‘Werkers’ val Wes-Kaapse boer wreed aan

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Foto: Verskaf.

ʼn 52-jarige boer van Ceres in die Wes-Kaap lê tans in die intensiewe sorgeenheid van die Mediclinic Panorama nadat hy Maandagaand wreed aangeval is, glo deur van sy werkers.

Pierre van der Merwe, een van Izak van der Merwe se vyf kinders, het aan Maroela Media vertel wat gebeur het.

Pierre het gesê dat hulle boerdery elke jaar sowat 63 werkers van Lesotho gebruik vir arbeid op hulle plaas. “My pa ry elke jaar ses keer op en af Lesotho toe en gaan haal die mense self.”

Pierre beweer dat die aanval deur een van sy pa se werkers en sy broers uitgevoer is. “Die werker was die een wat my pa altyd gehelp het om die mense in Lesotho te organiseer. My pa het Maandagoggend vir hulle gesê dat die boerdery as gevolg van die droogte vanjaar nie aartappels en uie gaan plant nie. Hy het vir hulle ʼn keuse gegee of hulle wil teruggaan Lesotho toe en of hy hulle in spanne kan indeel,” het Pierre verduidelik.

Die een span sou dan twee dae werk en die ander span drie dae, omdat hulle nie kon bekostig om almal voltyds te laat werk nie. Pierre vertel sy pa was die aand omstreeks 19:00 in die plaas se winkel besig toe die aanval plaasgevind het.

“Die werker het saam met twee ander mans daar aangekom en hulle as sy broers voorgestel. Hulle het gesê hulle soek hulle paspoorte terug. My pa het kluis toe gegaan en die paspoorte gaan haal. Die werker sê toe sy broers is honger en vra of my pa nie vir hulle kos het nie. Jy moet onthou, my pa ken die mense en hy vertrou hulle. Toe hy vir hulle kos gaan haal het, het die aanval gebeur,” het Pierre vertel.

Volgens Pierre het hulle sy pa met knopkieries en met vuiste geslaan en herhaaldelik geskop. Hulle het ook sy voete met kabelbinders vasgebind en kleefband om sy kop gedraai en van sy hare afgesny.

“Hulle het my pa 20 keer met ʼn mes gesteek, in die nek, bors en in sy rug. Hulle het kontant, plaastoerusting en die winkel se geldboksie gesteel. Hulle het die winkel geplunder en toe gevlug. Iemand moes hulle kom oplaai het. My pa het daar gelê en uitbloei,” het Pierre vertel.

Foto: Verskaf.

Pierre verduidelik hulle het elke aand twee werkers wat tot laat die lande bespuit. “My pa het hierdie ding: voor almal huis toe gaan, moet hulle altyd vir hom kom nag sê. Toe die twee wou kom nag sê, het hulle gesien die winkelhek staan oop, die deure is oop en al die laaie is uitgetrek. Hulle het toe my pa daar gekry en probeer help so goed hulle kon. Hulle het my ma geroep en ons het die polisie gebel. Ek het letterlik gehoor hoe my pa deur ʼn gat in sy bors asemhaal. Ek het regtig gedink ek gaan nie my pa weer sien nie.”

Volgens Pierre is die huis sowat 20 tot 30 m van die winkel af.

Die ambulans het hom na Ceres-hospitaal vervoer voor hy na die Mediclinic Panorama oorgeplaas is. Pierre verduidelik hy is op baie sterk morfien en ander medikasie. “Sy longe het platgeval en moes dreineer word. My pa is ʼn taai man, hy is groot en sterk en sy toestand verbeter.”

Kaptein FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Van der Merwe is omstreeks 21:15 op sy kantoorvloer gevind nadat die verdagtes te  voet van die toneel gevlug het.

