Werknemers mag self besluit oor inentings – Solidariteit

Werkers sal mediese of grondwetlike redes moet verskaf indien hulle weier om die entstof te ontvang. (Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Werknemers het die reg om te kies of hulle ingeënt wil word teen Covid-19 en Solidariteit sal werkgewers wat werknemers ontslaan omdat hulle nie ingeënt wil word nie, hof toe vat.

Só het Solidariteit gesê na afloop van die departement van arbeid en indiensneming se aankondiging in die Staatskoerant dat werkgewers nou ’n beleid mag instel wat vir verpligtende inentings teen Covid-19 voorsiening maak.

Maroela Media het vroeër berig werkers het egter die reg om inentings op mediese en grondwetlike gronde te weier, mits dié redes gestaaf kan word.

Solidariteit het na aanleiding van die departement se bepalings oor beroepsgesondheid en veiligheid ’n omvattende eksterne regsopinie gekry wat bevestig dat werknemers ’n reg het om te kies om nie ingeënt te word nie en werkgewers mag hulle nie van hierdie keuse ontneem nie.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê hulle is van mening dat daar sekerheid in die direktief van die departement gegee word dat werknemers die reg het om die entstof op grond van grondwetlike en liggaamlike integriteitsredes te weier, en dat werkgewers alles in hulle vermoë moet doen om sodanige werknemers te akkommodeer.

“Dit sal ook onwettig van ’n werkgewer wees om inentings verpligtend te maak, sonder om individue se grondwetlike regte soos liggaamlike integriteit in ag te neem,” sê Hermann.

Volgens Hermann is die nuwe direktief van die departement se uitgangspunt dat inentings nie eensydig verpligtend gemaak mag word nie. Hy sê egter die aanwysings bepaal ook dat in hoogs uitsonderlike omstandighede en ná behoorlike analises en konsultering kan werkgewers verwag dat werknemers in sekere werksareas ingeënt moet word.

“Die aanwysings bepaal egter – selfs in hoogs uitsonderlike omstandighede – dat werknemers steeds ’n keuse het om die entstof nie te neem nie. Motiverings kan mediese toestande, godsdienstige redes en die grondwetlike reg tot liggaamlike integriteit insluit. Dit is die werkgewers se verantwoordelikheid om alternatiewe vir werknemers te vind wat hulle keuse uitoefen.”

Hermann meen dit is eenvoudig onwettig vir ʼn werkgewer om eensydig ʼn werknemer te verplig om ingeënt te word, en daar kan selfs geargumenteer word dat dit strafregtelik en grondwetlik inbraak maak op elke individu se persoonlike reg tot liggaamlike integriteit.

“Ons sal nie huiwer om ons lede met die volle mag van die reg te beskerm, indien werkgewers sulke drastiese besluite neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Piet ·

Ek verstaan nie hoe hierdie ‘afgedwing kan word as daar nie eers genoeg entstof is nie. Sekerlik moet die beskikbare entstof gebruik word vir die wat dit graag wil he. Hoe het die dinkwyse verander om altyd ‘n bakleiery te veroorsaak? Daar’s mense wat dit graag wil he, hoekom nou die wat dit nie wil he nie dwing om dit te kry. Dis tyd om nou groot te word.

piet ·

Wat van ander werknemers wat nou ‘n groter risiko het om blootgestel te word aan die virus weens mense wat hulle nie wil inent nie? Ek is seker die Konstitusionele Hof gaan mettertyd ten gunste van die werkgewers beslis. Inentings gaan sorg vir ‘n gesonder weksomgewing en dit gaan op die ou end swaarder weeg as enige iets anders. Liggaamlike integriteit, ag asseblief. Enigste uitsonderings gaan wees diegene wat weens mediese redes nie die inenting kan kry nie en vir die spesiale gevalletjies sal die werksomgewing aangepas moet word. Ek sal nie mense in diens neem wat nie wil inent nie, so maklik soos dit. En dit sal gebeur by menigte besighede en dit kan baie subtiel gedoen word.

piet ·

So – alhoewel dit dalk moeilik gaan wees om ontslae te raak van huidige werknemers wat nie wil inent nie, sal die wat nie wil inent nie ook nie geredelik in diens geneem word nie.

