Werkers wat nie middagete neem ‘R500 000 kwyt’

Tweederdes van Suid-Afrikaanse werknemers sit en werk terwyl hulle hul middagete geniet, al is die meeste geregtig op tot ‘n uur lange middagetepouse. Foto: Morné van Rooyen

Suid-Afrikaners doen gemiddeld meer as R500 000 gratis werk deur nie die middagetes te neem waarop hulle geregtig is nie.

Die werksoekwebwerf Career Junction het ʼn peiling onder meer as 3 000 Suid-Afrikaanse werkers gedoen en tot dié gevolgtrekking gekom: As tyd geld is, verloor die deursneewerker in sy lewe ʼn fortuin weens pligsgetrouheid.

Die webwerf sê Suid-Afrikaners word gewoonlik as ʼn ontspanne nasie beskryf, maar wat werksetiek betref, is ons blykbaar van die hardwerkendste mense op aarde. En Career Junction se navorsing bewys dit.

In die peiling is bevind een uit drie Suid-Afrikaanse werkers is geregtig op ʼn halfuur lange middagetepouse, 7% mag 40 minute neem en meer as die helfte ʼn hele uur.

Tog sê meer as tweederdes hulle eet hul middagete by hul lessenaar en 71% sê hulle snuffel op die internet wanneer hulle nie tydens hul middagete iets eet nie.

In Brittanje gebruik net 44% werkers nie hul volle middagetepouse nie, maar in Suid-Afrika is dit sowat 66%. Career Junction meen dis “skokkend” dat 20% werknemers geensins van hul middagetepouse gebruik maak nie en meer as ʼn derde sê hulle verlaat hul lessenaar om ʼn draai te loop en om geen ander rede nie.

Die webwerf skryf ʼn mens moet wonder watter invloed Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer en moeilike ekonomiese klimaat op dié syfers het. “Werk Suid-Afrikaners dalk vrywillig oortyd om te bewys hoe waardevol hulle vir hul werkgewer is en dat hulle onvervangbaar is?”

In die peiling het die meeste respondente aangedui hulle het toegang tot ʼn kombuis en ʼn plek met sitplekke waar hulle weg van hul lessenaar af kan eet. Tog gebruik die meeste dit nie, maar verkies om by hul rekenaar te sit en eet.

Blykbaar speel ʼn tekort aan besteebare kontant ook ʼn rol in werkers se eetgewoontes. Al het 100% respondente toegang tot ʼn eetplek binne 10 minute van hul werkplek af, gebruik minder as die helfte dit en dan ook net af en toe. Byna 60% bring iets te ete van die huis af saam en amper die helfte bestee minder as R100 per week aan middagetes.

Vreemd genoeg het meer as tweederdes van die 3 000 respondente gesê hul werkgewer moedig hulle aan om middagete te neem, maar amper ʼn vyfde het gesê druk word op hulle uitgeoefen om strykdeur te werk, terwyl amper 40% gesê het hul werklas is te groot om middagete te neem.

Gevra hoe dit hulle laat voel om nie middagete te neem nie, het die meeste werknemers gesê “ongelukkig” en “gestres”. As dit nie genoeg rede is vir middagete-verposings nie, sê Career Junction, sal die wete dat al die verlore middagpouses neerkom op 2,2 jaar lange gratis werk vir hul werkgewer hulle dalk oortuig.

“Dit kom neer op gratis werk ter waarde van R512 465 en onnodige tyd wat mense by hul lessenaar deurbring,” het die webwerf bereken. En as jy bo die nasionale gemiddelde van R13 621 per maand verdien, is dié bedrag selfs hoër.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Netso ·

Toemaar hulle maak dit op met hulle foon en knaende ” smoke breaks “!

J ·

Ag kom tog oor dit. Ek rook, my smoke breaks is minder en minder in tyd as die’s wat koffie en tee maak elke uur. Moan ek oor hulle?? nee. Net soos dit jou keuse is om nie te rook nie, is dit myne om te rook.

jaco ·

hierdie studie is seker nie in die SA staatsdiens gedoen nie. daar is sommer die hele dag middagete en word glad nie gewerk nie.

