‘Werkloosheid veel erger as amptelike syfer’

bedelaar-armoede

Argieffoto.

Solidariteit het hul kommer uitgespreek oor die deurlopende, skynbaar nimmereindigende toename in die werkloosheidskoers. Solidariteit bevraagteken ook verder Statistieke Suid-Afrika (SSA) se metodologie wat ontmoedigde werksoekers vanuit hul amptelike meting van werkloosheid uitsluit.

Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) verduidelik dat daar baie sterk gegewens bestaan wat impliseer dat die syfers, soos vervat in die jongste vrystelling van die kwartaallikse arbeidsmagopname (QLFS), hoewel onrusbarend, steeds ʼn meer rooskleurige prent skets as die werklikheid wat miljoene Suid-Afrikaners beleef.

Malan argumenteer: Hoewel die gebruik van die eng definisie vir werkloosheid ʼn algemene gebruik reg oor die wêreld is en ook aanbeveel word deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), is daar verskeie redes om te glo dat hierdie meting nie ʼn akkurate maatstaaf vir Suid-Afrika se werksmag is nie, onder andere weens die feit dat Suid-Afrika ʼn buitengewone groot gaping tussen die eng werkloosheidskoers (29,0%) en die uitgebreide definisie (38,5%) het; ons ʼn besondere lae arbeidsabsorpsiekoers (42,4%) het; en ʼn 2013 studie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal toon dat sogenaamde ontmoedigde werksoekers, wat nie in die amptelike koers as werkloos getel word nie, geensins ʼn swakker kans staan om in diens geneem te word as die sogenaamde aktiewe werksoekers nie.

Solidariteit benadruk dat metodologiese debatte rondom werkloosheid van kritieke belang is, aangesien beleid slegs doeltreffend kan wees wanneer dit ʼn akkurate fondasie het om op te bou. Malan voer aan dat dit bitter moeilik is om oplossings vir probleme voor te stel wanneer almal ʼn wanindruk het oor die omvang en die aard van die probleem onder bespreking.

Solidariteit stel dat ʼn werkloosheidskoers van 38,5% selfs nog groter aksie van die regering eis om die uitdagings van strukturele werkloosheid aan te pak. “Die regering veroorsaak die probleem met teen-produktiewe beleide soos ʼn minimumloon, streng arbeidswetgewing, verskerpte afdwinging van swart ekonomiese bemagtiging (SEB), en talle meer. Die enigste oplossing vir die regering is om hierdie hindernisse vir dié wat besigheid in Suid-Afrika doen, uit die weg te ruim. Anders is ek bevrees dat werkloosheid, wat gepaardgaan met tallose ander maatskaplike en ekonomiese kwessies, nooit opgelos sal kan word nie,” het Malan afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
chrisjan

En die president het van hy aan gestel is NIKS gedoen om werkloosheid aan te spreek OF om buitelandse beleggers te motiveer om hier te kom bele OF om huidige beleggers te keer om die land in groot getalle te verlaat nie. Inteendeel: elke keer skrik hy eerder voornemende beleggers af om in die land te kom bele en sodoende werke te skep met sy grondonteining sonder vergoeding beleid. Maar op TV nuus is hy grootmond oor wat gedoen moet word om werkskepping te bewerkstellig en die ekonomie uit die put te haal. Wat makeer die man?Is hy blind ,doof… Lees meer »

Ja nee

Ons is van een ding verseker In die lewe en dit is, almal sal sterf. Wees van nog iets verseker, werkloosheid gaan net Verder vermeerder en armoede sal in die orde vd dag wees. Die anc het hul doel en dit is verwoes, vertrap en verdeel – niks gaan dit verander totdat daar niks meer oor is nie.

Johanna Botha

Dankie anc julle het regtig sa vertrap en vir die honde gegooi !

Rika

Wat die ergste iets ek is tans werk loos word deur a agentskap gebel en word dan gese hul kan my nie oorweeg vir die pos omdat ek tans werk loos is en makliker is om iemand in te plaas wat reeds werk het, nou het ek al alles gehoor.
Nou word daar teen mense discrimeneer omdat jy werk loos is. Wat nog

jaco

Eintlik behoort net 8% werkloos te wees en almal wit; gelyk aan wit mense se persentasie van die bevolking. Die res behoort mos maklik werk te kry NET omdat hulle die “regte” velkleur het.
Hierdie reuse getalle en persentasies maak glad nie sin nie.