Lourens CFG ·

Jy weet, ek sal glad vir so ‘n baas soos jy wil werk in elk geval nie.

piet ·

Ek sal ook nie mense aanstel wat vere voel vir hul mede-werkers, hul eie gesondheid en ‘n gesonde werksomgewing nie. So jy sal nie eers ‘n kans he om by my te werk in elk geval nie.

piet ·

Diskriminasie teen wie, jou mede-werkers wat die entstof neem en hul risiko wil verlaag en mense wat belangstel in ‘n gesonde werksomgewing?

Anna-Marie ·

Ek dink dit is ongrondwetlik om eensydige besluite te neem, sonder om bestaande werknemers in die saak te ken. Dit laat my dink aan slawerny waar slawe geen regte gehad het nie. Kom ons leef en laat leef. Elkeen dra die gevolge van sy/haar besluite en is geregtig daarop.

piet ·

En as ander werknemers beswaar maak teen die wat nie wil inent nie omdat dit hulle risiko verhoog? Ek stem saam met jou dat die posisie van huidige werknemers prblematies kan wees. Die paw-paw gaan egter die fan strike vir voornemende werknemers. So ek is ‘n werkgewer, ek gaan net menste in diens neem wat bereid is om in te ent. Dit gaan bitter moeilik wees vir ‘n voornemende applikant om te bewys in ‘n hof dat ek die aansoek afgekeur het alleenlik op grond van die feit dat die applikant nie wil inent nie. So wat in praktyk gaan gebeur is dat die wekgewer vir die applikant gaan vra of hy bereid is om in te ent of ingeent is. Weier die applikant gaan die werkgewer nie daar by die onderhoud ‘n issue daarvan maak nie maar die applikant se aanseok gaan bloot afgekeur word. Subtiel soos gese.

Fritz ·

Dalk is daar werkgewers wat weer net mense in diens gaan neem wat nie verpligte inenting steun nie.

piet ·

Ek gaan ‘n berekende raaiskoot neem dat hierdie tipe werkgewers dun gesaai gaan wees. Gaan werk maar vir hulle.

Hein ·

Nee jy is verkeerd. Nêrens word daar gewaarborg dat die inentings werk nie. Jy word ge ent dan kry jy steeds Covid. Jy word steeds siek en jy dood steeds.

piet ·

Hoe kan jy se dit werk nie? Jy hoef net te kyk hoe die getalle drasties afgeneem het in lande soos Brittanje en die VSA waar miloene mense al ingeent is. Brittanje praat al van einde Julie as datum waar alles weer “normaal” gaan funksioneer en dis alles te danke aan hulle inentingsveldtog.

piet ·

VK praat van ‘n derde golf. Hulle daaglikse positiewe gevalle is tans omtrent diesefde as ons (omtrent 10000) MAAR hulle toets 1 miljoen mense elke dag. Ons toets maar op die meeste 40000 per dag. So tans is slegs 1% van die mense wat in die VK daagliks getoets word positief.

Karel Kobus Kruger ·

Maar as jy ingeënt is, is jy mos 95% of 99% of wat ook al teen die virus beskerm. Indien jy dan covid kry, sal die simptome baie lig wees. So waaroor bekommer jy jou? Diegene wat nie ingeënt is nie, sal diegene wees wat bereid is om met die gevolge saam te leef.

piet ·

Al is die simptome lig, gaan jy dalk steeds afgeboek moet word en sodoende ‘n las op jou onderneming en gesondheidsdienste plaas. Gaan jou baas happy wees dat jy alweer afgeboek is omdat ongehoorsame Pietie weer helfte van die kantoor aangesteek het?