ʼn Saak van besigheidsroof word ondersoek. Maroela Media wou by kapt. Van Wyk weet of daar nie ook ʼn saak van aanranding of poging tot moord ondersoek word nie, maar hy het bevestig dat daar in die stadium net die een klag ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

verander die plaas werk dat daar nie werkers nodig is nie

Jakalas ·

Mens kry altyd ‘n vrot appel tussen die ander. Mens kan nie die ander straf oor wat een aan gevang het nie. Dit is juis sy ander plaas werkers wat hom te hulp gekom het. Die oom sal nie maklik weer een van hulle vertrou nie. Dis die een probleem van buitelanders. As hulle wel iets onwettigs doen, is dit moeilik vir die polisie om enige iets te doen. Hulle het ook heel moontlik terug Lesotho gegaan.

Boerseun ·

300 jaar se geskiedenis, hy is goeie appel tot die een dag.

Katryn ·

Arme man, my hart gaan uit na die familie. Hoop jou pa genees volkome. Die aanvallers sal soos gewoonlik weer skotvry kom. Vertrou geregtigheid sal geskied.

Kobus ·

POGING TOT MOORD sekerlik! Sal sekerlik aangepas word, maar in die land… weet ek nie. Hoop Solidariteit hou dit dop.

Ronel ·

Dis nou wat mens noem Stank vir dank en letterlik dat hulle die hand byt wat hulle voer.
Sterkte oom! En sy familie!!

Hannes ·

Gedoriewaar – besigheidsroof ?? Die arme man is verniel en gelukkig hy leef ! Kyk jy skeef vir vir een van die werkers sou dit seker aanrading of poging tot moord klagtes teen jou wees !

Realis ·

Miskien moet die wittes ook begin betoog, plakkerskampe afbrand en in hordes by die howe opdaag en eis dat die kriminêle geen borg kry nie…….AS hulle ooit gevang gaan word want die SAP is al klaar besig om die saak minderwaardig af te maak.

Herman ·

En so ploeter dit maar aan. Besigheidsroof. Dis n skande. As die hand gebyt word wat jou voer moet die hand weggeneem word. Weet dis nie maklik maar boere sal moet meganiseer of iets drasties doen..

Lientjie ·

Daar is baie blanke mans daar buite wat hulle voortande sal gee vir sulke werk!

Arbeiders ·

Dis tyd om arbeiders van ander plekke af te kry as van buurlande af. Wanneer gaan boere dit besef? Hou op om vir hulle werk te gee. Hou op om hulle SA toe te lok. Want kyk wat doen hulle!
Voer eerder arbeiders in van Rusland of Pole af as dit moet, maar nie buurlande nie!
Leer uit die geskiedenis. Kyk wat het met Piet Retief gebeur …

DisWaar ·

die probleem is die regering HAAT die boere maar weet hulle verskaf baie werk aan ongeskooldes, en die regering sal jou nie toelaat om mense in te voer per seisoen nie, maar dis ‘n goeie plan.
die ware oplossing is om Israel tipe moshavs en kibbutze te begin en sodoende mekaar te beskerm.

MY bloed kook ·

Sulke tye kook my bloed, wens net daar was ook 3 per man, dat hul kan voel hoe dit voel. Beste is om nie vir Lesotho mense werk te gee nie. Goeie harte help nie meer nie, die oomblik as jy nie hul gierigheid kan bevredig nie (al is dit deur die natuur veroorsaak – geen reen) hulle is te kortsigtig en wil net hê. Ek hoop jy herstel vinnig en kan emganiseer en na ander oorde in SA of Namibia kyk vir eerlike werkers.

m ·

Mens moet hierdie mense begin boikot. Hulle haat is net te groot teenoor ons so laat hulle maar dan vergaan van ellende. Daar is genoeg mense wat werk sal waardeer.

Eish ·

Ek moet MM gelukwens met die grafiese uitbeelding. Dis skokkend verby, maar spreek meer as n duisende woorde. Sulke berigte stuur ek buiteland toe.

Dina ·

Stem saam. Gaan asseblief voort om die volle waarheid keer op keer aan die lig te bring, MM. Laat almal SIEN wat in SA gebeur. Baie sterkte aan die familie.

