Werkers, wag hoor oor borgtog

Die drie verdagtes (Foto: Skermgreep eNCA Twitter)

Twee werkers van ʼn Spar-winkel in Carolina en ʼn veiligheidswag is Maandag in die Carolina-landdroshof in Mpumalanga borgtog geweier.

William Viljoen (32), ʼn assistentbestuurder, Hannes Terblanche (29), ʼn ontvangsbestuurder, en Obi Nortje (32), ʼn veiligheidswag, staan tereg op aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering nadat hulle glo twee mans op 14 Augustus ontvoer en in ʼn stoorkamer van die winkel met ʼn ysterpyp aangerand het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê die landdros het hul aansoek om borgtog van die hand gewys omdat dit nie in belang van geregtigheid is nie.

“Die landdros het ook aangevoer dat hulle met getuies kan inmeng en moontlik die openbare orde kan versteur indien hulle op borgtog vrygelaat word,” sê Nyuswa.

Die drie beskuldigdes sal na verwagting weer op 12 November in die landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Twee mans, Thulani Sibanyoni (35) en Thabiso Sibanyoni (22), het glo ʼn kollega van die verdagtes in die Spar-winkel beledig waarna die verdagtes hulle na die stoorkamer geneem en aangerand het.

Thulani is ná die voorval na die hospitaal geneem waar hy op 1 September aan sy beserings beswyk het.

Viljoen en Terblanche is ná die voorval geskors. Die veiligheidsmaatskappy vir wie Nortje gewerk het, is intussen ook met ʼn ander diensverskaffer vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maria ·

Tragies. As die aanranding op 14 Augustus was en die slagoffer is 1 September oorlede sal die vraag ontstaan, by watter hospitaal is die man behandel. Hospitale se diens het baie agteruitgegaan.

Misky ·

Ek het op sosiale media gelees dat die oorledene aan pheumonia oorlede is. Hoe waar dit is, sal mens maar moet wag en hoor. Voel jammer vir die mans wat in aanhouding moet bly indien hulle onskuldig is.

Michael ·

Hierdie tipe ding moet nie gebeur nie, dit is die ANC en EFF se stapel voedsel

Maggies ·

Punt is… Ongeag waaraan die man dood is, dit was onaanvaarbare gedrag van die drie mans.
Hulle sal maar hul straf moet kry.
Ons bid eerder net dat dit ‘n regverdige hofsaak gaan wees en nie ook in ‘n sirkus verander nie.

Thea ·

Leer sommige mense nie uit foute van die verlede nie? Sou dink party mense leer uit die doodskis 2 se verhaal. Kan ook nie dink dat sommige mense vandag nog sulke onbesonne dade aanvang nie.

Olly ·

Een van 2 scenarios, of ‘n sirkus sal ontstaan of hulle sal sekerlik stil, stil van kant gemaak word.

Hercules ·

en so loop Mal-Kop-Emma en sy regterhand, Seefis-Buntu, nog steeds heerlik buite rond, want hulle mag, die cANCerous Dept sorg daarvoor!! #walglik

modiglianigirl ·

Dit is wat gebeur wanneer ons vir mekaar liefde en respek verloor.
Dit is hartseer en so onnodig dat mense met hul lewens moes betaal hiervoor.
Ons is ALMAL GOD se kinders.

Nico ·

Wees net regverdig daar is wat 17 aanklagte van veediefstel het maar kry borg. Goed, wat gebeur het was nie reg nie, hoe word die blankes getart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.