Helizna ·

Dis eintlik andersom. Die vaksien maak ongevaksineerdes siek. Bron: VAERS.

piet ·

Ek is onbeskaamd pro inenting. Dis die regte ding om te doen.

Karel Kobus Kruger ·

Ek is onbeskaamd eie keuse. Maar soos wat party mense aangaan, is ek lus en verander na anti inenting.

Hein ·

Dankie Solidariteit. Hierdieregering dink hulle kan doen wat hulle wil.

Kwikkie12 ·

Goeie nuus, niemand mag ‘n ander een dwing om iets te doen wat teen sy beginsels is nie.. Ons is nie hulle slawe nie en hulle besit ons nie!

Kobie ·

Wat presies is jou ‘beginsels’ in die geval? Anti-wetenskap?

piet ·

Ja, veral een wat jou kan doodmaak…maar wees jy maar die internet “hardman”.

MakersMark ·

Piet ons verskil oor baie maar ek stem die tiere hier is so grootmond maar hul gaan waarskynlik nie verder as hul tuinhekkie nie. Om ‘n ander provinsie te besoek is ‘n oorsese trip.

piet ·

Hulle maak nie eers die tuinhekkie nie, nog nie eers onder die klip uitgekom nie.

MakersMark ·

Jip al die groot tier bravado gebaseer op niks behalwe middeleeuse bygelowe en geen begrip van enige tegnologie of wetenskap nie.

Tanniepetoors ·

Ek soek nie na moeilikheid wat kon gebly het nie. My tyd is my tyd, maar ek gaan nie van ‘n 10 verdieping gebou se dak afspring en dink ek gaan wegstap met ‘n gebreekte vingernael nie. So, die wat nie wil inent teen die klein virussie nie, maak so. Julle het immers vrye keuse om onnosel te wees.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Tanniepetoors, jy is deel van ñ “Studie” as jy laat ent. Hulle is nou eers besig om side effects te dokumenteer soos dit voorkom by ingeënte mense.

piet ·

Mense word al langer as ‘n jaar ingeent (van toetsfase dae af). As massa, ernstige newe-effekte die gevolg was sou ons LANKAL geweet het. Dis algemene kennis dat newe-effekte na enige inenting hoogstens vir ‘n week na inenting kan aanhou.

piet ·

Newe-effekte word al vir ‘n jaar gemonitor vanaf die toetsinentingsfase. Boonop hou newe-effekte hoogstens vir 7 dae aan na jy ingeent is. Baie ernstige komplikasies soos bloedklonte sal ook binne ‘n paar dae presenteer. Siende dat honderde miljoene mense al ingeent is sonder ernstige newe-effekte, is inentings veilig.

MakersMark ·

Stem saam. 2 biljoen toedienings en ‘n paar gevalle van ernstige teen reaksies of bloedklonte wat te verwagte sal wees nou skielik is mense proefkonyne, of die inentings paspoort is die “teken van die dier” etc. Ek reis baie in Afrika lande en moet elke keer as ek sekere lande binnegaan of vanaf terugkeer ‘n inenting sertifikaat wys teen ‘n reeks siektes geelkoors ingesluit. Anders kan ek nie die land binnegaan nie. En dis al dekades so. Vir almal wat reis na daai lande dieselfde. Daar is lande in die ooste en Suid Amerika wat dieselfde vra. Maar CV19 inenting is die “great reset”……hemele behoed ons teen die spul hul is erger as die ANC regering.

Dirk Mostert ·

Jy glo ook in “klimaatsverandering”, wat op vals wetenskap berus,

piet ·

Waar’s jou bewyse dat dit “vals wetenskap” is? Hoe kom jy by jou verstommende gevolgtrekking. Het jy enige geloofwaardige metode gevolg?

MakersMark ·

Tekort aan kennis, insig en begrip lei tot glo van sameswerings teorieë en spookstories soos in die middeleeue.

