Werkersdag: Uitjouery beplan om Zuma te verneder, sê Magashule

Lede van Cosatu tydens Werkersdagvieringe (1 Mei 2017) Foto: Cosatu, Twitter

Ace Magashule, voorsitter van die ANC in die Vrystaat en premier van die provinsie, het Maandag gesê die uitjouery van pres. Jacob Zuma en die gevolglike ontwrigting van Cosatu se Werkersdagvieringe in Bloemfontein was beplan om die staatshoof te verneder.

Maroela Media het vroeër berig alle toesprake is gekanselleer toe Zuma by Loch Logan opgedaag het voor ʼn skare wat “Zuma must fall” gedreunsing het. ʼn Tweede groep het pro-Zuma-krete geskree.

“Dit was vooraf beplan om die leierskap te verneder. Daar is mense wat dit beplan het. Ek het gehoor daar is mense wat hierdie byeenkoms wou ontwrig wat nie eers van hierdie provinsie is nie. Ons het ons video’s geneem, ons sal dit analiseer. Ons vergader môre met alliansie-beamptes,” het Magashule gesê.

“Ek weet dit was ʼn nasionale byeenkoms, maar ek sê net mense in hierdie provinsie is gedissiplineerd. Dit is ʼn vernedering, maar ons het vir hierdie vryheid baklei. Ons het geveg vir werkers se regte.”

Magashule het ʼn boodskap vir leiers in die drieparty-alliansie ANC, SAKP en Cosatu: “Diegene wat ons wil bestuur en na die media toe gaan, asof hulle nie interne konflik het nie, vir hulle sê ons julle veroorsaak ʼn gemors vir hierdie land.”

Hy hou vol die “massas” is lief vir Zuma.

“Die mense ondersteun steeds Jacob Zuma. Miljoene van ons mense het vir die ANC gestem. Kyk waar Zuma gaan en kyk hoe word hy ondersteun. Dit gaan nie oor Zuma nie. Die vyande van die ANC weet hulle moet Zuma aanval. Hulle het [vroeër] Mandela en Mbeki aangeval. Nou val hulle Zuma aan. Hulle sal enigiemand aanval wat die president van Suid-Afrika word – om die ANC te verswak,” het hy gesê.

Zuma se lyfwagte het Maandag vinnig met hom weggery nadat dit duidelik was dat talle vakbondlede hom nie sou toelaat om te praat nie. In een stadium het die polisie voor ʼn grensdraad gaan staan tussen die skare en die markiestent waar Zuma gesit het, toe die mense teen die staalheining begin druk het.

Zuma het afgehaal gelyk toe hy tussen Sdumo Dlamini, president van Cosatu, en Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, gesit het. Die president het toegekyk hoe die twee groepe met mekaar baklei het. Hy het die byeenkoms kort daarna verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

pieter ·

Siestog seker nou weer Jan Van Riebeeck se skuld of die wittes. Dis julle eie mense wat in opstand kom so Mnr Zuma maak oop jou oe klappe jou mense soek jou nie meer nie. Die ANC het van Mbeki ontslae geraak niemand ander nie.

dit is ·

teeniir zuma was mbeki n mirakel van eerlikheid en eerbaarheid. maar die hele ou sous wat die anc is, is bewe-bang vir zuma. hy was mos jare lank mk leier. hy ken hulle geheime. as dai geheime uitkom gaan die NP so wit soos sneeu wees. al die onheile wat op die np gelaai was, sal elders n heenkome vind. gewaarborg.

Piet ·

Nou wie wou nou weer kastig vir Mandela en Mbeki aanval, wat nog steeds aan die werk is? Siestog dis al weer die blankes wat alles orkestreer. Het hulle nou nog nie agter gekom dat die regse blanke sal nie saam met die DA gaan toitoi nie?

Vryheid ·

Magashule jy kort n bril. Die massas is moeg vir die leuns. Hou op om te dink dat die massas julle ondersteun hulle is ook moeg vir die twak stories en lee beloftes.

joe1975 ·

Seker wit kapitaliste en apartheid se skuld. Hy sal dit as verskoning gebruik om grond te vat.

Niklaas ·

Wanneer gaan hy die boodskap kry wonder ek. GROOT is my vreuge want hy sou net verder onmin gesaai het.

AL ·

Niklaas ek stem saam met jou. Hy probeer net verdeeldheid saai om sy onbevoegdheid weg te steek. Pleks van die land stabiel en voorspoedig te regeer, dink hy eerder konkelwerk uit. Die ou Bybelse waarheid kom weer na vore: wat jy saai, sal jy maai…

humor ·

Magashule nou wat is die verskil of dit vooraf beplan is of dit op die oomblik spontaan plaas gevind het? Die waarheid is jou eie mense g@tvol. Jy besef al te goed jul rol is besig om uit te speel.