Genieve ·

Jy kan nie meer mense vertrou nie,nie eers jou beste pel nie..jinne die boer vir hulle werk gegee en dit is nou dank vir stank!!!

Johanna ·

Ek glo nie wat ek lees nie. Wat word hier gesê? Iemand verloor feitlik sy lewe deur n gru-aanval en word besteel. Al wat belangrik is vir die Kaptein is dat daar gesteel is. Dit maak nie saak dat dit n wreedaardige vooraf beplande aanranding was nie.

Ada ·

Gee eerder die werk vir blankes wat sonder werk sit. Jy kan hulle vertrou en ook veilig wees.

Jakalas ·

In vandag se tyd kan mens eintlike niemand vertrou nie. Daar is ‘n paar blanke manne wie ek nie ooit met enige iets sal kan vertrou nie. Blankes sal nou wel iemand net so dood probeer maak vir niks nie.

Moedeloos ·

Ek stem honderd persent saam stel asb weer wit mans aan da is hordes wat graag hul menswaardigheid wil terughe en sal help teen plaasaanvalle ook

Pik ·

Ada ek stel geen meer wit mense aan nie al die wat ek gehad het het my beroof en amper my besigheid verloor oor hulle diefstal gepleeg het en van kliente gesteel het ongelukkig het die tipe daad geen kleur nie

Elize ·

Lientjie, ek is nie so seker van jou stelling nie. Baie mense wil nie daardie tipe werk doen nie.

En ek stem saam met bgj van der westhuizen, kry meer masjinerie sodat minder werkers nodig is.

ECT ·

@Elize, het jy ‘n yslike pot vol geld wat jy met die boere kan deel sodat hulle almal kan meganiseer? Sekere soorte boerderye is arbeidsintensief en kan net eenvoudig nie gemeganiseer word nie. Tafeldruifboerdery, bv. is nie soos mielielande of koringlande waar masjiene ingesit kan word om te oes nie. En buitendien het jy dan stééds mense nodig wat daardie masjiene bedryf en diens. Ek is seker dat as die blanke boere blanke mense (kom ons sê blanke mense wat bv. tans a.g.v. ekonomiese omstandighede in informele kampe woon – ja! daar is baie blankes wat swaarder as swaar kry) werk aanbied, sal baie dit met gretige, kale hande aangryp ……. EN NIE DIE BOER BYNA VERMOOR AS HULLE NIE HUL SIN KRY NIE.

14/88 ·

Waar is poging tot moord. As dit anders om was was daar n klag van poging tot moord soos in die KFC en doodskis geval al was dit niemand se plan om te poog om iemand dood te maak nie. Daar is nie meer reg en geregtigheid vir ons volk in die land nie. Sterkte oom, my gevoelens is met julle.

Erick ·

Besigheidsroof. Nou toe-daar kry ons almal die boodskap,sug…

Johan. H. ·

Lyk my julle boere leer maar moeilik// Jy KAN hulle nie vertrou nie,, Begin meganiseer,, Dra jou vuurwapen by jou,, WAT VERSTAAN JULLE NIE????. Elke keer as n boer seerkry, kry ons mede witmense ook seer,,

ECT ·

“Raait, Eliza, Johan B. en almal wat so “meganiseer! meganiseer! meganiseer!” skree – staan een derde van jou salaris/inkomste af van nou af en plaas dit in ‘n “Meganisasie Hulp vir Boere”-fonds en dan help julle elke boer wat ‘n arbeidsintensiewe plaas het, implimente aankoop om te meganiseer. O, en die boere wat nou nie kán meganiseer nie, omdat dit die leweringsproduk se kwaliteit beïnvloed – boere soos tafeldruifprodusente en dies meer – julle sal daar maar moet loop hand gee, mense!

Se net ·

Kom nou Johann H en al die ander help hul om te meganiseer want waar gaan hul die geld kry????? Dit is maklik om te praat maar die boere sukkel met die droogte en die hulp vir meganiseer is net lee woorde.