Moedeloos ·

Die regering gaan jou die verplig nie maar alle ander instansies gaan wel dit op die lange duur vereis. Jy sal nie kan vlieg nie, sal nie grensposte kan oorgaan nie, sal nie verskering kan kry nie, sal nie dit nie, sal nie dat nie…….. so gaan die lysie aan. Vir huidige werknemers is dit dalk nie van toepassing nie maar wel vir toekomstige aanstellings. Deel wees van jou dokumente wat jy saam met aansoek moet indien. Net soos wat werknemers, wat met kinders werk, n polisieverklaring/vrywaring moet hê dat jy geen kindermolestringsaak teen jou het of gehad het nie. Wie weet wat die toekoms inhou

Lourens CFG ·

Hier bo is klaar mense wat hulself “werkgewers” noem, wat hul werkers wil dwing om ge-ent te word. Ek laat my nog al die jare deur niemand dwing om iets te doen wat ek nie wíl doen nie.
En ja, ek het nogal vêr in my loopbaan gekom.

piet ·

Ek is ‘n werkgewer, jy hoef dit nie in aanhalingstekens te skryf nie. So as jou werkgewer jou dwing om jou werk te doen soos jy dit nabehore moet doen, gaan jy weier? Jy’s mos een wat nie gedwing word om enige iets te doen nie.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Nadat volledige navorsing gedoen is oor newe effekte en moontlike lang termyn komplikasies, en daar voldoende inligting is en niks verdoesel word wat negatiewe effekte is. Dan sal ek die entstof oorweeg. Tot dan is ek nie ñ proefkonyn nie.
As ek ñ screenshot vd bewoording kon post waar jy moes volunteer as health worker vir entstof dan sou ek.

piet ·

Daar is nie sprake van langtermyn komplikasies by inentings nie. Jy presenteer binne ‘n week na inenting met enige mede-effekte of daar is niks. So baie ernstige, uiters rare komplikasies soos bloedklonte gaan binne ‘n paar dae voorkom andersins niks.

piet ·

Die individu se regte kan nooit swaarder weeg as die belange van die gemeenskap (of nasie) as geheel nie. Dit sou chaos anders wees want elkeen sal net doen wat hy wil. Nee, dis hoekom ons wette het om die samelewing te reel. Jy mag nie dronk bestuur nie, dis teen die Wet of jy nou daarvan hou of nie is nie ter sake nie. Kom jy nie die reels na nie word jy gestraf.

Fritz ·

Effens van die punt af, maar jy word net gestraf as jy gevang word EN die staataanklaer dink dis die moeite werd om jou aan te kla, gegewe hoe oorvol die howe is.

Alida ·

Ek stem gewoonlik saam met Solidariteit, maar ek dink hier slaan hulle die bal mis. Volgende gaan skole nie meer toelatingsvereiste mag stel dat kinders ingeënt moet wees teen die kindersiektes nie. Dan sit ons later met epidemies van polio of witseerkeel. As ek eeendag al my covid inentings gekry het, wil ek ook nie werk in dieselle kantoor as ander wat dit nie het nie. Wat van my reg om in n veilige kantooropset te mag werk?

Kruidjie-roer-my-nie ·

Polio ens se studies op die entstof is voltooi en bevestig dat dit werk sonder newe effekte en sterftes vanweë die entstof. Lees op oor Camilla Canepa.

Miskruier ·

Die wat ge ent is versprei die virus want die entstof veroorsaak nie dat dié persoon wat ge ent is nie positief kan toets.

piet ·

Jy toets nie positief as gevolg van jou inenting nie. M.a.w die entstof maak jou nie positief nie en jou inenting kan nie iemand anders aansteek nie. Dis hierdie tipe van onkunde wat uit die weggeruim moet word.

