Werkloosheid is ʼn ‘nasionale krisis’, sê ANC

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die ANC het Dinsdag gesê hy maak gereed vir ʼn nywerheidstrategie om die regering te help met die hoë werkloosheidskoers en ongelykheid in die land.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK), wat oor die naweek tydens ʼn lekgotla vergader het, het bepaal die fokus van sy sesde administrasie sal versnelde implementering wees, en met alle Suid-Afrikaners saamwerk.

Die makgotla is byeenkomste van die ANC-NUK, alliansievennote en kaders in die parlement, wetgewers en ander sfere van die regering om ʼn algemene program te bespreek met die primêre fokus op die transformasie van die Suid-Afrikaanse samelewing.

Magashule het gesê werkloosheid en ongelykheid bly een van die grootste uitdagings, aangesien ongeveer 10 miljoen Suid-Afrikaners werkloos is. “Lekgotla het saamgestem dat werkloosheid ʼn nasionale krisis is. Lekgotla het ingestem om die werkloosheidkoers oor die volgende vyf jaar van 27,6% tot 14% te verminder en te fokus op vaardigheidsontwikkelingprogramme van 3,5 miljoen jong Suid-Afrikaners.”

Hy het gesê die ANC het ten doel om werkskepping te behaal deur die nywerheidstrategie, Job Summit-inisiatiewe, Operasie Phakisa en die Private Public Growth Initiative.

Die nywerheidstrategie sal 10 bedrywe teiken insluitend die motorbedryf, klere en tekstiel, leer en skoene, gas, chemikalieë en plastiek, staal en metaal, toerisme, tegnologie, kunste, oseane-ekonomie en landbou- en agroprosessering.

Magashule het gesê die lekgotla het ook ingestem om die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank uit te brei tot meer as prysstabiliteit om ook groei en indiensneming in te sluit, volgens die opdrag van die party se 54ste nasionale konferensie in 2017.

“Die ANC-regering moet dit ook oorweeg om ʼn taakspan aan te stel om interregeringskuld te verlig om fondse beskikbaar te maak vir ontwikkelingsdoeleindes. Hierdie maatreëls moet egter nie ʼn inflasie-impak op die rand en behoeftige mense hê nie. Dit is ʼn bestendige praktyk deur ontwikkelde lande om hul ekonomieë te red. Dit sal ʼn beslissende impak hê op die uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

schaun ·

Stop die diskriminerende wette teen minderhede soos swart bemagtiging en werk geleenthede sal toeneem verskerp dit en nie alleen sal die ekonomie val nie maar werk’s geleenthede sal bly afneem.

jaco ·

eintllk behoort het wit mense en tot n mate kleurlinge en indiërs werkloos te wees, want hulle is altyd die slagoffers van regstellende aksie.
ek kan swart werkloosheid glad nie verstaan nie. Slegs die “regte” velkleur is dan nodig om werk te kry. kwalifikasies en ondervinding tel nie.

Emma ·

Dit sal n probleem bly oor julle arbeidswette, wat het julle verwag probeer net die werkgewer bykom. My siening

Drieks ·

Anc lieg weer. Gooi die unies en misdaad in die asblik en sien hoe gaan werkloosheid eindig…dis die antwoord.

Comrade X ·

Ongelykheid ja! Met 4,5 miljoen wittes , 5 miljoen Kleurlinge , 3 miljoen Indiers en 45 miljoen Swartes! Dan is die9 miljoen swart, onwettige immigrante, nie bygetel nie! Wanneer gaan hierdie probleem aangespreek word Ace? Of gaan die 17 miljoen wat toelae ontvang, die regering aan die bewind moet hou? Hierdie ongelykheid veroorsaak werkloosheid Ace Magashule! Prove me wrong! Ace. Prove me wrong!

Andreas ·

Dit is wonderlik dat die ANC soos hier bo die lig gesien het. Dit was seker soos ‘n ontploffing van helder lig in die buitenste ruim, ‘n duisendmaal groter as ‘n verskietende ster. Daarvoor verdien hulle ‘n Nobelprys. Nou moet hulle ook hul miskenning van minderhede se menseregte erken, erken dat hulle nie na mense se veiligheid kan omsien nie, erken dat moorde op boere in ‘n krisis is, erken dat hulle die land se mense versaak het en erken dat SEB misluk het.

Adam ·

Andreas, jy is in die kol. Die enigste lig wat die ANC ooit sien is die van ‘n aankomende trein. Die ANC het die ekonomie verwoes, versuim om infrastruktuur uit te brei en bestaande infrastruktuur behoorlik te onderhou. Verder is ons arbeidswetgewing en maatskappy belasting wat te hoog is, die dorings in ons ekonomiese vlees. Die ANC verstaan duidelik nie wat dit beteken om strukturele veranderinge aan die ekonomie an te bring nie en het hulle boonop die land in ‘n etterput van misdaad laat verval.

John ·

… komende van Ace, kan ons elke woord glo. Elke dag word werkloses gebore… Was CR by die lekgotla? Hoekom lewer hy nie verslag nie? Mens kan raai hoekom…

Wimpie ·

25 jaar lank is voortgeploeter met ekonomiese beleide wat vele kundiges voorspel het nie kan werk nie.Ek hoor nog geen geluide in die regte rigting nie.Wat sal die anc laat wakker skrik?

Andreas ·

Wimpie, want elkeen is uiters bevoeg en hoogs gekwalifiseerd … kader, elkeen het net die kwalifikasie ‘kader’ nodig, en siedaar die werk kom na jou toe aangestap.