DisWaar ·

almal hoef nie elkeen ‘n oesmasjien te koop nie; koop een saam, en almal gebruik dit en onderhou dit. Dis hoe dit werk in Israel waar mense ‘n kibbutz begin juis sodat almal die kostes dra, en almal die toerusting gebruik tot elkeen se sukses.
Dit kan gedoen word.

AJ ·

…en hy het hulle nie eers in `n doodskis gesit om skrik te maak nie…

M ·

Solank daar geld is en jy kan hulle instop gaan dit goed. Maar as jy nie meer kan nie, moet jy maar bloed uit ‘n klip tap vir hulle, sonie bloei jy. Besef die mense nog nie, dat ons nie kan voortbestaan as daar nie meer boere is nie.

Jaco ·

Die kaptein van die polisie moet net wakker skrik, dit is poging tot moord. Hoe hy kaptein geword het sal net hy weet.

Pine ·

Dit kan insiggewend wees om die naam van die kaptein sowel as die van sy hoof te weet. Verder kan die stasie se definisie van poging tot moord van baat wees vir ons wat moeilik verstaan.

Tilla ·

Die oom het net goed probeer wees vir hierdie mense en hulle probeer akkomodeer sover dit vir hom moontlik was terwyl hy en sy gesin seker self baie swaar moet kry as gevolg van die droogte en wat het hy daarvoor ontvang – bykans sy lewe wat sover nog sekelik aan ‘n draadjie hang. STERKTE OOM ONS DINK AAN U

Ben ·

Moenie vir hulle werk gee nie – laat hulle krepeer van die ellende en honger – sodat hulle kan agterkom hoe belangrik die boere wel is . Gee die werk vir blankes – hulle sal dit doen en die boere se probleme sal stop.

WW ·

Ek gee nie eens meer 10 sent vir die bakhand nasie nie. Nie by ‘n robot nie; nie by ‘n winkelsentrum as hulle my trollie sonder uitnodiging kom gryp nie; nie in ‘n Santa Shoe Box nie. Sorry maar daai dae is verby; lankal. Dis oor ons alewig gee en help wat hierdie mense dink dis hulle reg om met geweld te VAT.

Marinda ·

Besigheidsroof, regtig SAPS? Wat van attempted murder? GBH- grievous bodily harm? Premeditated murder? Kom aan Fekile, jy kan hier begin deur die stelsel reg te ruk.

NICOLA ·

Aai Kaptein jy maak die polisie se naam sleg, gaan lees weer jou opleidingsboeke. Oom ek bid vir jou. Sterkte aan die geliefdes.

Vermeende ·

Daar gaan nog baie boere sterf in die land.

Boere is goedgelowig, soos sy trekker die beste in die destrik is so is sy werkers ook die betroubaarste. Boere is te hardkoppig om die veranderinge raak te sien in die land en te tradiesie vas om van sy boerdery prakreik af te sien of aan te pas vir sy en sy gesin se vyligheid. Skerp jou sekuriteit op en sluit jou hek dan meganieseer jy, raak om hemels naam ontslae van al jou hande arbeid insluitend jou huishulp en tuinjong, as jy werk nie self kan behartig nie, raak dan daarvan ontslae.
Meganieseer anders gaan jy bloei.

Reinhardt ·

Maar as jy jouself beskerm in jou eie huis en iemand wond, dan word daar dadelik sommer n saak van poging tot moord oopgemaak. Hierdie dubbele standaarde is besig om my onder te kry. Mense, ons moet plan maak. Dit raak erger en erger by die dag.

Kosie ·

Lesotho huisves geweldig baie rowers en dit sal ‘n ewige gesukkel wees om hulle aan SAP uitgelewer te kry vir arrestasie. Ons familie probeer al vir 18 maande via die regte kanale om 1 moordenaar wat ons ouers vermoor het uitgelewer te kry via Interpol en Lesotho Polisie. Hy was ook ‘n werker en vertroueling. Mense moenie net Lesotho mense aanstel nie. Maak seker hul dokumente is geldig – baie van hulle beweeg sorgeloos oor die grens sonder paspoorte of id’s. Sterkte aan die familie, ons bid vir genesing vir jul pa.