Yolandie ·

Dit is ‘n totale mags vergrype die gedagte dat ‘n werkgewer, werknemers kan dwing om die inenting te neem. Net wat ons regering nou al sedert Covid doen deur ons in te perk en ons te “forseer” om maskers te dra. Net nog ‘n feit om hier te noem hierdie inentings wat in rekord tyd in Amerika ontwikkel en vervaardig is, is nie eers deur die Amerikaanse regering se mediese regulerings raad (FDA) goedgekeur vir menslike gebruik nie. So as die regering dink vir een oomblik dat ek my sal laat inent maak hulle ‘n groot fout. Solidariteit teken my sommer nou op vd hofsaak. Ek is in soos gin.

MakersMark ·

Goeie plasing dankie asook goeie kommentaar. Ek stem saam maar meeste se emosionele reaksie toon ‘n afwesigheid in kennis, logika en insig. Dit lei tot bygelowe en sameswerings teorieë. Al lees hul die informasie sal hul sukkel om dit te verwerk of begryp want die denkwyse is nog in die middeleeue. Daarom ook die domastrante bravado en “braafheid” wat van die kommentaar weerspieël.

Kruidjie-roer-my-nie ·

1.Wysigings in die Gelykheidswet mag reguleer wat bv selfs in Kerke gesê en nie gesê mag word nie. En Jy kan per ongeluk diskrimineer sonder intensie en tronk toe gaan.

2.Ons mag nie onself en ons families en eiendom verdedig met ñ vuurwapen.

3. BEJAARDE wit mense wat perongeluk nie maskers dra word opgesluit (hul het dit by hul gehad, net vergeet om op te sit toe hul gaan stap het in ñ stil woonbuurt) MAAR en ek sê weer MAAR “community protests” mag vir 6 of meer ure ñ pad blok na myne toe sodat die héle myn én plant ñ skof se werk agter raak, asook die produk vervoer maatskappye. MAAR word nie geraak aan daardie paar persone wat dit instigate nie. Is dit nie ñ oortreding om duisende mense te KEER om te gaan werk nie? Die polisie staan daar rond en doen NIKS. Niemand word gearresteer nie.

4. Grond en ander eiendom wil hul net vat onder staatsbeheer. Sonder vergoeding.

5. En jy word gedwing om goed in jou lyf te laat spuit as jy nie wil nie….

Soos wat klink dit?

VaalDonkie ·

die werkgewer moet maar solank begin spaar om al die mediese en ander onkostes te dek as daar enige nadelige gevolge is.

Kruidjie-roer-my-nie ·

100% Let wel ander onkostes ook, soos ontwrigting. Langtermyn gevolge.

Anel ·

Ek wil graag weet wat gaan nou gebeur as daar môre, oormôre ‘n ander siekte uitbreek? Gaan daar dan gou weer ‘n entstof ontwikkel word? En dan, al is dit ook nie 100% veilig nie, mense ook dwing om dit ook te vat? Oor paar jaar is joy liggaam so vol entstowwe dat jy geen imuniteit teen niks het nie!! Maar aan die anderkant word die spul wat Vigs het so beskerm, jy mag nie weet hulle het nie. Hulle het regte. Jý mag jou nie teen hulle beskerm nie. So, hou op paranoïes te wees en laat die wat so graag geënt wil word en hande was en maskertjies, dra laat hulle. Los ons ander uit laat ons normaal aangaan met ons lewens. As jy gesond lewe en gesond is het jy niks te vrees nie. As jy nie is nie, begin iets daaraan doen. Dankie Solidariteit.

lodewyk ·

Dankie Sol ek stem saam,dus my keuse op die ou einde,met al die gemors wat op die oomblik aangaan met entstowe,sal ek dit nie wil gebruik nie,my hele huisgesin is nou deur die Covid geval en was erg,maar met God se genade en self disipline het ons sover 80% herstel,ek dink dus elkke mens se besluit op die einde,trots om n Sol lid te wees en mense pas julle self mooi op,vermy die soen groet en drukkies,my kind swot by Tuks en was blood gestel aan Covid,en al ons gebede aan die mense wat nog sukkel met die virus en geliefdes aan die dood afgestaan het…

Kruidjie-roer-my-nie ·

Ek stem. Vermy soen groet. Was hande elke eer as jy aan iets vat wat ander mense ook vat in openbare plek. Bly weg van skare en beknopte toe plekke. Dis die goue reël.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Trotse lid van Solidariteit. Dankie julle is tops.