Petro van Wyk ·

Kyk die nuwe KFC advertensie… Dit mag dalk n ad wees, maar dis die realiteit waarmee ons as gewone mense elke dag deel…

Hennie ·

Dis hoe ons is! Dis hoekom ons sukses bereik. Dis hoekom ons gewild is in die buiteland.

Lo ·

Gewild in die buiteland WAS, glad nie meer nie, hulle vat nie lunch nie maar le op die internet.

Johanna Botha ·

Sal graag wil weet wat al die smoke breaks en selfoon gepeuter die werkgewer kos ?

Reinhardt ·

Waarskynlik niks. Meer ure beteken nie meer werk nie, die teendeel is al bewys. In Swede is dit 6uur werksdae, in Nieu-Seeland gaan n sekere maatskappy nou 4 dag werksweke instel nadat n oefenperiode bewys het dat mense meer produktief is in 4 dae.

Nettie ·

Ek rook nie, ek lê nie op ‘n selfoon heeldag of op Facebook of sosiale media nie en ek werk dikwels tot lánk na die offisiële “end of day” elke dag en ek neem feitlik NOOIT ete nie. Ek raak ooi feitlik nooit siek nie, sit dus nooit siekverlof in nie. Wanneer ek gou-gou iets by my lessenaar eet, dís wanneer ek hier en daar ‘n kommentaar of twee tik, soos nou. En raai wat, ek is maar net die ontvangsdame. Meer senior personeel in my kantoor, is omtrent elke 3de dag ‘siek’, kom laat in, verlaat vroeg die kantoor, neem 2 etenstye per dag …………… maar word mý toegewydheid waardeer? Nee, ongelukkig nie – ek dink niemand sien dit eers raak nie.

Frikkie Geld en huis ·

Hul verlaat hul lessenaars…..Bla Bla Bla……. Career Junction het dus hul opname onder ‘n klomp klerke gedoen. Wat van tegniese personeel ??

Eish ·

Ag maar julle kan teem. Ek rook, drink ‘n knertsie, en het ‘n selfoon. Ek het nog nooit ‘n “smoke break” gevat nie, was nog nooit besope by werk, en my foon bly in my handsak. Nie alle rokers is tydrowers nie… net soos alle nie rokers nie altyd die produktiefste is nie. Ons teem net minder daaroor, want ons doen ons werk, en soms joune ook.

Janine ·

Ek stem. My rookery het nooit my werk benadeel nie. Inteendeel, meer produktief as die nie rokers wat hul monde stop met kos en staan en klets die heel dag.

Nix ·

Party rook en ander loop rond en klets… WAT IS DIE VERSKIL?

Piet Pompies ·

My pligte is kantoor gebonde in die vervaardigings sektor en middagete is die tyd wat ander werknemers aandag benodig. Daar gaan my middag ete…

Sê net ·

Ek het my etens uur in gewerk sodat ek vroer kon huistoe gaan.

AmY ·

Ek het vir ‘n bankgroep gewerk, en een van die bestuurders het eenkeer vir ons gesê, dat ons toegewyde werknemers is, ons ons etes sal inwerk.
Dit terwyl hy elke uur die kantoor tien minute verlaat het vir ‘n rookbreuk…

Koos ·

Is daar nie goeie navorsing oor oopplan kantore nie? Teen 13:00 die middag dryf die geraas my teen die denkbeeldige mure uit!

Reinhardt ·

Daar is ongelooflik baie navorsing oor dit. Op die einde van die dag kom dit eenvoudig neer op hoe jy gewoond is aan ander mense. As jy n meer private persoon is soek jy natuurlik jou eie kantoor, as jy n meer sosiale persoon is verkies jy oopplan. Dis n baie subjektiewe saak.
Ek verkies oopplan, slegs omdat ek in n omgewing werk waar ons gereeld kennis deel. Maar as ek gedruk is vir tyd sit ek my oorfone in en sluit myself uit van die buitewereld.

AmY ·

Koos, ek het vir ‘n bankgroep gewerk waar die selfoonradios die hele dag geblêr het, en daar is niks daaromtrent gedoen nie.