Kosie ·

En moenie dink die SAP in die Vrystaat weet nie wat aangaan nie. Hulle is die skelmste van al ons Polisie lede en maak gebruik van Lesotho diewe om gesteelde vee oor die grens te karwei. Zuma is al in 2011 deur die boere versoek om groter militêre teenwoordigheid rondom Lesotho se swak grense te vestig. Hy het tot vandag toe nog niks gedoen nie.

Oumie ·

Hierdie is duidelik soos daglig poging tot moord, Kaptein van Wyk. Hoe redeneer julle dan?

elenay thompson ·

Ek kan duidelik sien nie baie van julle wat kommentaar lewer het al ooit op plase gewoon nie. Ons koop die lekker bottel wyn op die winkelrak en dit is waar dit stop. Boere werk, het nie heeldag tyd om oor hul skouers te loer nie. Hulle sal steeds oorval word al is die rewolwer heeldag op die heup en ons boere het ons ondersteuning en simpatie nodig in die ondraaglike omstandighede waarin hulle moet probeer voorsien aan ons daaglikse brood. Dink bietjie tweekeer voordat ons mense oordeel. Almal weet altyd presies hoe almal MOES opgetree het.Dankie aan boere wat hul werkers met respek behandel omdat hulle God se Wil wil gehoorsaam.

anton ·

Nou wat stel jy voor is die oplossing as ek mag vra??? Of het jy nie een nie maar val die aan wat probeer raad gee aan die massiewe probleem in die land!!!

Stadsjapie ·

Ek verstaan nie jou punt nie Elenay. Wil jy jouself dus nie beveilig nie, omdat ons ‘wat nog nooit op ‘n plaas gewerk het nie’ nie weet wat daar aangaan nie? En beweer jy boere word net aangeval as hulle hulle werkers sleg behandel? Het jy gesien hoe baie moeite het hierdie man vir sy werkers gedoen, en so ‘n goeie verhouding gehad dat hulle elke aand ewe kom NAG sê? Dat hy hulle op en afgelaai het en moeite vir hulle gedoen het? NIEMAND OORDEEL NIE, kom tog asb oor dit. Ons is bekommerd oor die boere, die ou OORDEEL deuntjie is nou vrek afgesaag! Dink jy regtig boere gaan nie aangeval word nie net omdat hulle hulle werkers met respek behandel? Lyk my JY Was nog nooit op ‘n plaas nie!!

Anele Minnaar ·

Ek verstaan nie hoe kan die man nog regopstaan nie, en hy moes ook al baie bloed verloor het.
En is dit ‘n plaaswerker wat hom “stut”. Baie sterkte, en spoedige beterskap word u toegewens

Monique ·

Hoekom word net een saak geondersoek? Dit is poging tot moord so die mense wat dit gedoen het moet in die tronk gaan sit. Nie net vir steel nie maar vir moord.

Dissie ·

20 keer met ‘n mes gesteek en hulle ondersoek net besigheidsroof? Wat??

Anele ·

Ek verstaan nie hoe kan die man nog regopstaan, want behalwe al sy wonde, moes hy baie bloed verloor het, en is dit ‘n plaaswerker wat hom “stut?” Alle beterskap vir u toegewens

koos burger ·

Hoe werk die regstelsel in die nuwe Suid-Kafrika? Brits boer skiet vrugtedief met pelletgun – poging tot moord sonder borg…swart “mense”steek boer 20 keer met mes en laat hom vir dood agter en dis diefstal? Dalk is die ondersoekbeamte onbekwaam of beskerm hy swartes om polities korrek te wees? Belaglik!

