Werkloosheid neem toe, sê Stats SA

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Die aantal persone wat werkloos is, het toegeneem, het Statistiek Suid-Afrika Dinsdag gesê.

Volgens die kwartaallikse arbeidsmagopname vir die derde kwartaal van die jaar, het die amptelike werkloosheidskoers van 25% in die tweede kwartaal tot 25.5% gestyg.

Stats SA het gesê werkloosheid neem toe weens maatskappye wat mense aflê. Bedrywe wat veral geraak is deur afleggings, is vervoer (24 000 poste), privaat huishoudings (11 000 poste) en finansies (4 000 poste).

Volgens Stats SA toon die data vir die derde kwartaal dat van die 36.1 miljoen mense, wat oud genoeg is om te werk, altesaam 15.8 miljoen mense werk, 5.4 miljoen is werkloos, en 14.9 miljoen is nie ekonomies aktief nie. Van die persone wat nie ekonomies aktief is nie, is sommige studente en ander tuisbly-ouers.

In die handelsbedryf is 81 000 nuwe poste geskep en 59 000 poste in die konstruksiebedryf. “Die aantal persone in diens in die mynbedryf bly onveranderd tussen die twee kwartale.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

Hoeveel van die 14.9 miljoen wat onaktief is kry staatstoelaes? Een groot rede vir die williewerkers om tuis te bly en wyn te koop.

christine ·

Mos gese laat gaan julle huiswerkers. Hulle praat te veel, te hardd in busse treine by kafees bedoel soms nie om moeilikheid te maak nie. Daar is net luitervinke.minder aanvalle, glo vir my dit kan gedoen word. Wils besluit jy gaan verbaas wees wat jy bespaar. As ek kan dan kan, jy ook, werk self voldag man en twee kids help fliks.

Johann Marx ·

In die ou SA het jy werk gekry, hard gewerk, gestudeer, kursusse geloop, oortyd gewerk, en bevordering gekry, of aansoek gedoen vir beter poste soos wat dit beskikbaar raak. In die nuwe SA, AS jy ‘n werk kry, dan gaan sit jy onmiddelik op jou gat en “demand” meer geld….en KRY dit. Hoe? Die helfte van die stakers word afgedank, en hulle salarisse en lone gebruik om die “demanders” se eise na te kom. En nou wonder almal hoekom werkloosheid toeneem?

tokkie van tonderbritz ·

Ek sukkel om ongeskiktheid Pensioen vir my seun te kry wat op werk so sleg seer gekry het dat hy nie kan werk nie… En as hy nog werk kry wat hy kan doen laat hulle hom goed optel wat hy nie mag,, nie… Dis beslis nie Blankes wat so maklik dit kry nie…. Dieselfde met my Sussie… Sy was baie sieklik.. En ons moes ma uithou tot sy 60 was.. Kleinseun Leukemia…. Hy was te SiEk om elke 6 maande aansoek te doen… Ons ma self voort gesukkel tot sy dood… Ons maak ons kinders se kinders groot.. Ek wag al n jaar om gehelp te word… Al Hierdie verantwoordelikhede rus op my skouers as dit nie vir die Here was nie???? En Dan praat jy van Mense wat te lui is om te werk. My Seun en dogter is in die omstandighede.. En is Bipolar Skitsofrenies…. En daar is hordes wat soos hulle is…….. Hulle kan nie staatspensoen kry nie…. Hulle kwalifiseer nie…..???

Jan ·

As daar wet en orde in die land is sal daar meer werk wees vir die wat wel wil werk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.