Werkloosheidsyfer op rekordvlak

(Argieffoto)

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer staan op 29%, die hoogste sedert daar in 2008 met die kwartaallikse opname begin is.

Risenga Maluleke, statistikus-generaal, sê die syfer is ʼn styging van 1,4 persentasiepunte van die 27,6% vir die eerste drie maande van die jaar. Dit is boonop nie veel minder nie as die hoogste vlak nóg wat in Maart 2003 bereik is. Die werkloosheidskoers het toe op 29,3% gestaan.

“Dit is die gevolg van ʼn styging van 455 000 mense wat werkloos is en ʼn styging van 21 000 vir mense wat werk het,” het Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) in sy jongste navorsing bevind.

Hy het bevind die uitgebreide werkloosheidskoers, wat mense insluit wat nié meer aktief werk soek nie, het met 0,5 persentasiepunte gestyg na 38,5% in die tweede kwartaal.

Die bevolkingsyfer vir diegene van werkende ouderdom het met 150 000 (0,4%) gestyg in vergelyking met die eerste kwartaal.

Altesame 16,3 miljoen mense hét werk, terwyl die werkloosheidsyfer geklim het met 455 000 tot 6,7 miljoen mense.

Werkskepping het wél in twee van die vier sektore toegeneem. Die informele sektor het met 114 000 die grootste hoeveelheid werksgeleenthede bygedra, gevolg deur die landboubedryf met 5 000 poste. In die formele sektor, asook in private huishoudings, het die getal met 49 000 werksgeleenthede elk gedaal.

“Die getal ontmoedigde werksoekers en die getal mense wat nie ekonomies aktief is nie, vir redes ánders as dat hulle ontmoedig is, het met onderskeidelik 248 000 en 77 000 gedaal van die eerste na tweede kwartaal,” het StatsSA gesê.

(Foto: Facebook)

Dit het gelei tot ʼn netto afname van 326 000 in die getal mense in die bevolking wat nié ekonomies aktief is nie.

Maluleke sê daar is nou 3,3 miljoen mense tussen 15 en 24 jaar oud wat nié werk, studeer of verdere opleiding ontvang nie.

Onder die 20,4 miljoen Suid-Afrikaners tussen 15 en 34 jaar oud, staan dié syfer nou op 8,2 miljoen.

Dit is ʼn styging van 1 persentasiepunt op ʼn jaar-op-jaar-grondslag.

Noordwes het die hoogste vlak van mense wat nie werk of studeer nie. In dié provinsie is die syfer tans 45,9%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries Moolman

Bevolkingsyfer is ook op rekordvlak. Toeval?

Johann

En? ANC LEGACY wat soveel as moontlik ongeskoold en werkloos hou om met leë en absurde beloftes in toom te hou. Afrika wat homself oorbevolk en dan bakhand staan om te oorleef.

EFF

Die anc doen ‘n goeie werk!
Ons het ekonome nodig om ons land te bestuur soos Trump. Trump het ‘n graad in ekonomie. Is dit dan ‘n verrassing dat die VSA se werkloosheid die laagste in 60 jaar is. Ons moet ook weg kom by BRICS. Hulle almal pas “protectionism” toe wat beteken hulle beskerm hulle eie markte. Leer by Trump.

Ruaan

Stem saam Johan.

fred

werkskepping in die informele sekor het toegeneem…wonder hoe hulle dit bepaal en betaal hulle belastingen?