Maro ·

Baie jammer om te hoor. Hoop die Boer herstel vinnig. Tog glo ek al was daar genoeg werk en al maganiseer al die boere sal die aanvalle nie ophou nie. Hulle sal altyd n rede vind en kom dan maar net ongenooid soos ñ dief in die nag. Sterkte aan al die boere. D

Ook n boer ·

Meganiseer meganiseer my rug is al seer… Twak man, kom pluk my appels en pere met n masjien of kom trek my uie op, knip en pak hulle of skeer my skape met n masjien… nee julle weet nie wat op n plaas aangaan nie, ons het skaars geld vir voer en water is gedaan, die warm droë somer lê en wag, die land is honger en ons bloei…. vir ons werkers en deur ons werkers, dan is daar nog diegene wat sê Boere moet water bespaar en boere moet kos en werk genereer en boere moet grond afstaan aan ander….. kom staan bietjie die kant van die draad as jou diere vir jou kyk by n leê krip en droeë suip plek…
Sterkte buurman, mag jy n spoedige herstel hê!

Stadsjapie ·

Dit gaan natuurlik baie help as jy ander mense verkleiner net ‘omdat ons nog nie op ‘n plaas was nie’. Wel hou dan aan met dit wat julle doen en moenie verder by die stadsjapies kom kla nie. Julle WIL nie hulp he nie en julle WIL nie julleself beveilig nie. Tipies boer, hy weet alles, alhoewel hulle maar altyd bakhand staan vir droogtehulp (wat van mense af kom wat NIE op ‘n plaas grootgeword het nie). Al wat ek vir jou kan se SLIM BOER is dat as jy dieselfde doen as wat jy altyd gedoen het die resultate dieselfde gaan wees.

Hoffie Hofmeyr ·

Hoe kan die herhaaldelike dade van aanranding, met duidelike verswarende omstandighede / poging tot moord, nie op die klagstaat verskyn nie??
Dit is mos nou pure verkragting van menseregte.
Nee man, wragtag!! Dinge kan mos nie langer so aangaan nie – dis mos nou openlike aanhitsing tot burgeroorlog hierdie….

Gemsbok ·

In ‘n onlangse boek deur Prof Martin Daly (Killing the Competition: Economic Inequality and Homicide) sit hy navorsing uiteen wat bewys dat ekonomiese ongelykheid ‘n belangrike bydraende faktor is vir moord. Hoe groter die ekonomiese ongelykheid, hoe meer intens word kompetisie vir skaars hulpbronne ervaar deur diegene sonder ekonomiese hulpbronne. Die uitskakeling van die “kompetisie” deur moord word in hierdie omstandighede ‘n natuurlike reaksie vir mense wat minder daartoe in staat is om hulself te reguleer.

Dit is waarom relatiewe armoede ‘n baie sterker korrelasie met moordkoerse toon as absolute armoede. Waar almal ewe arm is (selfs al is hulle uiters arm) word die kompetisie vir hulpbronne en gepaardgaande jaloesie baie minder intens ervaar.

Boere wat poog om hul winsgewendheid te verhoog deur goedkoper arbeiders in diens te neem is dus besig om uiters riskant op te tree. Aan die een kant word die ekonomiese ongelykheid tussen werkgewer en werknemer verhoog en aan die ander kant word die faktore wat die werknemers se optrede sou help reguleer verminder (as nie in die gemeenskap werk waar hy woon nie, is daar minder sosiale druk op die persoon om tot aanvaarbare gedrag te konformeer).

Dit is baie minder riskant om die produktiwiteit van plaaslike werkers te verhoog deur meganisasie en opleiding. Al word daar dan minder werkers in diens geneem, kan hulle meer betaal omdat die winsgewendheid van die boerdery vermeerder, wat dan ekonomiese ongelykheid verminder.