Johan ·

Mense, julle verstaan nie die psige van die Afrikaan nie. Toe die ANC ontslae geraak het van Mbeki het hul in hul oë ‘n fout herstel. Deur nou van ‘n tweede president, hoe sleg ookal, ontslae te raak sal in hul gemoed ‘n erkenning van swakheid/mislukking wees. In Afrika is swakheid so goed soos ‘n doodsvonnis. Die ANC sal dus Zuma sy termyn laat deursien, ” come hell or high water”.

Ben Prinsloo ·

Robbert, van die mooiste kommentaar wat ek in n lang tyd gehoor het. Raak opgesom.

O aarde ·

Ace is baie bekommerd. Hy en sy familie steel net so lekker hier in die Vrystaat. Dis nou as niets iets word. Hy sal weer die oumense se pensioen moet begin steel as hy uit die politiek is, soos hy en sy tjommies lank terug gedoen het.

Justice ·

Magashule jy kan jou uitspraak kwalifiseer deur te se dat sy eie nasie hom verneder en weggejaag het. Hier was nou geen blankes betrokke nie wat die vernedering nog tien keer groter maak.

Scalla ·

Ace, hoop hul sien jou reg oor jou mini Nkandla opgraderings by jou privaat woning, jy hou mos van onthaal, mag hul jou verras, brak byt brak

dit is ·

vertel vertek scalla. ek kan nie wag om van magashule se mini nkandla te hoor nie. nkandla is isiZulu vir kers indien ek dit nie mis het nie. dalk is magashule se mini mansion se naam laaitielê. hie hie hie. dis magashule vir lig. (of is dit ek volgen in die spore van my leier?)

Luister ·

Lyk my die ANC se kaartehuis is nou besig om inmekaar te val. Hallelujah!

Zirk ·

Wat opmerklik was vd uitsprake vd ANC leierskap van die afgelope 23 jaar, is dat hulle altyd geveg het, of baklei het vir vryheid of een of ander saak. Die woord WERK word nooit gebruik nie. Dis asof die massas altyd met die woorde VEG en BAKLEI tot aksie aangespoor word. Is dit nie dalk 23 jaar se opsweep, wat nou tot uiting kom nie.? Die heimlik lank verwagte rewolusie.? Maar heel verkeerdelik, vreet hond nou vir hond.
Ek kyk op TV. Die altyd alomteenwoordige, uitbundige gelag by die bymekaarkoms van die haïnas,.sien mens nou net strak gesigte.!

Callie van der Merwe ·

Ag sies tog Ace, verskonings raak nou min! Dit maak eintlik nie saak waar die mense vandaan gekom het om die boodskap vir jou president te gee nie. As hulle van ver af gekom het is dit eintlik nog meer verdoemend! Wys jou hoe sterk hulle oor die saak voel!!

THEA SWART ·

EN DIT IS NOU SWART TEEN SWART SEKER OOR RASSISME SE SKULD – ZUMA HET JY RERIG GEDINK DIE MENSE WAT JY LAAT HONGER SLAAP GAAN VERGEET EN AANGAAN MET HULLE LEWE – HULLE IS NOU BAIE BETER GEWOOND SO TREK OP JOU SOKKIES EN DOEN IETS VIR JOU MENSE ANDERS IS 2019 GOODBUY VIR ALTYD

John ·

Ace is binnekort ook op die lys vir heldeverering en nuwe ministers. Ons het juis te min…

etienne weidemann ·

Elke hond kry sy dag maar hierdie vark kry ‘n lang naweek.

Andre ·

Ja Ace, daar is ‘n ou gesegde wat se ; ‘As jy jou self as ‘n toffie uitgee moet jy bereid wees om gekou te word ‘. Dra sommer die boodskap aan oh zoempie oor, hoor.

SARIE VAN HEERDEN ·

Zuma het geen selfrespek nie maar senuwee van staal het hy beslis om al die vernederings te absorbeer wat hy toegedien word. Ook het hy nie ‘n keuse nie behalwe om te bly sit nie want hy is afhanklik van sy salaris (en toegifte van “ander”) om sy swetterjoel kinders en klomp vrouens te onderhou. Hy speeel nou vir tyd en al wat hy doen is om sy lippe van oor sy tande na binne te suig en beangs rond te kyk of iets nie gaan gebeur nie. Zuma is so in ‘n hoek gedryf dat ek nie weet wat hom daaruit sal kan bevry nie. As hy so hie-hie-hie lag en sy lippe so styftrek oor sy tande is dit ‘n bewys van sy ongemak en vrees v ir wat volgende met hom sal gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.