Robbie Raburabu, waarnemende nasionale woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media gesê die polisiebeamptes is Maandag in die vroeë oggendure na ʼn toneel by ʼn vulstasie ontbied waar ʼn rooftog aan die gang was.
“Met die polisiebeamptes se aankoms op die toneel het die vermeende rowers in ʼn Quantum-bussie gespring en op die polisie losgebrand,” het Raburabu gesê. “Die polisie het teruggeskiet en ʼn tweede Quantum-bussie het tussen die vermeende rowers en die polisie ingery en so in die spervuur beland. Vermoedelik het die polisiebeamptes gedink die insittendes in die tweede bussie was ook verdagtes wat deel was van die rooftog.”
Die tweede bussie se insittendes was egter nie rowers nie, maar werknemers van die nabygeleë McDonalds wat op pad was werk toe. Volgens Raburabu het die polisiebeamptes ophou skiet toe hulle hul fout agterkom en probeer om die insittendes van die tweede bussie te help.
Twee van die McDonalds-werknemers is doodgeskiet en drie is beseer. Twee van die vermeende rowers in die eerste Quantum bussie is ook doodgeskiet.
“Opod ondersoek in dié stadium ʼn saak van moord en poging tot moord,” het Raburabu gesê. Dit is nie duidelik wat die rowers tydens die rooftog gesteel het nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Maar dit het dan ook so twee weke terug gebeur, waar ‘n Nandos werker deur die polisie geskiet is, nadat die polisie op ‘n voertuig losgebrand het wat ooreengestem het met ATM rower se voeruig !! Ek hoop nie rowers ry in wit Polo’s of wit Toyota’s nie, dan behoort baie mense onrustig te wees.
Hoe dom kan mens wees om in ‘n spervuur blindelings ib te ry?
iets klink nie so lekker nie ry mos nie binne spervuur nie dink was so beplan
Jy skiet nie net”’ omdat jy dink dit is moontlik Rowers nie… maak eers seker Mnr die Polisie man.. jy werk seker al lank genoeg om te kan weet wat is reg of verkeerd… nou moes 2 onskuldigge werknemers hul lewe verloor… Ek hoop daar word deeglik ondersoek ingestel.. aangaande die saak, sodat gereg sal geskiet””Skiet dan na die Taxi se bande”’ maar nie na die persoon.. Jammer aan die Familie,…. wat agv nalatigheid van Polisie hul mense moes verloor.
Innige simpatie aan die families van die werkers wat op so wyse gesterf het.