Werkloosheidkoers daal effens

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Suid-Afrika se werkloosheidkoers het na 26.7% gedaal in die laaste kwartaal van 2017, van 27.7% in die vorige drie maande, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag gesê.

Die getal persone wat werksouderdom bereik het, het tydens die vierde kwartaal met 152 000 of 0.4% toegeneem, terwyl die arbeidsmag met 351 000 afgeneem het.

Werkskepping en werkloosheid het in die kwartaal afgeneem en dit het tot ʼn 1% wysiging gelei in die werkloosheidkoers.

Stats SA sê die toename in die informele bedryf (119 000 mense) en landbou (39 000) is uitgekanselleer deur werksverliese in die formele en privaat huishoudingbedryf (135 000 en 43 000 onderskeidelik). Dit het tot ʼn afname van 21 000 poste gelei tussen die derde en vierde kwartaal.

Die statistieke agentskap samel data in oor die arbeidsmark se bedrywighede van individue ouer as 15 jaar wat in Suid-Afrika woon vir die opname, maar doen slegs verslag oor die arbeidsmarkbedrywighede van persone tussen 15 en 64 jaar.

Intussen het die werkskeppingsdata aangetoon dat die Wes-Kaap die provinsie is wat die meeste poste in die land skep.

Alan Winde, LUR vir ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, het gesê volgens die statistiek het die provinsie 92 000 poste geskep in die laaste kwartaal van 2017.

“Ons het ook die hoogste jaar-op-jaar toename in die getal nuwe poste aangeteken, naamlik 106 000 nuwe poste. Die provinsie het ook die laagste amptelike werkloosheidsyfer, wat nou op 19.5% staan teen ʼn nasionale gemiddeld van 26.7%.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.