Cherokee ·

‘n Vriend besoek ons more vanuit Arabië en het ons genooi vir ete. Al is etenstyd gewoonlik om 1 uur sal ek more om 12 uur die kantoor sluit vir die res van die dag.

zoom zoom ·

Dalk moet iemand van SA statistiek die “shopping malls” in Pretoria besoek dan sal hulle sien hoeveel weermaglede privaat sake doen in werkstyd en dan nog boonop die weermag se motors gebruik om privaat inkopies te doen. Dit nog in uniform sonder hoofdeksels. Dit is een staatsinstelling wat ‘n groot groep mense groot salarise betaal vir niks doen.

Oljetter ·

Hulle doen in elkgeval niks nie. Verdediging is en was nog altyd die planeet se mees onproduktiewe bedryf.

Hanna Hoekom ·

Hierdie opname is beslis nie in die staatsdiens gedoen nie! Geen manier nie. Hulle begin al net na etenstyd slaap (as hulle enigsins vir werk opdaag).

marius ·

zoom zoom, hoe weet jy die weermaglede loop in die winkelsentrums rond en gebruik
staatsvoertuie. Okay, jy werk seker in die sentrum, dit wil se, jy mors jou werkgewer se tyd deur buite die winkel te staan en sodoende die weermaglede raaksien en loop in jou werkstyd in die parkeerarea rond om al die staatsdiens voertuie raak te sien. Seker ook met sigaret tussen die vingers (ek is ook ‘n roker) en ‘n “half jack” in die ander hand. Soos vir al die ander wat kommentaar lewer, wat de m-woord, hoekom is julle nie by die werk nie? Terloops, ek werk nie vir die staat nie.

Nettie ·

@Marius, jinne, het jy nog nooit gehoor van kantore wat glasvensters en -deure het waardeur mens kan sien nie?

Maak mens lui ·

Ek werk al vir 10 jaar sonder om enige breek te vat…..daai half uur maak mens lui en laat die dag langer voel….in my werk kan ek baie gedoen kry in n half uur…..gelukkig werk ek in die buitelug so ek rook whenever in my “kantoor”

J ·

Ons targets is so hoog jy het geen keuse as om in jou etens breuk te moet werk anders kan jy nie jou dag target haal nie en jou meriete pay tjek is daaraan gekoppel. Kliente diens is ook down te drain agv van jou targets. Kliente kla baie oor geen diens of swak diens. Vaste lyn Kommunikasie .

anton ·

Ja wel, ”sekere” werkers in S.A is hardwerkend en bitter baie val nie in daai groep nie.
Ek het ook al in die verlede vir werkgewers alles gegee en amper nooit etens tyd geneem nie en dit het my net mooi nerens gebring nie.
Dit word nie raakgesien nie en eintelik van jou verwag!!!
Die werkslas word net meer vir sekere mense omrede daar ”ander” is wat nie die werk kan en nog minder dit wil doen nie, maar tog elke maand n salaris wil/moet ontvang!!!

lulu ·

jojo maar hier is klomp probleme in die kommetaar
om mee te begin
dit is n “breek” en nie n “breuk” nie
more begin ons by die ABC
ek werk vie die semi staat
al 30 jaar en is 5uur in oggend op kantoor dan kry ek meeste gedoen
n roker ja en gaan so 3 tot 4 keer gou uit vir n “breek”
glad nie etenstyd nie ek het agtergekom dis net die dik mense wat sulke langggggg tye vat om te eet
o ja dan na 9 ure se werk loop ek 3uur en gaan kook kos vir my huismense
en wala ek is die 1 November al 30 jaar hier
wag ek hou jul seker uit jul werk uit en uit myne uit
lekker dag vir almal

Gemaskerde Sopbeen ·

Vir mense wat nooit lunch vat nie, is daar darem ‘n helse klomp wat seker skelm in toilet eet, want waar kom al die vet mense dan vandaan?

bgj van der westhuizen ·

ek het vir n groot usa maatskapy gewerk toe ons kla dat maand betaal te staf geen oor tyd kry nie toe word daar gese dat die maatskapy verwag dat jy oortyd verniet moet werk dit was ook op ras gebaseer wand die swart staf het geen oortyd gewerk as hy nie betaal word nie dit hulle is betaal

Leon ·

Sjoe maar dit is baie info om te verwerk.
Ek sal eerder môre in die kantoor alles gaan lees. Ek kan nie vandag nie, want ek slaan 08h23 af op die golfbaan.

