19 ingeënt moet word.

Verder moes die werknemer simptome getoon het, wat algemeen as newe-effekte van die entstof erken word en ʼn chronologiese tydlyn van gebeure, wat strek van die eerste inenting tot die ontwikkeling van simptome, verskaf.

“Bykomende toetse kan ook benodig word om die teenwoordigheid van enige abnormaliteite in die aansoeker se liggaam te bepaal.”

Sake-eenheid Suid-Afrika (Busa) het onlangs aangekondig dat hy die hooggeregshof wil nader vir ʼn bevel wat sakeondernemings toelaat om inentings in die werkplek af te dwing. ʼn Aantal ondernemings en universiteite maak egter reeds werk daarvan om dié reël as ʼn vereiste van indiensneming in hul risikobeoordelingstrategie in te skryf.

Die Universiteit van Kaapstad beplan om teen volgende jaar te vereis dat alle personeel, as ʼn voorwaarde vir werk, en studente, as ʼn voorwaarde vir registrasie, ʼn bewys moet lewer dat hulle ten volle teen die virus ingeënt is.

die kommissaris het benadruk dat werknemers se eise individueel geëvalueer sal word waarna die vergoeding daarvoor bepaal sal word.

Kommer heers egter nou of dit moontlik gaan wees vir die Vergoedingskommissaris om eise van dié aard op ʼn tydige wyse uit te betaal.

Talle werknemers wag al vir jare dat hul eise teen die vergoedingskommissaris vir onder meer beroepsbeserings gefinaliseer word en duisende werkers sit steeds met leë hande ná uitbetalings weens die Covid-19-pandemie verlede jaar gesloer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Samuel ·

Ag tog, alles is ‘n gemors. Die uitbetaling sal miskien in ‘n ander lewe gedoen word. Boonop doen niemand mos newe-effekte op van die inenting nie. Dit is alles net “window dressing.”

Papsak ·

Ja hou op mense en werkers om koop vir ent oor twee jaar sal ons sien waar is hulle dan lag julle breed

Tipper ·

So ja julle wou mos die mense dreig,nou sal julle betaal! saffaaa.

Adri ·

AS (‘n groot as) daar ooit enige iets betaal gaan word! Daar sal ‘n duisend verskonings gevind word om nie te betaal nie.

Piet parys ·

Maw hulle erken daar is newe efekte en die entstof mense kan doodmaak of siekmaak. Geld kan die skade wat jy opdoen met die entstof ongedaan maak nie .

Barney ·

Haha! Vat so Discovery en Momentum en Sanlam en FNB. Ek lag so hard op stem dag ek val van my stoel af soos ek stem vir die Afrikaner Boer se toekoms in ONS LAND. My Vaderland! Hahahahahaha!

Hennie ·

En hulle is reeds bankrot? Wat n grappie! So die werkloosheidsfonds betaal vir die foute van die werkgewer…. Bwah hahahaha ek ruik n rot!

Frank John ·

Een oomblik is die hof bevel dat werk gewers moet compensate vir nagevolge en dat hulle dit nie kan afdwing nie en nou skielik gaan dit verpligtend word. En die werkgewer gaan nie net betaal nie maar die WVF. Dan is daar so baie dinge wat voorgehou moet word dat dit hulle 100 punte het om hulleself daarvan kan vrywaar. Weereens, die gewone ou sal weer aan die kortste ent trek. As jy jou laat ent sal jy ‘n spesiale journal moet hou vir elke ding wat voor en vanaf dan met jou gebeur.

KB ·

Die werkgewer sal moet opdok! Gaan lees asb. die Citizen-berig (geskryf deur Hein Kaizer, dd.30/10/2021) oor Schalk vd Merwe (arbeids-prokureur) se sukses-uitspraak in die verband. Of as jy Schalk se stemboodskap (30 Oktober 2021) op Telegram/WhatsApp kan kry, luister daarna en weet wat om te doen.

Nicolaas Hendrik ·

Hulle se net so want hulle wil almal kry om in te ent, geld is net die wortel

RS ·

Omdat die gemors nooit in die eerste plek gegee moes wees nie.Almal soos n klomp skape in n trop loop druk om gespuit te word.

Chris dupreez ·

Dit kan nou weer geleenthede skep soos die sassa bedrog.

Anoniem ·

So die WFV weet dat die kans vir newe effekte so laag is dat hulle die risiko kan dra

Casper ·

Weinig mense gaan kwalifiseer vir die uitbetaling.As mense dood is hoe gaan hulle voldoen aan die kriteria en bewyse voorlê dat covid hulle doodgemaak het.Ek neem aan dit is net diegene wat deur werkgewers gedwing is om te spuit en newe effekte ontwikkel het wat kan eis.Wat van studente wat deur instellings gedwing gaan word voor hulle kan registreer.

DieKriek ·

Niemand sal kan bewys die newe effekte is van die enting nie, so daar is nie geld nodig vir uitbetalings nie. Window dressing.

Anel ·

Nou as jy dood is, hoe gaan jy dit beeys? Verder, wat het die WVF daarmee te dien? Is dit nie veronderstel om deur die ongevallekommissaris gedek te word nie? Wonder net wasr al die geld vandaan gaan kom, want altwee die fondse is bankrot. Pleks hou hulle op met mense dreig. Los die wat bang is om hulle vir ewig te laat spuit, hulle hande te was van elke kiem denkbaar en om die ou maskertjie te dra. Dat hulle maar aangaan maar los ons ander uit. Hoekom jouself siek maak as jy gesond is? Hierdie is maar net ‘n bewys dat hulle nie eintlik seker is hoe veilig die goed is nie.

Dirk Mostert ·

Waarom ‘n vergoedingsfonds? Die werkgewer behoort op te dok, nie belastingbetalers nie. Die blote betrokkenheid van die vergoedingsfonds by ent-newe-effekte bewys die owerhede glo self nie die entstof is veilig nie. Nogtans gaan hulle voort met massa-indoktrinering en -enting.

john ·

Hulle besef seker nie dat hiermee erken hulle dat die sogenaamde vaccine nie veilig is en selfs doodlik kan wees. Beter dagvaar jou werk gewer wat jou gedwing het.

Sandra ·

Huh!!!??? Baie mense, ek ingesluit, het newe effekte gekry met die inentings. Hoe kan hulle nou so ‘n dom ding uitbring wat mense gaan vergoed vir newe effekte, vir ‘n inenting wat miskien op die ou einde van die dag hulle lewe gaan red. Ek kan sien hoe gaan die storie uitgebuit word. Dit gaan ‘n herhaling wees van die Covid-Ters.

Waarnemer ·

Verstaan ek dit nou reg….jy word gedwing om die entstof te kry maar dit is okay,moenie worry nie,as jy enige newe effekte toon of sterf agv die entstof sal ons jou vergoed.WOW!!!met ander woorde….Gaan wend n poging aan om selfmoord te pleeg,sou jy nie sterf nie maar daar nagevolge is volgens jou eie optrede in ons opdrag of sou jy sterf,ons sal jou vergoed vir die feit dat jy dit gedoen het.

Jack ·

Dis nog n foefie om die naald in jou lyf te kry. Jy is dalk dood voordat die eis uitbetaal word. Wat van lang termyn probleme of eis jy net een keer en dit maak jou vrot lewe weer reg soos dit was. Nee die afdwing van die spuit is teen alle menswaardigheid in en bring mense op die vlak van diere sonder n eie wil dws n zombie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.