Werknemer by Chimp Eden aangeval

chimp edenʼn Werknemer van die bekende Chimp Eden in Nelspruit is Vrydag aangeval nadat een van die sjimpansees ontsnap het.

“Die werker is ernstig beseer,” het Margi Brocklehurst, woordvoerder van die reservaat, Saterdag aan Maroela Media gesê. Sy sê die werknemer is steeds in die hospitaal, maar behoort binne die volgende paar dae ontslaan te word. Hy het nie lewensgevaarlike beserings opgedoen nie.

Volgens Brocklehurst was die werknemers besig om die grensdraad na te gaan toe een van die sjimpansees deur die elektriese omheining gekom het. “Die situasie is vinnig onder beheer gebring en die personeellede het hul kollega te hulp gesnel.” Die sjimpansee het weer in die kamp teruggespring.

Sy sê die betrokke kamp is tans gesluit, maar die ander twee kampe is steeds oop vir die publiek. “Ons sal ʼn ondersoek doen om te bepaal wat presies gebeur het,” het sy bygevoeg.

Andrew Oberle, ʼn navorsingstudent van Amerika, is twee jaar gelede ernstig beseer toe een van die sjimpansees by die reservaat hom aangeval het. ʼn Ondersoek het egter bevind dat die reservaat hoegenaamd nie nalatig was nie. Oberle het oor ʼn klein versperring geklim toe hy aangeval is. Die sjimpansees was slegs besig om hul gebied te verdedig. Oberle moes verdere operasies ondergaan, maar ʼn Facebook-blad wat die publiek op hoogte gehou het oor sy toestand, het ʼn jaar gelede laas iets gepubliseer.

Brocklehurst sê ʼn sjimpansee is sowat vyf tot sewe keer sterker as ʼn mens en enige aanval is dus gewoonlik ernstig en traumaties. Sy het versoek dat enigiemand met verdere navrae in verband met die voorval met haar in verbinding kan tree deur 082 561 3681 te skakel.

Chimp Eden van die Jane Goodall Instituut van Suid-Afrika het in 2006 sy deure oopgemaak. Die reservaat huisves sjimpansees wat uit hul natuurlike habitat geneem is. Van die sjimpansees het vleishandel oorleef, is wees gelaat, op die onwettige troeteldiermark verkoop of is gered nadat hulle vir hul vermaaklikheidswaarde by sirkusse, vakansieoorde of nagklubs ten toon gestel is. Die sjimpansees ontvang hier die nodige aandag om van dié traumatiese ervarings te herstel. Daar is drie verskillende sjimpansee-groepe en -kampe by die reservaat. Klik hier om die reservaat se webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek het baie respek vir Jane Goodall, sy doen fantastiese werk onder hierdie diere.

Dankbaar dat die dier nie uitgesit is nie.

Cobus ·

‘n Wilde dier hoort in die natuur en as daardie spesie wat bedreig word nie kan oorleef en voortplant in die natuur, moet daardie spesie maar uitsterf.

Cobus ·

Sjimpansees is kannibalisties. Dit sal nie ‘n verlies wees as die spesie uitsterf nie.

Daantjie Maartens ·

” We can judge the heart of a man by his treatment of animals ” – se Immanuel Kant.
Gemeet hieraan is jou kommentaar sonder insig en benede oerangoetang-intellek. Eintlik kommerwekkend so.

Cobus ·

Immanuel Kant se stelling sal ek nie aanbeveel vir ‘n metingspunt nie.

petro ·

Ek stem saam met jou, Daantjie! Hierdie mens het geen IK nie!!!!!

Gerhard Viljoen ·

daar is n ander blad (op sy fb blad verwys hul daarna) waar Andrew se herstel proses genoem word. Blykbaar nog baie operasies ma hy doen baie goed. Dis jammer hulle wil nooit fotos plaas dat mens perspektief kan kry nie…

nika ·

Dit sal ook nie ‘n verlies wees as mense wat belaglike kommentaar skryf se spesie uitsterf nie. Kannibalisties,nou’t ek alles gehoor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.