Ben ·

HUlle het duidelik nie by die SAPS die studie gedoen nie , Hulle werk een uur n jaar

Poot ·

@Ben

Ai Ai Ai ou Ben. Hoekom nou die SAPS uitsonder? Wat doen jy huidiglik? Lees Maroela Madia en lewer kommentaar. BAIE produktief van jou ook moet ek sê.

TP ·

Is nou al meer as 25 jaar ‘n “Corporate”. Ongeag waarop ek geregtig is (etenstyd) word daar snedige aanmerkings gemaak as jy dit WAAG om ete weg van jou lessenaar te neem!

se maar net ·

ons moet deur middag ete werk omdat ons die rokers wat meer as 4 ure per dag buite staan en rook moet dra, dit maak my siek

lolla ·

glo my ek het saam met mense gewerk wat maklik meer as n uur gaan le en slaap as mindagete en dan vat hulle nog tyd om te eet ook….en dan moet ander maar instaan want soms moet iemand voltyds toesighou…. en dan word tee tye ook gereeld gevat ….en die res van die tyd pas hulle of die foon op of bel vriende op die speeddail by ander sentrums vir gesels… en ja dan is baie se werk ‘heater-hopping’ veral in die winter…van een heater na die volgende…. dit gaan dan as ‘observasie’ werk… so die paar wat breek vat is die die probleem nie….

Baardman ·

Gaan nou terug na julle lessenaars toe ,julle het mos nou klaar geklets,gerook en koffie gedrink.Dankie

DeVill ·

Daar is dood eenvoudig net nie nou tyd vir “lunch” nie.
In my bedryf moet die wiele op die wa bly, maak nie saak wat die tyd is nie.
Jy moet maar so happie deur die werk vat, sluk vinnig die warm koffie af en laat wiel my vriend, die werk staan!

Rokers is die ergste. “Wanneer kan ons ‘n “smoke break” kry? “Kan die vergadering nie net vir so 15min verdaag nie, ons wil rook!”. “Net vinnig ‘n laaste rokie voor ons begin!”
Dit is so pateties dat dit so houvas op mense het, hulle kan net nie daar sonder nie en is hoogs beneuk as jy hulle nie die geleentheid gee om te gaan rook nie.
Tyd dat rook by die werk verbied word. As jy wil rook, gaan doen dit by jou huis!

Ore ·

Ek sou graag ‘n studie wou sien om te bepaal hoeveel onbetaalde tyd vir maatskappye gewerk word.Voor werk,tee/etenstyd en na ure.Kyk maar hoe sit mense voor hulle Tablets/Laptops in koffiewinkels/restuarante ens.E-posse word sonder respek deur bestuur gestuur en verwag hulle ook vinnig terugvoer.Wat is tog nou so belangrik dat werkverwante dinge op ‘n Sondag gerapporteer moet word? Kla jy daaroor,dan word daar vinnig vir jou gevra of jy wil werk of nie/wees dankbaar jy as blanke man het nog werk.Maatskappye boelie werknemers.Ek sien banke doen nou ook fluks op Sondae besigheid.Waarom?

charmaine ·

Met fleksie tye kom en gaan mense soos hulle wil. Ek persoonlik hou nie daarvan om winkels toe gaan nie en bring ook elke dag my ontbyt en middagete, alhoewel Brooklyn Mall om die hoek is, ek verkies om etes by my tafel te neem terwyl ek n lekker boek lees.

