Video: Werkherstelprogram van miljarde rande ingestel

konstruksie-bou-boubedryf-siviele-01

Foto: Jacek Dylag/Unsplash.com

Solidariteit het ’n Werkherstelprogram met ’n begroting van R4,7 miljard bekend gestel. Die program gaan oor die volgende vyf jaar ingestel word.

Volgens Solidariteit is die Werkherstelprogram ontwikkel in reaksie op die versnelling van staatsverswakking en druk op die ekonomie en werkskepping weens die Covid-19-inperkingsregulasies. Solidariteit beskryf dit as ’n massiewe selfhelpprogram uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Die slagspreuk van die veldtog is: Ons sal self.

Die program word deur verskeie werk- en opleidingsinstellings van die groter Solidariteit Netwerk van Werk moontlik gemaak.

Dit sluit nuwe arbeidsverhoudingeprosesse, ’n netwerk van beroepsgildes, ’n interaktiewe werksplatform, welstandprogramme, studiehulp en omvattende opleidingsplanne in. Nuwe kampusse vir Sol-Tech en Akademia en ’n nuwe Afrikaanse skoolstelsel van wêreldformaat vorm alles deel van die omvattende planne.

Begrotings en strukture is heraangepas om die versnelling van planne moontlik te maak.

“Covid-19 het agteruitgang versnel, maar daar was reeds strukturele probleme voor Covid-19. Ons plan kan dus nie ’n korttermynreaksie op Covid-19 wees nie, maar eerder met langtermyn- strukturele probleme in die land werk,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Die Solidariteit Werkherstelprogram is die grootste opstaanprogram in die 118 jaar lange bestaan van Solidariteit. Covid-19 het die regering finaal ontmasker. Ons kan nie meer op die staat staatmaak nie. Die gemeenskap moet self verantwoordelikheid neem.”

Die Solidariteit Werkherstelprogram is gevestig op drie bene, naamlik werk, welstand en opleiding.

Solidariteit-personeel gaan heropgelei word om vir werkherstel tydens kollektiewe bedinging te onderhandel.

Solidariteit het ook bekend gemaak dat hy ’n netwerk van gildes gaan stig. Beroepsgemeenskappe gaan help dat jongmense toegang tot beroepe verkry en gaan self verantwoordelikheid neem vir werkherstel in die beroep.

’n Nuwe interaktiewe werkplatform is ook op pad. Werk, mentorskappe, internskappe, opleiding en dienste gaan op dié platform gefasiliteer word.

Solidariteit Helpende Hand het ’n welstandbarometer ontwikkel om te help om mense op alle vlakke gesond te hou. Die Werkherstelprogram fokus dus nie net op werk nie, maar ook op die mense wat die werk verrig.

Die groot fokus van die Werkherstelprogram is opleiding. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum gaan verantwoordelikheid neem om te help om Afrikaanse onderwys van wêreldformaat nou en vir die toekoms te verseker.

Sol-Tech het bekend gemaak dat sy nuwe kampus reeds in 2021 gereed gaan wees en dat die proses om koshuise te bou reeds begin het.

Akademia gaan in 2021 voltydse eerstejaars op die Centurion-kampus ontvang en beplan om ’n nuwe kampus van R1,5 miljard te bou.

Die Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum gaan in 2021 meer as R40 miljoen in die vorm van studiefondse uitbetaal.

Die instellings binne die groter Solidariteit Netwerk van Werk wat die program moontlik maak, sluit in Solidariteit, die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, die eiendomsmaatskappy Kanton, Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding, S-leer, Solidariteit Helpende Hand Studiefondssentrum, SFD, die Solidariteit Boufonds en die Solidariteit Beleggingsmaatskappy.

’n Nuwe Afrikaanse lied, “Ons sal self”, wat deur 16 van die land se voorste sangers opgeneem is, is ook bekendgestel.

Kyk die regstreekse uitsending van die program hier:

Virtuele bekendstelling: Werkherstelprogram loodsing

KYK DIE BEKENDSTELLING HIER! #OnsSalSelf Die Werkherstelprogram is Solidariteit se unieke oplossing tot ’n volhoubare toekoms. Afrikaners se voortbestaan rus op drie pilare: werk, welstand en opleiding. Kom wees deel van ons eie oplossing. Skryf jou naam op! Klik hier: https://solidariteit.co.za/werkherstelprogram-gids/

Posted by Solidariteit on Thursday, October 8, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eiervrug ·

So opgewonde om hiervan te lees. Definetief ‘n paar liggies aan die einde van die tonnel wat darm nou weer helderder kan brand.

Adam Adriaan ·

Uitstekend. Almal moet betrokke raak. Eendrag maak Mag!!!!! Eenigste manier om van slawnery ontslae te raak.

Vriendelike Frikkie ·

Ek hoop die keer sal ons “Eendrag maak mag” laat werk. Dwarsdeur die Blanke se geskiedenis het hulle nog nooit saamgewerk nie. Daar is juis ‘n grap wat al jare loop wat sê as jy 10 Boere in ‘n kamer toesluit het jy binne 4 ure 3 nuwe politieke partye 5 nuwe kerke, 2 nasionale rugbyspanne en 7 nuwe skool kurrikulums. En die helfte wil noorde toe en die ander wil Durban of Kaap toe trek. 3 Sal klaar gepak wees vir Perth.

Mossel ·

En wanneer dwing die regering weer Aan dat 99% swart moet wees… weer geen geleenthede vir ins kinders nie.

Diets ·

En dis hoekom ons Afrikaners so gehaat word. Die minderheid wys die meederheid hoe dit gedoen moet word. Ons laat ons nie onderkry nie. Welgedaan!!!!

Deon ·

Ons is so bly mense begin saam staan ons sal 15% terug gee vir elke projek waar in ons slaag aan Solidariteit vir meer ontwikeling en opleiding vir ons kinders se toekoms.Skakel ons gerus.

Hercules ·

behou tog net asb julle naam as “Solidariteit” sodat die cANCerous Gov nie weer ‘n “solidarity” naam begin en mense dink dis die regering wat werk skep nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.