Werkloosheid in Suid-Afrika is ‘rampspoedig’

Argieffoto (Foto: Myriam Zilles/Pixabay)

Politieke partye het Dinsdag reageer op Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) se onthulling dat Suid-Afrika se werkloosheidskoers in die derde kwartaal tot 29,1% toegeneem het.

Dit is die hoogste syfer in 11 jaar en ʼn effense styging van die vorige kwartaal se 29%.

Heloïse Jordaan, VF Plus-LP, het dit as “rampspoedig” beskryf. “Die regerende ANC se ondeurdagte en populistiese beleidsrigtings, asook sy gebrek aan die politieke wil om werkloosheid te bekamp, vererger die situasie,” het sy gesê.

“Beleidsrigtings soos onteiening sonder vergoeding, wat beleggersonsekerheid veroorsaak, sowel as ander regeringsmislukkings soos die algehele gebrek aan dienslewering en die vernietiging van plaaslike regering, bevorder hierdie rampspoedige situasie.”

Volgens Jordaan kan ʼn ekonomie nie floreer wanneer die mees basiese dienste in munisipaliteite nie gelewer word nie. “Plaaslike ekonomieë word gekniehalter deur swak plaaslike regering wat die ekonomiese uitsette van plaaslike ondernemings demp en werkskepping beperk.”

Die druk op die fiskus wat deur oorbodige salarisrekeninge vererger word, is ook ʼn onvolhoubare situasie. “Die staat het ʼn werkgewer in plaas van ʼn werkskepper geword.”

Jordaan het bygevoeg die ANC het in 25 jaar aan bewind klaaglik daarin misluk om ʼn gesonde ekonomie met volhoubare werkskepping te bewerkstellig.

“Die staat se salarisrekening is onvolhoubaar hoog en sal besnoei moet word. Dit sal ongelukkig aanleiding gee tot ʼn selfs hoër werkloosheidskoers, wat die toedoen van die ANC self is. Die ANC kan Suid-Afrika nie meer regeer nie. Miljoene mense is werkloos, honger, arm en sonder die mees basiese dienste soos water- en elektrisiteitsvoorsiening terwyl die regerende party hom deur vakbonde laat voorskryf. Daar moet erns gemaak word met hierdie krisis.”

Bobby Stevenson, die DA se hoofsweep in die Oos-Kaapse wetgewer, het op sy beurt gesê Oscar Mabuyane, premier van die provinsie, het geen oplossing om die stygende werkloosheidskoers in die Oos-Kaap te bekamp nie.

Volgens StatsSA het die werkloosheidskoers in die Oos-Kaap in die derde kwartaal met 1,1% gestyg, van 35,4% tot 36,5%.

“Die Oos-Kaap het steeds die hoogste uitgebreide werkloosheidskoers in die land, naamlik 46,5%. Dit beteken 1 221 miljoen mense in die provinsie het nie werk nie. Dit is 37 000 meer mense as dieselfde tyd verlede jaar,” het Stevenson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hanna ·

Selfbeskikking sal werk skep soos ons nog nooit gesien het nie.

Cherokee ·

Hanna, ek is nuuskierig oor wat julle bedoel by selfbeskikking. Solank selfbeskikking nie ‘n tuisland vorm aanneem nie, sal dit beslis werk. Maar nie wanneer die ‘n Orania tipe idee is nie, want ek sal nie my vaste eiendom(me) verkoop en verhuis na plattelandse vol drome nie. Die enigste mense wat dan sal geld maak is meubelvervoerders. En glo my, ek is deel van die oorgrootte meerderheid. Het ‘n droom verwesentlik om te woon waar ek woon. Ek herhaal, selfbeskikking terwyl ons bly waar ons gevestig is, is wat ons wil hê.