TASJA ·

dik mense?????? dis onvanpas en maak glad nie sin nie? baie onbeskof van jou!!
groete dikkes (wat my kos moet inwerk in 5min)

Martina ·

Ek het vir n maatskappy gewerk wat middagete vat, toilet toe gaan die grootste vloekwoord en sonde was vir hulle. En as ek 17h00 wil huistoe gaan, o hell dis om jou baas se keel te sny en dan moes ek hoor hoe ek nerens in die lewe sal kom nie en en ……. Ek het toe48 uur kennis gegee en geloop. En natuurlik is ek eers sleg gese voor ek kon loop. Jip ons het geen regte meer nie

Theresa ·

Ag nee, dis sommer nonsense dat hul jou (en ander) so behandel het.
Die Arbeidswet het bepalings in wat elke werkgewer MOET nakom, of hul nou dink hul is daarbo verhewe of nie.
Bly jy kon daar weggaan. Hoop jy werk nou onder beter werksomstandighede.

sandra ·

Gaan lees bietjie die indiensnemingswetgewing. Jy is veronderstel om soggens ‘n breuk van 15 minute, ‘n etensbreuk van 45 minute en weer ‘n namiddag breuk van 15 minute te neem. Die rokers se tyd wat hulle dus mag gebruik is 75 minute deur die loop van die dag. Jy kan ‘n sigaret in 7 minute kafdraf. Ek rook nie, neem ook nie ete nie en nee, ek neem ook nie die 30 minute breuke nie. Ek loop ‘n draai en dan terug by my lessenaar. Wonder wat sal word as almal by die wette hou…

Caroline Husselmann ·

Nonsens man dit wil se jy kry R1 923 per uur. Nie almal kry sulke groot salarisse nie en werk in dorpe en nie die stad nie. Hierdie is nou net om onmin te saai tussen werknemmer en werk gewer. Ek is baie dankbaar vir my werk en sal nog my middag etes werk want hulle kom my te gemoed as ek my kind by die skool moet optel en ballet toe vat en gaan haal by ballet ens… Regtig.

Vlam ·

Hmmm gou so vinnige berekening gedoen, nasionale gemiddeld van R13 621.00/m gedeel deur 21.67 dae/m = R628.56/d gedeel deur ‘n gemiddeld van 8 ure per dag = R78.57/uur maal met 21.67(1 uur ete per dag) ure(per maand) = R1 702.61/m maal dit met 24.2 maande (2.2 jaar periode) = R41 203.16. Weet nie hoe kom hulle op hulle bedrag van oor die R500 000.00 vir ‘n 2.2 jaar periode nie. Help my reg as ek verkeerd is asb!

Reetz ·

Wel ek is dan een van die gelukkiges. Ja ek werk langer ure en neem nie middagete en ek rook so 4keer per dag maar weet julle wat?! Die dag as my kindjie siek is, en ek as enkel mamma het geen ander keuse as om van die huis af te werk nie laat my baas dit toe. As ek uit die kantoor moet wees vir persoonlike redes tel sy nie die minute nie want sy WEET ek sal dit weer op maak. Ek voel jammer vir die mense daarbuite wat so moet werk en sal ekstra groot dankie vanaand sê vir God vir ‘n baas met compassion wat sien ek doen meer as wat ek moet en my vertrou, ek voel ‘n veer vir die kamstige R500k

VanAfrika ·

Jammer vir julle rokers, my koffie vat 3.5 min in die mikrogolf om gemaak te word, nou nie melk koffie nie, kwart melk en res water het dieselfde effek as melk koffie, net ingeval julle dit ook wil weet, Drink n koppie in die oggend en een in die middag. Ek eet ontbyt by my lessenaar so ook middagete. Ek sit my bene meeste van die tyd lam want werk moet daar werk gedoen word. Sou ek iets wil weet of bevraagteken moet ek na die roker toe gaan wat al vir 45 minute elke uur buite staan en rook (nogal bestuur). Buiten dit word daar na wegneemetes toe gery want ons het nie n kanteen nie. Dit vat twee ure en dan moet hulle nog by die werk kom eet wat n verdere uur vat. Dan word daar deur dieselfde rokertjies gekla dat hulle “so besig” is dat hulle tot 1uur soggens moet werk want hul werkdruk is so baie en dan eers 9uur of half tien by die werk ingedrentel kom, eers koffie maak en dan n sigaret gaan rook voor daar weer vir 5 min gewerk word. Ek sit en klits klets nie heeldag saam ander kollegas nie en is die heeltyd by my lessenaar. Maar behoede my as ek een etenstyd vat wat langer as my half uur is net om gou dringend bank toe te gaan (een keer n maand) of soos vandag gou my kar lisensie by die postkantoor te gaan hernu.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.