Werkloosheidsyfer styg kort voor verkiesing

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Dit is presies twee weke voor die verkiesing en Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het pas aangekondig dat die werkloosheidsyfer met 0,8 van ’n persentasiepunt – van 32,1% in die vierde kwartaal van 2023 tot 32,9% in die eerste kwartaal van 2024 – gestyg het.

Die werkloosheidskoers volgens die uitgebreide definisie het ook met 0,8 van ’n persentasiepunt tot 41,9% gestyg.

StatsSA het Dinsdag aangekondig dat die getal werkende persone gedurende die eerste kwartaal van 2024 met 22 000 tot 16,7 miljoen toegeneem het. Die getal werklose persone het gedurende die tydperk met 330 000 tot 8,2 miljoen toegeneem.

Dit terwyl die getal mense wat om ander redes as ontmoediging, nie ekonomies aktief was nie, met 214 000 tot 13,1 miljoen afgeneem het.

Moedelose werksoekers het in die eerste kwartaal van 2024 met ʼn duisend afgeneem vergeleke met die vierde kwartaal van 2023. Dit het gelei tot ’n netto afname van 215 000 onder die land se sogenaamde nie-ekonomies aktiewe bevolking.

Die getal mense wat om ander redes as moedeloosheid nie ekonomies aktief was nie, het met 214 000 afgeneem (-1,6%) tussen die twee kwartale, wat gelei het tot ’n netto afname van 215 000 in die nie-ekonomies aktiewe bevolking.

’n Toename in indiensneming sowel as werkloosheid het eindelik daartoe gelei dat die werkloosheidskoers met 0,8 van ’n persentasiepunt tot 32,9% in die eerste kwartaal van 2024 gestyg het.

’n Toename in indiensneming is in die formele sektor (+56 000), privaat huishoudings (+44 000) en die landbousektor (+21 000) waargeneem. Indiensneming in die informele sektor het egter gedurende die eerste kwartaal met 100 000 afgeneem, sê StatsSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

So +-16milj mense moet vir meer as +- 24 milj sorg!!! Nee, dis 16 milj +24 milj is 40 milj!!! Dos nou net werkendes, nie hul families ingesluit nie! Hoe lank dink die regering gaan dit vol gehou kan word? Nou wil hulle die NGS ook implementeer?? Skande!!!!

Di ·

Net NOG MEER GRANTS wat sal betaal moet word. ANC kaders het ‘n monster geskep wat hulle NIE kan bly voer nie.

Louis ·

Verstommende statistiek is dat SA het hoogste werkloosheid as n persentasie in die wereld het! Nr 1. Selfs hoor as n plek soos die Gasa strook voor Israel Hamas konflik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.