Deon ·

Die lewe is nie altyd so eenvoudig en maklik nie Cherokee. Opofferings sal gemaak moet gemaak word. Jy kan vergeet om gerieflik in jou SA huis êrens in ‘n voorstad te woon, naby mooi winkelsentrums. Maar daar sal jy deur die ANC beheer word tot jou dood. Selfbestuur wat jy voorstaan is ‘n foefie wat mense gaan bedrieg en boonop geld kos. Ek woon in Pretoria. Dinge hier verswak vinnig en die water is op. Ek woon gerieflik, maar besef daar sal ‘n tyd kom om weer van vooraf te begin.

Adam ·

Cherokee, ek hou van jou idee en sal graag indien jy die tyd het, so bietjie ekstra inligting van jou kant af daaroor op die forum wil sien. Soos jy weet kom ek uit die ou Prog federale stal en alhoewel ons oor sommige aspekte verskil is daar ook groot ooreenkomste in dit wat ons graag wil sien gebeur.

Cherokee ·

Adam, artikel 235 van die Suid-Afrikaanse Grondwet erken ‘n gemeenskap se reg tot selfbeskikking binne die raamwerk van die Grondwet en die wet. Dit wil sê binne die raamwerk van die landsgrense en wetgewing.
Hierdie is absoluut uiters kompleks, maar onthou jy die Nasionale Party se pogings sowat 4 dekades gelede, om geskille op te los met beloftes van ‘n 3 kamer parlement? Dit, indien dit volvoer sou word, kon die oplossing gewees het.
Nasionale selfbeskikking. Skepping van nasionale regeringsinstellings deur ‘n groep mense wat hulself as ‘n onderskeie nasie beskou (byvoorbeeld omdat hulle ‘n gemeenskaplike taal het). Nasionale selfbeskikking is absoluut nie kolonialisme nie maar bloot die reg op selfbeskikking, die reg van ‘n volk om sy eie bestemming te bepaal. Die beginsel sal die volk toelaat om eie politieke status te kies en om eie vorm van ekonomiese, kulturele en sosiale ontwikkeling te bepaal, maar steeds soos ek vroeër gesê het, onderhewig wees aan die grondwet van die land.
Dit sal vreeslik maklik wees om turksvy-vrae te vra oor wat ek hier noem, want die oplossings sal nie sonder deeglike navorsing uitgefasseer kan word nie, maar mi is dìt wat selfbeskikking beteken.

Adam ·

Dankie Cherokee, ek waardeer jou moeite en dit is inderdaad ‘n interessante perspektief. Die driekamer parlement sou eintlik ook ‘n vierde kamer gehad het vir die swart bevolking, maar die wou destyds nie daaraan deelneem nie. Jy noem heel tereg dat ‘n horde turksvy-vrae gevra kan word, maar daar is verseker meriete in die tipe argument. Mense word so maklik as konserwatief of liberaal geetiketteer, terwyl dit algemeen is dat iemand wat bv kulturele sake aanbetref meer behoudend is terwyl sy siening oor ekonomiese sake weer meer liberaal is. Ek het nog altyd geglo dat ‘n mens redelik pragmaties moet wees en soek na oplossings wat kan werk en vergeet van die ideologiese snert wat die meeste politici verkondig.

Cherokee ·

Dankie van my kant af ook Adam, vir jou uitwysing dat mens inderdaad ‘n liberale konserwatis (of andersom) kan wees wanneer jy konserwatiewe kultuur met liberale ekonomiese uitkyk, noem. Dit alles is wat mens ewewigtig maak want dit is al hoe ons gebalanseerd kan wees.

Tappet ·

En volgende jaar is dit nog meer. Net die die regering het n meesterplan vir werkskepping, BEE gaan almal werk gee!

Abe ·

Cherokee,
Net soos jy, wonder ek al lank oor wat bedoel so baie kommentators wat verlangend praat van selfbeskikking. Ek kan werklik nie sien wat hulle wil he nie. Behalwe as ek die woord heeltemal anders as hulle verstaan, is so iets mos nie moontlik nie.