Rooibok ·

JA GEMSBOK maar moet asb net nie vir ‘n BOER raad gee nie. Hulle weet alles, en vra vir JOU om dan hulle masjienerie te kom betaal en vra vir JOU om hulle plek te beveilig en vra vir JOU om te kom help werk op die plase as jy DURF raad gee. Hulle moet maar aansnork. Ek kom uit ‘n familie van boere en hulle het in die VET jare voer bymekaar gemaak vir die MAER jare, nou leef die boere al die geld uit, ry vier by viers, en as dit swaar gaan en daar LEE KRIPPE is, moet die stadsjapies gebottelde water stuur!

Frik ·

Hulle sal nie poging tot moord maak nie,want dan moet hulle werk,en hulle wil nie die statestieke sleg laat lyk nie.

anton ·

Ek dink dit is beter dat ek maar so min as moontelik kommentaar lewer op sulke en soortgelyke berigte!!!

Theresa ·

Verdoemende poging tot moord!! Geweldadige aanranding!!! Betreding op sy eiendom!!! ens. ens. What has the police chief to say about this??!

JanGerber ·

Ha-Ha doodstraf vir besigheids roof? daar is nie eers n saak van pogin tot moord nie.

Verstom ·

Ek bid dat ons Hemelse Vader se Regterhand van Genesing oor Izak sal wees. “Spreuke 3:16 In Sy regterhand is lengte van dae en in SY linkerhand rykdom en eer. Spreuke 3:5 Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.”

Vertrou op die HERE vir genesing en redding van siele in hierdie land na gees siel en liggaam .

Karel Combrinck ·

Dis natuurlik verskriklik wat gebeur het. Tog vind ek dit vreemd dat werkers in groot getalle uit buurlande aangery word om op plase te kom werk. is daar dan nie genoeg hier nie? En wat word van die ingepiekelde werkers nadat die seisoen verby is? Verdwyn gewoon in die landskap en syfer na die kaapse vlakte.

jaen ·

Ons produsente moet ophou om buitelanders in diens te neem,veral ons wynprodusente,die mense kom onskuldig voor,maar eindelik is hulle wreed,hou op om van goedkoop arbeid gebruik te maak,ek het hierdie ding sien aankom die Weskaap is te mak.wat is fout met ons eie mense. Hier is hopeloos te veel buitelanders

Moedeloos ·

Ek stem saam Jaen, maar onthou ons eie mense wil nie vir minimum loon werk nie. Hulle voel hulle is geregtig op meer en die regering sal mos sorg….. Ek wil nie almal onder dieselfde kam skeer nie maar seker plaas werkers sal eerder nie inkomste verdien as om vir minder te werk nie.

Gert Smit ·

Moenie alles aan Sollidariteit oorlaat nie. Het nie n baie hoe dink van hulle nie.

Moedeloos ·

Ek kan nie glo dat mense so selfsugtig kan wees nie!! Die buitelanders wou heel duidelik die oom vermoor. Ek glo nie hulle het gedink hy gaan oorleef nie. So nou sou hulle die ander werkers haweloos en werkloos laat net vir ‘n paar rand?!?! En dis nie asof die Weskaap nie reeds swaar kry nie… Kan hulle nie sien hulle doen skade aan hulle eie vriende en families nie?! Baie sterkte oom!! Jy is in my gebede.

Haan ·

“besighedsroof”
Dit word al duideliker dat die owerhede nie ons vriende is nie maar ons verdomde vyande! Hulle lag in hul mou vir ons klompie wat soos vlië uitgemoor word. Dra jou wapen aan jou sy. Wees daar vir jou mede Afrikaner, en sorg dat jou saak met God reg is… Ons het net mekaar

Theresa ·

Rooibok en Stadsjapie, as ek by Maroela werksaam was, sou ek jul kommentare nie geplaas het nie. Vreeslik onwelkom en onvanpas in hierdie dae wat boere afgemaai word. Hoe kry jul dit oor jul hart om sulke goed uit te stuur?!!!

Karen ·

Verseker Poging tot Moord. My Liewe Vader kyk hoe lyk die arme man en 20 kr met n mes gesteek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.