Werknemers ‘bewusteloos’ gevind ná fop-transitoroof

Argieffoto

Vyf verdagtes is die afgelope naweek in onderskeidelik Norkem Park, Bloemfontein, Rustenburg en Nongoma vasgetrek ná hulle na bewering ongeveer R30 miljoen by Brinks Finance Solution gesteel het tydens ʼn kamma-transitorooftog. Al die verdagtes was werknemers van dié maatskappy.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die Valke se Nasionale Buro vir Onwettige Vuurwapenbeheer en Prioriteitsmisdaad het die ondersoek behartig.

“Daar word beweer dat ʼn gepantserde transitovoertuig wat deur ʼn sedanmotor vergesel is 13 April van Spartan na Selby naby Johannesburg gereis het om kontant te gaan aflewer. Die voertuig het onverwags naby Kensington stilgehou, die gepantserde voertuig is van agter af oopgemaak en drie onbekende mans het sakke vol geld geneem voor hulle weggery het,” het Mulamu gesê.

Drie werknemers van Brinks Finance Solutions het in die gepantserde voertuig en drie in die sedan gereis. “Toe hulle stilhou, is hulle deur ʼn onbekende voertuig met drie insittendes genader, die geldwa is oopgemaak en sakke vol geld volgens waarnemers in die onbekende voertuig gelaai. Die gepantserde voertuig asook die sedan en die onbekende voertuig het die toneel in verskillende rigtings verlaat.”

Volgens Mulamu het die ses wagte [in die geldwa en sedan] daarna weggery van die toneel en hul werkgewer eers kilometers weg van die toneel gebel en van die “rooftog” in kennis gestel.

“Toe ʼn noodvoertuig van Spartan af na hulle gestuur is, is al ses bewusteloos aangetref en na ʼn hospitaal geneem. Daar is vasgestel hulle het koeldrank wat met ʼn onbekende stof gedokter was, gedrink.” Volgens Mulamu is die vermoede dat dié vloeistof dwelms kon bevat.

Mulamu het gesê dié ses is later uit die hospitaal ontslaan.

“Bewyse is nou na vore gebring wat die werknemers [van die maatskappy] ook in dié ‘rooftog’ onder verdenking plaas. Die polisie het dus nege verdagtes in die visier van wie vyf reeds vasgetrek is. Ons soek nog na vier, onder wie die bestuurder van die geldwa wat saam met die ander uit die hospitaal ontslaan is en die drie mans in die onbekende voertuig.”

Die vyf verdagtes wat reeds in hegtenis geneem is, is Nkosinathi Feni (48), Gabriel Mbhango (35), Siphiwe Hlungwane (45), Bavuyise Ndaba (30), en Petros Ndlovu (38).

Hulle het Dinsdag die eerste keer in die Johannesburg landdroshof hof verskyn op aanklagte van diefstal en sameswering waar die saak na 30 April uitgestel is vir nadere ondersoek.

Die verdagtes bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Amelia ·

Ja dit is nou BEE aanstellings. By my werk is daar ook onlangs 2 dames wat BEE is vasgetrek. Maar al die poste word geadverteer BEE.

rollie ·

Wat het dit met BEE te doen? As jy skelm is, is jy skelm wit of swart.

Jack Klok ·

Presies. Bribe based black economic enrichment het al geweldige skade aan ons ekonomie en mense verhoudinge veroorsaak. Dis egter regeringsbeleid, net soos die konfiskering (EWC) van eiendom en die herverdeling van rykdom. Ons moet almal ewe arm wees dan sal ons almal ewe (on)gelukkig wees. Gelykheid van uitkoms word die hoogste geag, nie prestasie, meriete, eerlikheid, integriteit, hardwekendheid ens nie.

Piet ·

Rollie dis wanneer mens persone aanstel “based on the colour of their skin” ipv “the content of their caracter”.

@ Rollie ·

Vreemd dat 99% van die kriminele wel dieselfde tipe vanne het .. NATUURLIK het dit met BEE te doen . die blankes is almal uit hulle poste verwyder om te voldoen aan BEE, daar het hulle nou die resultate . RESULTATE lieg nie.

Piet Pompies ·

Die meeste sake van diefstal en rooftogte kan verbind word met interne inligting wat gedeel word met misdadigers of die werknemers is self die misdaad pleeg. Die kultuur van geld wat oplossings vir alles in SA bied is ‘n groot problem. Mense moet geleer word dat deur harde werk kan jy volhoudbare lewens sukses behaal. Geld alleen kan jou nie geluk in die lewe bring.

Gerd Lourens ·

Daar is nou sprake dat huiswerkers nou betaal word om fotos/videos van huise te neem. Kan iemand bevestig?

Dit gebeur ·

Daar was al gevalle ja, of hulle betaal word weet ek nie, maar ‘n huiseienaar het al op haar huiswerker se foon afgekom waarop daar fotos van haar hele huis was, veral die kluise .. so ja dit gebeur en dit kan maklik gebeur . weet nie of iemand hulle egter betaal nie ..

Oom Kalahari ·

@Gerd Lourens, dit is al ‘n ou tendens wat pos gevat word sedert verlede jaar al. Ons het al heelwat opgemerk wat voor huise in ons omgewing stop en fotos neem en by my dogter se huis ook wat kleikinders genoem het werker binne neem. Dit het nogal baie te doen met BEE aanstellings waar nie vertroenswaardige aanstellings gedoen word nie en alle Menslike Hulpbronne beamptes is al BEE. Meeste van diefstalle en roof is interne personeel en inligting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.