Werkloosheid in Vrystaat kommerwekkend

Werkloosheid in die Vrystaat is aan die toeneem en die politieke wil bestaan nie by die ANC om die groeiende probleem aan te spreek nie, het die VF Plus in ʼn verklaring gesê.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse werksmag-opname wat Dinsdag uitgereik is, het die werkloosheidspersentasie in die Vrystaat met 1.6 % vir opeenvolgende kwartale toegeneem. Dit is die hoogste van al die provinsies.

Werkloosheid in dié provinsie het van 32.8% in die eerste kwartaal vanjaar tot 34.4% in die tweede kwartaal toegeneem en daar is 26 000 minder werkgeleenthede.

Tammy Wessels, VF Plus-LP, het gesê hierdie toename moet voor die deur van die ANC-regering in dié provinsie gelê word as gevolg van die onsekerheid van wanbestuur en die ongunstige werkstoestande wat dié party se uitsprake skep.

“Werkgeleenthede net in die Vrystaatse landbousektor het met 22.3% afgeneem. Roekelose en ondeurdagte uitsprake oor grondonteiening vir goedkoop politieke gewin en die algehele gebrek aan ondersteuning en behoorlike bestuur in die sektor dra by tot hierdie ongunstige toestande,” het Wessels bygevoeg. “Die Vrystaatse regering, onder leiding van premier Sisi Ntombela, behoort werkskepping as sy eerste prioriteit te ag. Goedkoop politiekery, eie- en partygewin en ander verkeerde prioriteite moet dringend uit die weg geruim word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johanna Botha ·

Waar die anc is ,is dit n gemors hehe en die dom mense hou aan anc stem ….geen salf te smeer nie !

Msp ·

Ek glo nie daar is ñ oplossing in sig nie. Die regering sorg nes mugabe dat net hulle sakke altyd vol is en dat hulle oor beskerm word met lyfwagte en dit alles met die belastingbetalers se geld. Maw, hulle het geen tekort aan geld nie en hulle omgewing is 100% veilig…

Jacques ·

Hoekom tyd mors op dit, hul kry mos grond verniet. Ek weet nie of hul van plan is om grond te begin eet nie

jaco ·

hierdie persentasies is nogal hoog en gemeet aan die rassesamestelling van die Vrystaat se bevolking, beteken dit dat die MEERDERHEID van hierdie werkloses nie wit is nie. Iets maak dus nie sin nie: waar is regstellende aksie en BEE dan? Met daardie 2 towerwoorde kry Ramaphosa se “our people” dan so maklik werk, terwyl wit mense en tot ‘n mindere mate Kleurlinge en Indiërs weggewys word.

Paul ·

En dit gaan tienteeneen die mense noop om na die plase uit te wyk op soek na ‘grond’.

CHRISTA ·

Ek dink nie hulle sal die werkgeleenthede mis nie!! Hulle staak in elk geval 6 maande van die jaar en dan moet hulle nog ‘n maand verlof kry!! Saint Mandela en sy trawante het hulle mos meer as 24 jaar gelede “free housing”, “free water and electicity”, “free education” en “free medical services” belowe!! Waarom wil of moet hulle dan nog werk?

John ·

Die ANC is glo hier gebore met die hulp van Lesotho-sendelinge, so die eerste erge nagevolge moet seker eerste hier gevoel word. Bloemfontein, met die kerkie waar die eerste vergaderings glo gehou is, is bankrot en die rommel hoop glo berge hoog op ~ al hoop vir die eens trotse hoofstad. Met waterbeperkings reeds glo byna 2 jaar in volle swang begroet dooie bome en struike reisigers wat so gou as moontlik in die pad val… Verby 500 verkeersmanne langs die pad by ?? (die boete is R1milj indien mense gewaarsku word) en verby die 3 vrolike susters… met die Vrystaat en sy roekelose hoofstat lank reeds vergete… Mammie bere tog daai boetekaartjie… netnou waai hy weg…

kobus ·

Se dankie vir die ANC.EFF.NUM en Amcu.julle wil mos als bestuur.

Hanna Hoekom ·

Dis mos stoere ANC wereld daardie! Seker deel van hulle “success story” wat hulle so graag adverteer…

Neels ·

Daar kan enige tipe werk geskep word maar ongelukkig het die nasie stry gekry met werk en die jonger generasie ken nie werk nie. Al werk wat die nasie ken is die skagspreek “ We want” . As hulle werk aangebied word is die antwoord we want twelf point five to start, maak nie saak of hulle enige kwalifikasie het of nie. Wil in elkgeval net ontvang die algemene kultuur onder wit en swart

IK ·

Die uibreiding van swart woongebiede by klein dorpies waar die niks meters hoog staan. Ja, gaan kyk by Refengkgotso, Deneysville as voorbeeld. Waar moet hierdie werk kry? Hulle moet van vervoer gebruik maak om ten minste 30 km ver te gaan werk. Gee ek voorbeelde van die gedrag teen eie mense dan word ek afgeskiet.

Liana ·

Indien daar nie iets aan die bevolkings aanwas gedoen word nie sal die probleme nie verbeter nie.
Daar is te veel mense wat te veel riool veroorsaak en dan is daar te min water, kos en werk. Daar is baie slim mense maar niemand kom met n oplossing om n bevolkingsontploffing te keer nie. Al die navorsing gaan daaroor om mense gesond te kry en te hou so mense word baie meer en probleme ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.