Dirk Mostert ·

Ek weier enting op grond van “grondwetlike reg tot liggaamlike integriteit”. Sal enting indirek afgedwing kan word deur die reg om te koop, ensovoorts (Openbaring) te weerhou? Ons sien dit reeds in vaksien-paspoorte.

MakersMark ·

Vaksien paspoorte beste idee ooit. Sal vir jou waai as jy in die CV19 toets ry staan by enige openbare plek in die toekoms.

piet ·

Ja, wat die ouens nie begryp nie is dat hulle die lewe vir hulself gaan moelik maak met hul halstarrigheid. Laat hulle maar vir hulle kry. Jy gaan sien hoe vinnig draai hulle pro-vax en gaan vir die shot as die vuur bietjie warm gemaak word en daaglikse dinge bietjie moeilik gemaak word vir hulle. Tans is dit net “hardman” brawade.

MakersMark ·

Stem saam piet ander probleem is die anti vax tiere wat beweer hul het reeds CV19 gehad en dis net “‘n verkoue” en hul is nou “sha na na” – klink bietjie skeef vir my, maar in elk geval, besef nie dat die virus muteer en daar kan ander variante onstaan agv mutasie in ongevaksineerde mense. En dit plaas die hele wêreld in ‘n risiko situasie. Het reeds gehoor van ‘n persoon wat golf 1 siek was maar gesond geword het, nou in ICU met ‘n ander variant. Maar die denkwyse hier is “ek is ok het CV19 gehad” maar hul besef nie elke mens se optrede het ‘n impak op die wêreld om hom/haar. Niemand is veilig tot almal nie veilig is nie.

Drico ·

Piet en MakersMark
Ek het lanklaas mense soos julle teegekom wat so bang is vir die dood. Of jy nou ge-ent is of nie, iewers gaan jou padjie doodloop sonder dat dit jou keuse gaan wees. Op die oomblik het almal nog n reg op vryheid van eie keuses maak. Gaan kry jou inenting en voel goed daaroor, ek gaan dit nie kry nie en goed voel daaroor. Onthou net om rondom jou te kyk wanneer jy vir my waai terwyl ek in die covid ry staan, sodat n mes of n vuurwapen of n ongeluk nie intussen gereed staan om jou lewe te neem nie. Dalkies staan jy self in daai covid ry na jou inenting, al so daaroor gedink? Dis nie hoe jy sterf of waaraan jy sterf nie, want sterf gaan jy sterf, maar dis waar jou geloof aan geanker is wat saak maak. Dit sal dalk beter wees as jy liewer immigreer na een van die lande waar jy veilig sal wees tussen al die mense wat die inenting geneem het…jy is mos reeds so ervare met reis na ander lande. Moenie dat ons oningeligtes jou terug hou nie.

MakersMark ·

Snert. Wie het van die dood gepraat behalwe jy ? Inentings gaan oor baie meer as die voorkoming van ‘n individu se dood, soos bv en onder andere voorkoming van nasionale en internasionale gesondheidsrampe, ineenstorting van ekonomieë, vryheid van beweging en die onderhoubaarheid van sosiale aktiwiteite soos kuns, kultuur en sport. So as die oogklappe afkom en die tonnel visie verdwyn kan die groter prentjie tog gesien word. Deur gereeld te reis en ander kultuur en gebruike te ervaar help die proses. Probeer dit gerus. Kry net eers die CV19 inenting.

MakersMark ·

In hoeveel lande buite SA was jy al ? Lesotho en Eswatini tel nie…….ook nie Orania nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.