Werkers soek ná Brits-man se moord

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee werknemers word vermis nadat ʼn man se liggaam Vrydag in sy huis in Voëltjiedorp in Brits, Noordwes, gevind is.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die 68-jarige man is vermoedelik tydens ʼn huisbraak vermoor. Daar was ooglopende beserings aan sy liggaam en sy hande was met skoenveters vasgemaak, het hy gesê. Hy kon nie onmiddellik die oorledene se naam bekendmaak nie.

Mokgwabone het gesê die oorsaak van die man se dood sal met ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. “Van die slagoffer se besittings insluitend sy selfoon en ʼn kluis met ʼn vuurwapen daarin word uit die huis vermis. Die man se Nissan NP200-bakkie was ook vermis, maar is later verlate in die Letlhabile-nedersetting gevind met waatlemoene agterop,” het hy gesê.

Volgens Mokgwabone is die man die laaste keer saam met twee van sy werknemers gesien, maar die werknemers is sedertdien soek. Hy kon nie bevestig watter soort werk hulle vir die man verrig het nie.

ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand wat die polisie kan bystaan met meer inligting word gevra om sers. Leonard Thoboka by 071 674 8763 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Die vermoorde se naam is Louwtjie du Plessis.
Vir die man was die volgende belangrik:
Sy God, sy vrou, sy kinders en boer.
Hy was vir jare ‘n boer en het altyd sy werkers baie goed behandel.
Wanneer hulle siek was het hy hulle dokter toe gevat. Hy het gesorg dat hulle 3 ordentlike maaltye gekry het. Wanneer hulle siek was, het hy hulle dokter toe gevat. Sy werkers het ordentlike woon plekke gehad.
Hy het nooit iets sleg gese van sy medemens nie.
Oom Louwtjie was ‘n goeie mens. ‘n Baie goeie mens!

Stephan ·

Dis baie waar wat jy sê, hy is my oudste neef en ons familie se wortels lê al van die vroee 1920’s in die Brits omgewing. Hy was altyd mededeelsaam vriendelik sag van woord maar met ‘n sterk karakter. Ons as familie gaan hom baie mis.

Karma ·

Ongelukkig, Johann & Stephan, sal ‘n “loongeskil” nou weer opgehaal word as dryfveer agter die inbraak, diefstal en moord. Dit is nooit ingebore wreedheid, hebsug en luiheid van ‘n sekere (die meerderheidsgetal) onwettig-ingekome “burgers” van SA wat dryfvee vir inbrake, moord, diefstal, verkragting, roof ens. ens is nie.

Dit is baie hartseer – en dit maak mens kwaad om te dink dat jy JARE lank vir iets werk en dan moet jy uit jou pad gaan om jouself, jou geliefdes en jou eiendom te beskerm. Sterkte aan julle families en die vriende van, soos jy hom noem, Johan, ‘n man wat sy God, sy vrou, sy kinders en sy boerdery op die hande gedra het.

Gesiggie ·

Johann… ek sluk aan die knop in my keel, dankie vir dit wat jy met ons deel…dit ruk aan n mens,om te dink dat hul so n eerbare, geliefde, mens kan vermoor ?? Oom Louwtjie RIP.. En aan sy Familie en vriende… God slaap nie…. alle sterkte aan jul…

Johann ·

Toe ek so 12-13 was het Oom Louwtjie ons altyd saam met hom en die ander nefies wildsplaas toe gevat. Saam op die bakkie dan gaan wys hy vir ons die bokke en die vlakvarke en voeltjies.
Dis nou al seker 35 jaar gelede maar ek kan onthou of dit gister was. Dit was veronderstel om die tyd van “Kinders word gehoor en nie gesien nie!”
Maar Oom Louwtjie het ons so “groot” laat voel.
Ons gaan jou mis Oom.
Mense gaan nooit jou goedheid leer ken nie.

Theresa B ·

Ja Johann. Hoe meer ons doen vir hulle, hoe minder word dit waardeer en loop hulle met die sindroom dat hulle verdien dit en ons MOET dit doen. So jammer van oom Louwtjie. Mens is sonder woorde vir die lyding waardeer hy moes gaan en vir sy mense wat agterbly.

m ·

Die werkers kan verseker antwoorde op die vrae verskaf. Klink of die oom baie lojaal aan sy werkers was en hulle baie goed versorg het maar hierdie mense is nooit lojaal aan hulle werkgewers nie… Hierdie mense weet nie wat lojaliteit beteken nie……. Sterkte aan sy familie.

Sylvia ·

Ai dit is so hartseer! Die Vader weet, dit is of mense net een doel voor oë het… en dit is moord. Maar dit is net ‘n klein persentasie mense wat amok maak en dood maak. En dan ly die groot persentasie daaronder. En skaam die ander plaaswerkers hulle dat iemand so laakbaar teen hul geliefde werkgewer kon optree. Al die werkers gaan nou tien teen een werkloos wees. So onnodige! Baie baie Sterkte aan oom Louwtjie se vrou en sy kinders, vriende en familie toegebid. Mag julle genade in julle harte kry om te vergewe. Vergifnis beteken nié om te sê wat gebeur was reg of OK nie. Glad nie. Dit beteken net : Ek spreek jou vry. Die wraak kom my nie toe nie. Ek los dit vir God self sal met jou werk. Ek gaan myself nie siek maak deur julle te haat nie – ek draai my rug op julle en sal opstaan en aangaan. Nogmaals baie sterkte.

Gerd Lourens ·

My innige meegevoel aan die familie.

Wat soek die wapen in die kluis?

So sad ·

So ongelooflik sad dat so wonderlike mens so iets moes oorkom! Maak ons ander wat omgee 2x dink! Mag hierdie gemors gou gevang word en behoorlik gestraf word! Rus in vrede Oom, mag jou geliefdes troos ontvang!

Marieta ·

Dit was my neef – van sy ouers tot hulle was eerbare en dierbare mense. Ons kon nooit wag om vir oom Louw Wolwekraal en die neefs te gaan kuier nie. Ek beaam die feit dat hulle altyd agter hul werkers gekyk het asof hul familie was – goeie blyplek en altyd meer as genoeg om te eet. Dit was absoluut so onverdiend!

Oom Kalahari ·

Weereens ‘n hartseer dag om ‘n wonderlike, liefdevolle en Godsvresende geliefde op so ‘n manier te verloor. ‘n Man wat diep spore getrap het wat omgegee het vir sy gemeenskap en ongeag van kleur het hy uitgereik en in behoeftes voorsien. ‘n Sinnelose misdaad is gepleeg teen ‘n oumens wat net altyd liefde gegee het en regverdig was, maar soos ‘n jong werknemertjie paar jaar terug aan my genoem het dat die ouergarde moet gaan hul is ‘n probleem en is dit makliker met die jonges van vandag tot veranderinge en manupilasie. Oom Louwjie, dit is ‘n hartseer dag vir jou familie, vriende en kollegas, veral op die manier wat jy van jou waardevolle lewe ontneem is, maar mag al jou naastes die nodige berusting in onse Hemelse Vader vind deur hierdie tyd van beproewinge – Sterkte en Medelye aan jul almal. Mag hierdie misdadigers dan ook ‘n tyd van hel deur maak.

Kobus Vorster (oom Koot Vorster se laat lam) ·

Koot Vorster se seun Kobus
Sterkte aan Familie – dankie Sylvia met jou boodskap

Groete
Kobus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.