Cherokee ·

Presies Abe. Ek lei af hulle verwar selfbeskikking met tuislandskepping. En om ‘n tuisland sonder ‘n hawe en omring deur swart grond vir die witman te stig, ‘n tuisland waarvan al die doanes na en vanaf swart grond lei, is mos nie verstandig nie. As hulle vies word vir ons maak hulle net die hekke toe. ‘n Eie grondgebied sal slegs my duimop kry indien dit kusgebied met die potensiaal van ‘n hawe insluit.

J ·

Solank die ANC aan bewind is en die unies die land regeer sal dit net meer werkloosheid skep, skaf minimum lone af en skaf baie van belaglike arbeidswette af en daar sal onmiddelik 10% meer mense werk he

Peet ·

Ons stelsel en die unies sorg dat jy vergoed word om werkloos te wees. Dit en ons lekkende grense.

Chris ·

Wat sou die “syfer” wees indien diegene wat nou elders n die buiteland werk, sou agterbly!

Adam ·

Chris, daardie syfer sal ons in angs laat lewe en boonop moet ons nog in gedagte hou dat ‘n enorme getal mense werksaam is in ‘n “oorbevolkte” staatsdiens en semi-staatsinstellings weens die patetiese regering se gebruik daarvan as ‘n “werkskeppingsprojek”.

A ·

Hulle wou oorvat met massas… Hulle het maar het nie verder gedink en beplan toe hulle child grants begin gee. As daar population control toegepas was sou daar heel wat minder probleme wees in die land. Die land is n ramp.

Feite ·

Net te veel vir die bietjie wat beskikbaar is. Iewers moet iets ingee.

Population control definitief ons ALMAL se voorland!

KAKtus ·

Wees eerder die oplossing as om so te braak. Wat het jy vandag gedoen?

Michelle ·

Ongelukkig is die grense oopgegooi vir ander om hier te kom werk, en hel te van ons eie mense is te lui om te werk hul wil nie werk nie dit is makliker om by misdaad betrokke te raak, of op straat hoeke te sit ek bedel, leeg te lê by die huis of vroeg swanger te raak en soos ons dit noem ” all pay” te kry en die kleintjies by die ouma te gaan aflaai, of te drink en dwelms te gebruik.

Wit Willem ·

MM daar is nie eers 75 miljoen mense in SA nie hoe kan 1 221 miljoen net in die Oos Kaap sonder werk sit?

George in Bloem ·

Die votas kan gerus maar vir die ANC en sy unie comrades ‘n hartlike groot dankie se vir die huidige situasie in die land,waarvan werkloosheid maar een gevolg is alhoewel ‘n uiters belangrike een. En so terloops wil ek net se dat ek dink ek is nie verkeerd as ek se dat hulle syfer van 29% VER te laag is nie?

Johanna Botha ·

Die anc resep werk nie en nogateeds ploeter hulle voort met hulle bee wat ons weet werk nie …maar nee ons wil suffer !

jakes ·

Werkloosheid in SA sal nooit minder word nie maar eerder groter. Die tempo waarteen die bevolking aanwas is totaal buite beheer. N koek het net soveel snye en ongelukkig het jy n triljoen koeke nodig om elke burger n kans te gee om te werk. Voeg daarby miljoene onwettige buitelanders wat in SA rondsluip asook die graad van luiheid wat n siekte in SA is dan besef jy dinge sal nooit verbeter nie maar eerder versleg.

Jaco ·

In Singapoer tree niemand af nie en almal het werk. Geen bedelaars op die hoeke van die strate nie. Hul weet hoe om ‘n ekonomie te laat werk. Hoekom gaan leer ons nie by hulle nie?

Catherine ·

Too many foreigners that creep over borders and take bread from mouths of South Africans who could work. 25 years ago our population was about 20 million. Today…60 million. Wonder why so many don’t have work!!!!!

Emma ·

Hier sukkel ons om mans te kry om te werk vrouens is altyd bereid al doen jy ook wat. Anc sorg mos so hoekom handjies lig maar hulle eie skuld.

Te Realisties ·

Mense moenie huil nie. Hulle het gestem hiervoor. 57%. Mense verdien die regering wat hulle in bewind hou en weier om uit te stem.
As jy dom is moet jy bloei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.