Werkersdag: Nie veel om te vier nie, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens die Werkersdagvieringe in Kaapstad (1 Mei 2017) Foto: DA, Twitter

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Maandag gesê werknemers in Suid-Afrika het nie veel om te vier nie, weens hoë vlakke van werkloosheid en pres. Jacob Zuma se regering wat nie meer vir hulle werk nie.

“Drie-en-twintig-jaar later het die tyd aangebreek om die mag weg te neem van ʼn regering wat nie meer vir ons werk nie. Vandag voel dit of daar nie veel is om te vier nie,” het Maimane gesê. “Ons het die vryheid om te werk, maar 9 miljoen van ons susters en broers, pa’s en ma’s, seuns en dogters, het nie werk nie.”

Hy het sy toespraak gelewer by die DA se Werkersdagvieringe by die Blue Downs-stadion in Kaapstad. Bonginkosi Madikizela, waarnemende provinsiale leier van die DA, het by hom aangesluit.

Hy het gesê miljoene sal hul werk verloor as Zuma sy wil kry. Hy het gesê Zuma het die regering in ʼn “misdaadsindikaat” omskep en die nasionale tesourie is sy persoonlike “spaarvarkie”.

“Jacob Zuma se leuenagtige, stelende, bedrieglike regering is verkeerd. Dit hou nie by die regverdige reëls van die spel nie. Dit lei Suid-Afrika in die verkeerde rigting. Dit breek ons ekonomie af en verhinder ons vermoë om werk te skep vir miljoene mense,” het Maimane gesê.

“Jacob Zuma praat oor radikale ekonomiese transformasie, maar wat hy bedoel is radikale verryking van ʼn klein elite, insluitend sy vriende, die Guptas. Ons ekonomie het nie Zuma se radikale transformasie nodig nie. Dit het ʼn algehele modernisering nodig, want ons ou ekonomiese praktyke werk eenvoudig nie.”

Maimane het gesê die land het diegene, sonder kapitaal, nodig om weer die kapitaalmark te betree en dat klein ondernemings die middelpunt van die ekonomie moet wees en dat hulle deur ʼn bekwame staat ondersteun moet word.

Hy het gesê die mense is nie die probleem nie, maar die regering maak dit baie moeilik vir mense om suksesvol te wees.

“Wanneer jy ʼn regering het wat vir almal werk, kry jy ʼn ekonomie waar almal werk. Wanneer die regering vir almal werk, kan jongmense skool verlaat met die vaardighede wat hulle nodig het.

“Wanneer die regering vir almal werk, word die water-, elektrisiteit-, vervoer- en kommunikasie-infrastruktuur gebou wat nodig is vir ondernemings om te groei en suksesvol te wees. Dan word die beste, slimste, mees bekwame en ervare mense in die kabinet aangestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

zahn ·

Daai laaste sin maak glad nie sin nie hoor. Daai tipe mens kyk verby politiek.

Jaco ·

Kom ons hoop die DA neem oor en kry die land weer uit die gemors

Michael ·

Jammer dat ons nie ‘n staat van die VSA is nie dan was Trump ons president en bekwame leiers in die parlement.

Francois Du Plessis ·

SA het regtig ‘n eislike probleem op hande. Die ANC en DA klink beide of hulle n komministiese beleid wil volg en die vryemarkstelsel wat die enigste stel is wat deur waarde toevoeging werk skep pas nie die massas wat moet stem nie. SA het nou n baie grooter wonder werk as in 1994 nodig. Is daar nog erens in SA n leier oor wat nie die pad byster geraak het nie? Gaan SA nou soos sy vriende in BRICS die koministiese stelsel volg en dit net nie komminisme noem nie? SA weet beslis nie waarvoor hulle meer stem nie, 30 jaar terug is ons gewaarsku teen die wapen in die kommie se arsenaal. Soos n padda wat stadig begin kook in die water, sal dit eers besef as dit heeltemal te laat is. Die feit is dat self die DA se uiters swak beleid nou al goed lyk, net omdat die ANC so n groot gemors aanvang. Die DA sal beter vaar as die ANC maar dit is geen resep om SA te red nie. Mag julle genade ontvang van ONS HEMELSE VADER en mag julle besef dit is al wat julle kan red en julle wil nie noodwendig Sy wil is nie.

John ·

En skielik kan Mmusi Afrikaans praat… glo die taal van kolonialiste, wow, en Zuma is so gestres hy praat en hoes nou net in Zoeloe… AfriForum slaan die yster terwyl hy warm is…

Bruno Stef ·

En as jy alle uitsprake van die onderskeie Unies en Politieke Partye mooi ontleed is die boodskap min of meer dieselfde dit hang net af wie die hardste skreeu /lieg en intimideer. Kommunisme en sosiolisme is ons voorland en ons minderheid blankes kan nie eers mekaar ondersteun nie weens die verraad in ons eie geledere.Die wat kan en veral die jonger geslag wyk uit na die buiteland die kool is die sous nie werd in n plek soos SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.