Werknemer steel glo miljoene by veiligheidsmaatskappy

Die verdagte was ʼn werknemer by die bekende G4S-veiligheidsmaatskappy. (Foto: Verskaf)

Die Valke het Sondag in die vroegoggendure ʼn verdagte vasgetrek wat glo miljoene rande van sy werkgewer gesteel het.

Die verdagte was ʼn werknemer by die bekende G4S-veiligheidsmaatskappy ten tye van die diefstal en het na bewering ʼn huis laat bou met die gesteelde geld.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het die man glo in Desember 2019 sowat R2,4 miljoen van die G4S se pakhuis in Westville in KwaZulu-Natal gesteel.

“ʼn Saak is geopen en die Valke het ondersoek ingestel. Ná ʼn deeglike ondersoek het die hof ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.”

Die verdagte het egter op die vlug geslaan kort nadat die lasbrief uitgereik is. Die Valke het met behulp van die polisie die verdagte egter aangekeer.

“Die batebeslagleggingseenheid sal voortgaan met ʼn ondersoek insover die bewerings dat die verdagte ʼn huis met die geld laat bou het.”

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Durban verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sêmanet ·

Die geld is darem goed gebruik. Ek wonder wat gaan nou van die huis word?

Cecilia ·

D ou het ook maar net probeer doen wat d Kaders vd land doen. Shame man hy wil ook grasg sy eie huis gehad het. LOL

Al verskil is hy is uitgevang en hy gaan tronk toe. D kaders word uitgevang maar boet nooit vir hul skelmstreke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.