Ken ·

Absolute Nasionale Chaos (ANC) – dis JULLE skuld dat hierdie land in die situasie is tans. Korrupsie, BEE, anti-wit sentiment en landwye anargie is 100% op julle skouers. Hou aan soos julle tans aangaan en oor 10 jaar is daar boggerol van die land oor. Die grootste pes wat die land ooit getref het!!! Gaan rus net in bladdy vrede seblief tog.

Jc ·

Die groot probleem is dat werkgewers wil nie meer jong mense aanstel nie. Want as hulle begin werk kry, sluit hulle by unies aan en oor ‘n maand staak hulle vir hoër lone. Die werkgewer werk dan op ‘n verlies en kan nie die eise bekostig nie. Dit is die rede vir werkloosheid in ons land.

Al ·

Thats rich coming from you the ANC. Thanks for stealing and plundering of much needed state resources, which was sponsored by OUR hard earned tax money.
BBEE does not help a bit and your tried and tested methods are failing yet again.
Policy and uncertainty for investors.
You are the BIGGEST obstacle for creating jobs.

Gert van Wierdapark ·

Ace-ster is louwarm met sy krisis- uitspraak. Die nasionale krisis is die a en see self wat deel van die werkloosheid probleem was en is.

Antoinette Venter ·

As ‘n werkgewer dink ek die regering is besig om die maatskappye dood te maak met die arbeids wette en al die BEE vereistes. Hulle is die groot oorsaak dat die ekonomie is waar dit is met negatiewe groei, te veel rooi tape vir maatskappye om te groei. Ons betaal al ons belastings, VAT, workmans compensation en en en die lys hou nie op nie en die regering gaan net aan met hulle korrupsie, iewers gaan alles begin afgaan. Wat verwag hulle, die gat raak net groter en die eerlike werkgewers word gedwing om stappe te neem, verminder mense.

No clue ·

Werkloosheid is ‘n krisis. Kom ons hou ‘n beraad, ‘n lekgotla, sommer kortweg, ‘n chicken fest. Praat, praat praat, so al kouende. Maar doen is min, want die kaders ry blink mouters, drink duur dop, dra designer brands en voel eintlik ‘n veer. Klomp grapgatte.

Adrian ·

Ace jy is n geharde kommunis dit is duidelik toe jy die premier in die Vrystaat was , gereeld was jy en comrades in Kuba tot 25 dae nou probeer jy en jou party als regverdig om werkloosheid stop te sit :: jammer dit gaan nie werk nie omrede jy marksisme met kapitalisme sa te laat werk Sorry ou jou plan is n mislukking net soos jou party van die begin af ek se weer DIT GAAN NIE WERK NIE kry buitelandse westerse industriee in die land met kapitalisme en DIT SAL WERK

alwyn burger ·

Die probleem is nie werkloosheid nie. Dit is ongebreidelde voortplanting! .Daar is een dwaas by Nkandla wat 22 kinders het!!?

Stiks ·

Die Anc het werkloosheid gebring waar dit vandag is. Nou is hy bekommerd daaroor. Hoe ironies

Stating the obvious ·

Die ANC is soos een wat ‘n skip self kelder, maar sorg vir sy eie reddingsboot en dan skree “Ons verdrink!” terwyl die drenkeling om hulle dobber”
Hulle maak my siek!

???? leser ·

moord op boere en wit mense is n nasionale krisis, aaann-cheeeee, julle gaan nog kruip van die honger

Attie Landman ·

Die ANC droom ‘n dubbeldroom – aan die een kant droom hulle hoe hulle die ekonomie aan die gang gaan (wan)bestuur maar aan die ander kant kan hulle nie van hulle “social engineering” droom ontsnap nie. Siestog! Hoe lank gaan hulle neem voor hulle besef die twee doelstellings meng nie. Skaf die social engineering af en die ekonomie sal die res self doen.

fred ·

vakbonde = stakinge
arbeidswette = onproduktiwiteit
BEE= KORRUPSIE
ANC = veryking, onbekwaamheid, rassisme
lekker dag

Johan ·

Wat n nasionale krisis is ,is dat die ANC nog aanbewind is…..hulle is die grootste oorsaak van die krisis…..

Ivana ·

Die ANC regering is die OORSAAK van al meer werkloosheid met hul buitensporige salarisse wat hulle jou verplig om te betaal, so gaan terug en doen bietjie huiswerk – as julle kan lees – en kyk waar en van wanneer af is daar soveel werkloses

Snoefie ·

Ongelykheid eerste. Waar n (wit) 55 jarige gesien word as te oud om sy werk te doen, dan op fals klagte ontslaan word, dan is hy nog sterk, gesond en bekwaam. Maar kry nooit weer n aanstelling of dit wat hy kan kry, betaal maar 10% van wat hy voorheen gekry het. Maar n vigslyers wie aan die arm in die werksplek gely word om heeldag op n stoel te sit en die werkery dop te hou, word aangehou en kry nog verhoging ook. Viva anc.

Snoefie ·

Ongelykheid eerste. Waar n (wit) 55 jarige gesien word as te oud om sy werk te doen, dan op fals klagte ontslaan word, dan is hy nog sterk, gesond en bekwaam. Maar kry nooit weer n aanstelling of dit wat hy kan kry, betaal maar 10% van wat hy voorheen gekry het. Maar n vigslyers wie aan die arm in die werksplek gely word om heeldag op n stoel te sit en die werkery dop te hou, word aangehou en kry nog verhoging ook. Viva anc.

ne ·

Stop die mense om elke dag meer “babies” te maak. Al wat hulle het om te doen? Al waarvoor hulle opgelei is? O JA ek vergeet om by opleiding MOORD by te voeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.