Werkers, wag se borgtog dán aangehoor

Die drie verdagtes (Foto: Skermgreep eNCA Twitter)

Twee werkers van ʼn Spar-winkel in Carolina en ʼn veiligheidswag se aansoek om borgtog het Woensdag in die Carolina-streekshof in Mpumalanga begin.

William Viljoen (32), ʼn assistentbestuurder, Hannes Terblanche (29), ʼn ontvangsbestuurder, en Obi Nortje (32), ʼn veiligheidswag, staan tereg op aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering nadat hulle glo twee mans op 14 Augustus ontvoer en in ʼn stoorkamer van die winkel met ʼn ysterpyp aangerand het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê die verdagtes sal na verwagting weer op 12 Oktober in die hof verskyn wanneer hul borgtogaansoek voortgesit sal word. Hulle bly tot dan in aanhouding.

Die beskuldigdes het met hul vorige hofverskyning aanvanklik hul borgtogaansoek laat vaar.

ʼn Groep betogers het voor die landdroshof byeengekom net voor die verdagtes se hofverskyning.

Twee mans, Thulani Sibanyoni (35) en Thabiso Sibanyoni (22), het glo ʼn kollega van die verdagtes in die Spar-winkel beledig waarna die verdagtes hulle na die stoorkamer geneem en aangerand het.

Thulani is ná die voorval na die hospitaal geneem waar hy op 1 September aan sy beserings beswyk het.

Viljoen en Terblanche is ná die voorval geskors. Die veiligheidsmaatskappy vir wie Nortje gewerk het, is intussen ook met ʼn ander diensverskaffer vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Dit is baie snaaks dat die berig se die man het aan sy beserings beswyk by die hospitaal , want n ander berig se weer hy is oorlede na hy uit die hospitaal onslaan is . Wat sal die ware storie nou wees wonder ek ? Kort en die lank is , ek dink die manne het n hele paar probleme waarvoor hulle nie gevra het nie .

Liza

Ai, baie Dom besluit wat hierdie Jong manne nou geneem het.

Realis Thailand

Ek dink hulle het gevra vir die probleme
Jy rand nie n man aan nie
Ek weet die frustrasie maar nou het hulle baie meer frustrasie ,baie kostes en n moontlike paar jaar losies op staatskoste maw ek en jy se belasting.
Die lykskouing sal wel se waaraan die man oorlede is.
Baie families se toekoms is nou verwoes van die oorledene sin tot hulle eie.

Susan

Ons sal nooit weet waaraan hy regtig dood is ni di nadoodse ondersoek sal se hy is dood geslaan deur hulle ons moet ook betoog voor hofsale waar hulle ons en plaasboere doodmaak

Casper

Hoekom iemand doodslaan omdat hy ‘n ander person bekedig het Hulle lewens was nie ingevaar nie en die aanwend van geweld was onnodig en hulle kan hulle nie beroep op Art 48 van die strafproseswt nie Slegs die nodig geweld as jou lewe in gevaar is